Ettie Bierman Keur 11. Ettie Bierman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ettie Bierman Keur 11 - Ettie Bierman страница 26

Ettie Bierman Keur 11 - Ettie Bierman

Скачать книгу

bababottels te koop wat die apteek aanhou en gereël dat daar elke dag ’n paar liter ekstra melk by die rondawel afgelewer word tot tyd en wyl Ollie vaste kos kan eet.

      “En dan sorg jy dat hy nie ook Dosyn-hulle se pap steel soos daardie klomp vlakvarke wat jy makgemaak het nie,” het Theo gewaarsku.

      “Ek het nie geweet olifante eet pap nie,” het Janie hom geterg.

      Hy het egter reeds die radio aangeskakel om na die nuus te luister en het nie geantwoord nie.

      6

      “Jy was al my gesoebat werd, klein Ollie,” sê Janie vir die olifantjie en vryf haar neus teen sy slurp. “Oom Theo probeer so min moontlik by die huis wees en ás hy hier is, praat hy skaars met my. Jy is vir my goeie geselskap.”

      Die olifantjie voel-voel met sy slurp in Janie se nek. Dis kielierig, maar sy verduur dit, bang om Ollie se gevoelens seer te maak. Toe hy egter ’n slurpvol sand opsnuif en gereed maak om dit oor haar te blaas, lig sy haar wysvinger vir hom.

      “Nee, jy moenie stout wees nie, anders kry jy raas! Jy onthou wat gebeur het toe jy oom Theo se wag-’n-bietjieboom probeer omstoot het, nè? Jy en ek het albei lelik deurgeloop. Kom ons gaan kyk wat maak die vlakvarke …”

      Ollie laat toe dat sy aandag afgelei word van die lekker speletjie wat hy in gedagte gehad het, maar hy hou nie van die varke nie en ook nie van die idee dat sy nooi elke oggend vir hulle ’n blik pap gee nie. Hy eet nie self daardie stywe wit korrelrige goed nie, maar hy gun dit ook nie vir die indringers nie en deel nie graag sy nooi se aandag met die varkgesinnetjie nie.

      “Jy gaan maak dat daardie varke baie lastig word, Janie,” sê ’n stem agter haar.

      Sy neem eers die blik van die gulsige pa-vark weg sodat die kleintjies ook kan eet voordat sy antwoord.

      “Hallo, Katinka. Nee, ek gee elke dag vir hulle pap sodat die helpers nie moet kla die varke steel hulle kos nie.”

      “Ek weet, maar jy moenie. Verlede jaar was hier ’n massiewe ou beer wat baie aggressief geraak het en een van die toeriste geskraap het toe dié te naby gekom het om ’n foto te neem. Verwilder hulle liewer sodat hulle padgee uit die kamp.”

      “Ek sal hulle nooit kan verjaag nie. Ek sal te sleg voel.”

      “Jy sal nog slegter voel as daar weer ’n toeris is wat kla en as Theo hulle moet doodskiet,” sê Katinka koel.

      Janie weet nie of sy haar dit verbeel nie, maar Katinka is die afgelope tyd minder vriendelik teenoor haar, veral wanneer hulle alleen is. Wanneer Theo by is, is sy dadelik weer haar ou hulpvaardige en vriendelike self, maar Janie is deesdae nie meer op haar gemak in die ouer meisie se geselskap nie. Eers het sy haar oor Katinka se houding bekommer, maar toe besluit dat dit die hitte en lang ure smiddae op die atletiekveld is wat haar prikkelbaar maak.

      “Doodskiet?” vra Janie geskok.

      “Dis wat sal gebeur as die vlakvarke vir die toeriste gevaar inhou. Net soos Theo verlede jaar daardie ou alleenlopende olifantbul moes doodskiet, sal hy met die varke ’n plan moet maak as jy aanhou om hulle te lok. En ek weet hoe so iets arme Theo omkrap. Nadat hy die ou olifantbul van kant moes maak, was hy dae lank siek en dwalende. Jy weet self hoe jammer hy vir die diere voel en dis hoekom hy gedink het ek kan die saak op ’n meer taktvolle wyse aan jou stel.”

      “Het Theo jou dan gevra om met my te praat?” vra Janie stadig. Sy merk nie op dat die pa weer nader gekom het en die laaste krummels uit die blik opgelek het nie.

      “Ja. Hy sê jy sal tog nie luister as hý met jou praat nie. Jy sal moedswillig wees en net mooi die teenoorgestelde ding gaan doen as wat hy jou gevra het.”

