Donderslag. Wilbur Smith

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donderslag - Wilbur Smith страница 26

Donderslag - Wilbur Smith

Скачать книгу

by die brug terug na die dorp toe sien sukkel terwyl hulle die gewondes saamsleep.

      Oor die ganse wydte van die vlakte, alleen of in twees en dries, val Buller se magtige leër verslane, gebroke terug met skrapnel wat hulle jaag. En daar, skaars ’n honderd jaarts van waar Sean in die sloot langs die spoorlyn buk, netjies op die gras opgestel, staan die kanonne verlate en verlore.

      Vinnig wend Sean sy oë af en ploeter voort, weg van die rivier af. Oor sy skouer hou hy Saul se gewrig, sy los arm is om Saul se middel gehaak.

      Dan raak hy stadig daarvan bewus dat die Boere se vuur weer toeneem. Kanonskote wat rond en bont tussen die vlugtendes geval het, begin konsentreer op ’n area reg voor Sean. Agter hom begin die geweervuur wat met horte en stote vanaf die hoogtes kom het, aanswel tot ’n geweldige, aaneenlopende geknetter soos ’n veldbrand in ’n groen woud.

      Terwyl hy teen die sloot se wal leun, kyk Sean vorentoe deur die mimosabome en die storm van stof en ontploffings. Hy sien perde, twee ingespanne spanne, en manne by hulle wat tussen die doringbome deur jaag, bleek stof opskop wat met die ontploffings se stofslae meng. Ver voor hulle, met sy kierie wat in die lug swaai, galop ’n figuur op ’n groot vosperd; hy lei hulle na die verlate kanonne toe.

      “Hy lag.” Verwonderd kyk Sean hoe die voorste ruiter agter ’n kolom van stof en plofstof verdwyn, net om weer anderkant te verskyn, swenkend soos ’n polospeler. Sy mond is oop en Sean sien die glinstering van wit tande. “Die blikskottel lag so wragtig!”

      En skielik juig Sean wild.

      “Ry, kêrel, ry!” roep hy en sy stem raak weg te midde van die bombardement se fluite en knalle.

      “Hulle het die kanonne kom haal,” juig Sean. “Saul, hulle het teruggekom vir die kanonne.” Sonder dat hy weet hoe hy dit regkry, buite homself van opwinding, bevind Sean hom uit die sloot uit, aan die hardloop met nuwe krag, ten spyte van Saul se bewustelose gewig wat aan sy skouer hang.

      Teen die tyd dat hy by die battery kom, is die eerste span al daar. Die manne is op die grond, sukkel om die perde agtertoe te kry om kanon Nommer Een aan te haak. Sean laat gly die beweginglose lyf van sy skouer af en lê vir Saul op die gras neer. Twee van hulle probeer die kanon se haak optel, maar dis ’n taak vir vier man.

      “Gee pad!” beveel Sean en gaan staan wydsbeen oor die lang, wigvormige staalpunt. Hy sluit sy hande om die handvatsels en beur boontoe, lig dit hoog van die grond af op.

      “Kry die wiele.” Vinnig rol hulle die los as en wiele onder die haak in en sluit dit in posisie. Sean staan hygend agteruit.

      “Welgedaan!” Die jong offisier leun vorentoe in die saal toe hy roep om Sean te bedank. “Klim op die wa.”

      Maar Sean spring om en hardloop na Saul toe, tel hom op en strompel met hom na die wa toe.

      “Vat hom!” bulder hy vir die twee soldate wat al bo-op sit. Tussen hulle sleep hulle vir Saul op die sitplek op.

      “G’n plek vir jou nie, ou. Hoekom vat jy nie Taffy se plek daar op die regterkant nie?” roep een van hulle na hom toe, en Sean sien hy is reg. Die drywers klim op, maar een saal is leeg.

      “Kyk na hom,” vermaan hy die man wat vir Saul vashou.

      “Gaan maar, ek het hom,” verseker die kanonnier hom, en las dan dringend by: “Jy beter plek soek, ons vat nou die pad.”

      “Kyk na hom,” herhaal Sean en begin loop.

      Op daardie oomblik begeef die geluk hom nadat dit hom die hele oggend beskerm het. ’n Bom bars langs hom. Hy voel geen pyn nie, maar sy regterbeen gee pad onder hom en hy val op sy knieë.

      Hy probeer opstaan, maar sy lyf wil nie saamwerk nie.

