Liefde deur ’n lens. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde deur ’n lens - Elsa Winckler страница 8

Liefde deur ’n lens - Elsa Winckler

Скачать книгу

      Aaargh!

      4

      Nicola se voordeur vlieg oop.

      Dit was ’n helse fout om aan te bied om haar te kom haal. Francois maak sy mond oop om haar te groet, maar elke druppel speeksel in sy mond droog op. Wow. Hy hoop net sy tong lê nie regtig op die vloer soos dit voel nie.

      “Hallo, Francois,” groet sy koel. “Kom in, ek kry net my handsak.”

      “Ek … wag hier vir jou.” Hy draai vinnig om.

      Blik-bleddie-sem. Hy het geweet sy is mooi, maar vanoggend is sy beeldskoon. Sy het ’n wit rok aan. So ’n lange wat haar middel beklemtoon voordat dit sag ondertoe val. Die dun bandjies oor haar skouers laat sy vingers jeuk. In groot moeilikheid, dis wat hy is. As hy nou deur daardie voordeur stap, gaan hy wil voel presies hoe sag haar skouers is, sal hy wil seker maak haar lippe is regtig so sag soos hy onthou en hy die hele bleddie nag gedroom het.

      Hy hoor hoe sy die deur sluit.

      “Ons kan maar ry,” sê sy. “Tensy jy van plan verander het. Ek het geen probleem om self te bestuur nie, om die waarheid te sê …”

      Hy vat die kamera wat sy in haar hand het by haar. “Jy praat al weer te veel.”

      Sy pers haar lippe opmekaar, probeer die kamera by hom vat, maar hy hou dit agter sy rug. Sy lig haar ken en stap vinnig die stoeptrappies af. Hy kan die grinnik nie keer nie. Wel, hy weet nou hoe om haar stil te kry.

      Onder by sy motor trek-trek sy aan die handvatsel, maar hy sluit nie met die afstandbeheer oop nie. Hy stap om tot by haar, sluit die motor dan met die sleutel oop, sit haar kamera op die agterste sitplek en hou die deur vir haar oop.

      “Ek kan self …” begin sy.

      “Jy praat al weer.” Hy laat sak sy kop.

      Haar oë flits, maar voordat hy naby haar lippe kan kom, klim sy brom-brom in die motor.

      Toe hy die deur agter hom toemaak, sit sy gereed. “Francois, jy kan my nie elke keer soen om my stil te kry nie!”

      Terwyl sy praat, maak hy sy gordel vas en skakel die motor aan. “Wil jy nou regtig so baie hier in dié klein ruimte praat?”

      Vies ruk sy vorentoe en kruis haar arms. “Ek het so baie goed wat ek vir jou wil sê, maar ek wil nie kort-kort met ’n soen gedreig word nie.”

      “Ek bestuur nou,” sê hy. “Jy’s veilig. Vir eers. Wat wil jy vir my sê?”

      “Onthou jy wat Kersfees gebeur het?”

      “Ons het baie lekker geëet by Amelie en Chris. Ek onthou.”

      Sy klik met haar tong. “Dis nié waarvan ek praat nie, en jy weet dit.”

      “Waarvan praat jy dan?”

      “Jy het aan my … my bene gevat!” roep sy uit en gooi haar hande in die lug. “Dís waarvan ek praat.”

      “O.”

      “O. Is dit al wat jy te sê het?”

      “Toe jy vir Dewald na jou ander heup skuif, het jou romp opgelig. Hoog genoeg vir my om te sien dat …” En wragtag, sy hele lyf reageer toe hy die glimp van swart kant en satyn onthou. Hy verskuif ongemaklik op sy sitplek.

      Sy trek haar asem skerp in. “Jy kon weggekyk het. Dis wat ordentlike mense doen!”

      Hy haal sy oë vir ’n oomblik van die pad af om na haar te kyk. “Ek wou regtig net jou romp aftrek. Maar toe ek aan jou raak …”

      ’n Blos versprei oor haar hele hals. Sy beduie ietwat paniekerig na die pad. “Kyk … kyk in die pad.”

      Dis vir ’n rukkie stil.

      “Jy kon my gebel en verskoning gemaak het vir die … oor wat jy gedoen het,” sê sy.

      “Ek kon. Maar ek is nie jammer daaroor nie.”

      “Francois! Moenie sulke goed sê nie. Moenie aan my raak nie en moenie my weer soen nie!”

      “Hoekom nie?” Wat de hel gaan met hom aan? Hoekom bly hy nie net stil nie?

      “Omdat … omdat …” Sy leun agtertoe en tel haar kamera op. Dadelik is sy rustiger. “Jy is besig met ’n speletjie, maar ek wil nie saamspeel nie, oukei?”

      “Wie sê ek speel?” Hy onderdruk die kreun wat wil uitglip. Wat probeer hy doen?

      “Ek doen nie verhoudings nie. Ek neem foto’s. Dis my lewe, my alles. Verhoudings is messy en maak mense hartseer en ongelukkig, en ek sien nie kans vir hartseer nie.”

      Vir ’n hele ruk kry hy dit reg om niks te sê nie. “Is hartseer nie deel van die lewe nie? Jy kan tog nie jou hele lewe deurgaan en dink niks gaan jou ooit raak en hartseer maak nie.”

      “Jy’s reg. Maar ek gaan hartseer ook nie doelbewus uitnooi nie. En dit gebeur in enige verhouding.”

      “Jou twee broers en jou suster lyk baie gelukkig.”

      “Hulle is die uitsonderings.”

      “Hoe weet jy dit?”

      “Ek weet dit net. En sal jy asseblief ophou om my te soen en aan my te vat?”

      Francois draai in by die Spice Route, die kuierplek net buite die Paarl. Dis ’n pragtige dag. Die lug is kobaltblou, die berge groen en helder. Van hier het ’n mens ’n onbelemmerde uitsig tot by Tafelberg.

      Hy het skaars stilgehou of Nicola spring uit, haar kamera styf in haar hande voor haar lyf. Vir die eerste keer onthou hy wat haar ma dit genoem het – haar verskansing. Interessant.

      “Nicola?”

      Sy raak stil, maar kyk nie na hom nie.

      “Ek het my suster na ’n baie lang soektog opgespoor en het so pas aandele in die maatskappy gekoop waar ek werk; die laaste ding waarvoor ek tyd het, is ’n verhouding. Mense soos ek en Natalie en Amelie wat in die sisteem grootgeword het, verwag nie baie uit die lewe nie. So ek verwag nie regtig iets gaan tussen ons gebeur nie.”

      “Great. Dan verstaan ons mekaar.” Sy begin wegstap.

      Hy stap agter haar aan. “Die ding is net …”

      Sy gaan staan.

      Hy stap tot langs haar en vat haar hand. “Die ding is net, ek het nie verwag om ’n jaar lank te wonder waar jy is en hoe dit met jou gaan nie.”

      Nicola se mond val oop.

      “Ek verstaan nie hoekom ek Kersdag my ore gespits het om te hoor wanneer jy stilhou nie en was glad nie voorbereid op my reaksie toe ek jou in daai sexy rooi rompie sien nie.” Hy swets. “En ek kan jou verseker ek praat gewoonlik nie so baie nie. En ek verstaan hoegenaamd nie hierdie …” Hy vee haar hare met onseker vingers

Скачать книгу