      “Ek het nie geweet Theo maak ’n gewoonte daarvan om sy vrou met buitestanders te bespreek nie,” sê Janie styf. En dan het hy die vermetelheid gehad om háár aan te sê om die skyn van ’n gelukkige verhouding tussen hulle te bewaar, maar hý loop agter haar rug en skinder van sy vrou!

      “Ek is nie ’n buitestander nie,” antwoord Katinka. “Ek ken Theo al van kleins af. Ons het saam grootgeword. Sy ouers se plaas het aan die reservaat gegrens. Gedurende die kwartaal het hy by ons geloseer en naweke en skoolvakansies het ek op hulle spogplaas gekuier. Ons was soos broer en suster. Miskien is dit nie reg van Theo om sy huwelikslewe met my te bespreek nie, maar omdat hy en ek so geheg aan mekaar is, het hy seker nie gedink dis dislojaal van hom nie. En … julle s’n is mos nie eintlik ’n regte huwelik nie.”

      Katinka stoot vir Ollie weg toe hy om haar voete snuffel na iets om te eet, maar sy hou Janie onderlangs dop.

      “Is dit wat Theo gesê het?” Janie trek Ollie nader en druk hom styf teen haar vas, asof sy in die ronde geplooide lyfie gerusstelling soek. Asseblief, vra sy woordeloos, moenie dat Theo vir Katinka vertel het presies hoe sake tussen ons twee staan nie.

      “Theo het gesê julle huwelik is ’n mislukking,” sê Katinka reguit. “Hy het gesê julle twee moes nooit getrou het nie. Maar jy het gekom in ’n stadium toe hy baie verward en eensaam was, en hy het vir jou jammer gevoel en gedink dalk kan julle vir mekaar iets beteken. Jy was vir hom mooi en so ooglopend dolverlief op hom dat dit hom gevlei het en …”

      Janie hoor nie die laaste deel van wat Katinka sê nie. Daardie een woord het in haar gedagtes bly steek.

      “Vir my jámmer gevoel?” vra sy stadig.

      Katinka glimlag effens. “Ja, teen hierdie tyd ken jy seker ook vir Theo al so ’n bietjie. So ’n groot manlike ou, maar dan het hy so ’n klein hartjie wanneer dit by ’n mank bokkie kom, of ’n ander dier wat beseer is, ’n diertjie wat in ’n strik gevang is of deur ’n veldbrand van die res van die trop geskei is. Sy grootste ideaal was altyd om veldwagter te word, of as hy miskien nie so ’n pos kon kry nie, om vir veearts te studeer. Hy is baie lief en jammer vir diere wat swaarkry.”

      “Diere, ja, maar ek … ek is sy vrou …”

      “Jy is jonk en weerloos en jy lyk altyd so verskrik en bang, so asof jy teen die wrede ou lewe beskerm moet word. Dis vanselfsprekend dat Theo vir jou jammer gevoel het. En dan is jy boonop nog mooi. Ek kan begryp dat jy Theo se kop laat draai het en dat hy dit nie oor sy hart kon kry om onvriendelik te wees toe hy agterkom jy is doodverlief op hom nie. Toe jy met die patetiese storietjie kom dat jy ’n arme weeskind is wat deur ’n onsimpatieke tante grootgemaak is, dat jy baie eensaam en verlore gevoel het toe jy uit die skool is, kon hy nie anders as om jou jammer te kry en ’n helpende hand uit te steek nie. Ek neem hom ook nie kwalik nie, want Theo was in daardie stadium self eensaam en ongelukkig, maar ek dink hy was darem ’n bietjie erg impulsief en oorhaastig. Dis goed en wel om vir ’n meisietjie jammer te voel, maar ’n man kan tog nie met elke mank bokkie in hierdie wêreld trou nie, kan hy?”

      “Dink jy …” Janie sluk en begin dan weer. “Katinka, dink jy Theo het slegs uit jammerte met my getrou?”

      Katinka plaas ’n simpatieke arm om Janie se skouers. Janie moet haarself dwing om nie eenkant toe te staan of die arm af te skud nie. Dis miskien die enigste eienskap wat sy en Theo in gemeen het – ook sý haat dit om bejammer te word. As sy dink wat Theo dalk vir Katinka gesê het: “Foei tog, die arme ou meisietjie het soos ’n ryp pruim in my skoot geval. Sy was dolverlief op my! Hoe kon ek haar gevoelens seermaak? Ek het miskien so effentjies van haar gehou en gedink sy sal dalk vir my ’n goeie vrou uitmaak, maar ek het my misgis. Sy irriteer my en ek het ’n hekel in haar, maar hoe kan ek vir haar sê om

Скачать книгу