      “Voorwaarts!” beveel die offisier, en die kanonwa rammel weg, tel spoed op, begin bokspring toe die drywers die perde piets. Sean sien hoe die kanonnier wat vir Saul vashou van die wa af terugkyk na hom toe, sy gesig vertrek van hulpeloosheid.

      “Kyk na hom!” roep Sean. “Belowe my jy sal na hom kyk.”

      Die kanonnier maak sy mond oop om te antwoord, maar nog ’n bom bars tussen hulle en skop ’n stofgordyn op wat die wa verberg. Hierdie keer voel Sean hoe die skrapnel in sy vlees in skeur. Dit brand soos ’n skeermeslem en hy syg kant toe. Soos hy val, sien hy die offisier is ook getref. Sean sien hoe hy sy arms wyd oopgooi en agtertoe oor sy perd se boude val, uit die saal uit rol, die grond met sy skouer tref, en een voet in die stiebeuel vashaak, sodat die perd hom oor die ruwe grond sleep totdat die stiebeuel se riem breek en hom daar laat lê. Sy perd galop weg agter die waggelende kanonwa aan.

      Sean sleep sy lyf voort. “Kyk na hom,” roep hy. “Om vadersnaam, kyk na Saul.” Maar niemand hoor hom roep nie, want hulle is ver weg tussen die bome, weg in die stof met die kanonvuur wat hulle soos ’n spul bruin duiwels vergesel.

      Steeds kruip Sean agter hulle aan, gebruik sy een hand om vorentoe te reik en in die grond te klou om sy lyf op sy maag langs deur die gras voort te sleep. Sy ander arm hang langs sy sy, en hy kan sy regterbeen agter hom voel aansleep totdat dit vashaak en hom terughou. Hy spook daarteen, maar sy toon het aan ’n pol growwe gras vasgehaak en hy kan dit nie losruk nie. Hy wikkel op sy sy en buig om, met sy gebreekte arm onder hom, om terug te kyk na die been toe.

      Daar is baie bloed, ’n nat, glibberige sleepmerk oor die platgedrukte gras, en steeds wel dit uit sy lyf uit op. Maar daar is geen pyn nie, net ’n dronk gevoel en tamheid in sy kop.

      Sy been knak teen ’n belaglike hoek van sy lyf af, en die spoor aan sy stewel se hak staan skerp op. Hy wil vir die been lag, maar dit verg te veel inspanning en hy maak sy oë toe teen die son se gloed.

      Naby hom hoor hy iemand kreun en vir ’n rukkie dink hy dit moet Saul wees. Dan onthou hy dat Saul veilig is, en besef dit is die jong offisier. Sean lê met sy oë toe en luister hoe hy doodgaan. Dis ’n aaklige geluid.

      18

      Veggeneraal Jan Paulus le Roux staan op die hoogtes bo die Tugela en haal sy wye slaprandhoed af. Sy kop is kaal, omring met rooi hare – korter bo sy ore, welig aan die agterkant. Sy kopvel is glad en roomwit waar sy hoed die son afskerm, maar sy gesig is verweerd en so deur die elemente vervorm dat dit soos ’n rooi klipkrans lyk.

      “Bring my perd, Hennie.” Hy praat met die seun wat langs hom staan.

      “Ja, oom Paul.” En die outjie hol teen die bult af na die perdelaer toe.

      Vanuit die loopgraaf by Jan Paulus se voete kyk een van sy burgers op na hom. “Die Here het ons gebede verhoor, oom Paul. Hy het vir ons ’n groot oorwinning gegee.”

      Jan Paulus knik swaar. Sy stem is laag en nederig, sonder enige spoor van blydskap. “Ja, Frederik, dis ’n groot oorwinning in die Here se naam.”

      Maar nie soos ek dit beplan het nie, dink hy. Buite bereik van die kanonne, byna te ver om met die blote oog te sien, verdwyn die Britse mag se laaste oorblyfsels in die vaal vertes in. As die manne net kon gewag het, dink hy bitter. Hy het dit so goed verduidelik, maar nogtans het hulle nie na hom geluister nie.

      Sy hele strategie was op die brug gefokus. As sy burgers op die koppie onder die hoogtes net hulle vuur kon weerhou het totdat die Kakies eers oor die rivier gekom het. Dan sou God die vyand in hul duisende eerder as in honderde aan hulle uitgelewer het. Vasgevang in die amfiteater

Скачать книгу