Koors. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koors - Deon Meyer страница 16

Автор:
Серия:
Издательство:
Koors - Deon Meyer

Скачать книгу

was nog nie heeltemal klaar nie, jy het siek mense op die paaie gekry, en siek mense in die dorpe en so. Jy kon nog nie sê wie gaan survive en wie gaan nie. Ek dink dit was ook oorlat dit die Tsitsikamma was, mense het in daai woude gebly ver van ander af, hulle het die virus kom optel soos hulle uitgekom het. Met die kinders by my, toe moet ek upgrade na ’n groter kar toe. Dit was vir my sleg, dit het maar altyd vir my geworry om so mense se goeters te vat. Hoe weet jy daai een kom nie terug en kom soek sy kar nie. Ek het ’n bussie gevat anderkant Plet.

      Daar het soveel vreemde goed gebeur, soveel goed wat jy nooit sal vergeet nie. Net voor Stormsrivier toe is daar ’n ou wat baie siek is, in ’n BMW, hy ry so reg voor ons in, ek dink dit was ’n attempted suicide, en sommer “I’m not going to die alone” ook. Gelukkig toe mis hy ons en hy ry so in die bos in, en hy tref ’n boom en die kar brand. En ek sê vir die kleintjies, moenie kyk nie, maar hulle kyk.

      Ek verstaan lat die mense se koppe uitgehaak het, regtig, ek verstaan. Ma’ jy wil ’n bussie met kindertjies in saam met jou vat graf toe? Daai is messed up, even under those conditions.

      By die groot filling station daar by die brug by Stormsrivier, toe is daar ’n vrou in ’n Fortuner, sy kom na my toe, sy kan skaars loop, jy kan sien Die Koors het vir haar. En sy sê kom kyk. Ek gaan kyk. In die Fortuner lê Lizzie en slaap, vier jaar oud. En die vrou sê sy gaan doodgaan, maar Lizzie makeer niks. Ek sê, asseblief, ek het klaar drie kinders by my … Maar sy sê, vat vir Lizzie. En sy draai om en sy huil verskriklik en sy loop die woud in, so val-val, en sy los die kind net daar in die kar.

      Toe sit ek met vier. Ek, wat nie kinders wou hê nie, toe sit ek met vier. En ek ken net een se naam.

      * * *

      Humansdorp in die onmiddellike afloop van Die Koors was nie ’n plek vir die kinders nie, nie met al die ontbindende lyke en waansin van die paar oorlewendes nie. Beryl kon nooit haar mense gaan begrawe nie. Sy en die vier kleintjies het weke lank op ’n plaas langs die Gamtoos gaan bly, tot die ergste verby was. Toe is hulle Humansdorp toe, en al wat sy gekry het, was nog ’n kleintjie. Daarna Jeffreysbaai en Port Elizabeth, waar die kinders nog meer geword het. Sy sê hulle was ’n soort “amalgamated Pied Piper of Hamelin”, want die kinders wat by haar was, se stemme het ander wesies voortdurend uit hul skuilplekke gelok. In Motherwell het twee mans vyf Xhosa-kinders in hul sorg gehad. Hulle het voorgegee om kragte met haar saam te snoer, maar die volgende oggend was hulle weg, en die kinders nog daar.

      Niemand wou die kinders hê nie. Almal was te besig om te oorleef.

      Sy het net aanhou beweeg.

      5 April

      Pa laat Beryl voor ry, want die kamper is stadig, dit sukkel om tagtig te haal teen die wind. Ons volg net ’n honderd meter agter hulle. Pa het vir Beryl ’n klein Zartek-tweerigtingradio gegee, ons kan met mekaar gesels.

      In die middel van Graaff-Reinet sê Pa: “Liewe land.” Hy hou in die middel van die straat stil en beduie.

      Ek sien die skildery, tamaai en kleurvol, wat strek oor drie ou geboue. Dit is van ’n trop Nguni-beeste in die veld, besonder realisties.

      Pa lig die radio na sy mond. “Sien julle die skildery?”

      “Die beeste?” vra Beryl.

      “Ja.”

      “Dis ongelooflik. Was dit nie altyd hier nie?”

      “Nee,” sê Pa. “Dis was historiese geboue hierdie. Die Camdeboo-restaurant en die hotel. Altyd wit mure gehad.”

      Ek sien daar is nog skilderye oor die geboue vorentoe, links en regs van die hoofstraat. En dan sien ek die kerk, ’n halwe kilometer vorentoe, in die middel van die pad, met sy hoë toring. Die kerkgebou is nou ’n Nguni-bees se skouers, die toring is besig om ’n kop en ’n enkele horing te word. Daar is ’n lang leer teen die kerk se toring, en ’n klein figuur aan die bopunt van die leer. Ek wys vir Pa met my vinger.

      * * *

      Ons hou by die kerk stil. Die man is hoog op die leer teen die toring besig, met ’n groot kwas. Hy is ’n swart man, lank en lenig. Die enigste kledingstuk aan hom is ’n heldergroen sportbroekie. Aan sy voete is bruin sandale. Hy waai met die kwas, sy wit tande ontbloot in ’n glimlag, sy linkerhand hou styf aan die leer vas.

      “You like?” vra hy en beduie na sy kuns.

      “Yes!” roep Pa terug.

      Beryl hou agter ons stil. Die sestien kinders borrel uit die kamper om te gaan kyk.

      * * *

      Later sê die skilder hy wil nie saam met ons Vanderkloof toe nie. Hy wil hier bly, by sy kuns. Daar is nog baie skilderye om te maak.

      Pa sê hy moet oppas vir die honde.

      20

      Domingo

      Dit is meer as drie dekades gelede dat ek die eerste keer vir Domingo gesien het. Ek dink my herinneringe is sterk gekleur deur die groot indruk wat hy op my as dertienjarige gemaak het. Die werklikheid was sekerlik minder dramaties en romanties, maar laat ek dit vertel presies soos ek dit onthou. Ek is darem doodseker van die datum: 7 April in die Jaar van die Hond.

      Ek onthou die datums, want ek het hulle neergeskryf. Die joernaal dateer uit die eerste weke van Die Koors, toe ek en Pa in die grotte van die Vredefort-koepel gebly het. Of geskuil het. Ek is nie seker hoe om dit te omskryf nie. Pa het vir my die boek gegee, ’n geel Moleskine-joernaal, en ’n swart pen. Hy het vir my gesê al die grootste ontdekkers het reisjoernale gehou. “Net ’n paar woorde, elke dag, Nico, sodat jy dit later sal onthou.”

      Die aand van 7 April het ek net een woord geskryf: Domingo. Dit is al wat ek sou nodig hê om te onthou.

      * * *

      Met ons terugkeer saam met Beryl en die kinders en die kamper, laatmiddag op 5 April, is daar niemand op Vanderkloof nie. Geen reaksie op die honderde pamflette nie.

      Pa steek sy teleurstelling weg in frenetiese aktiwiteit. Hy laat ons by die eertydse Pride Rock-gastehuis intrek – dis eenvoudig makliker om almal só te beskerm, te versorg en te bestuur. Hy pomp vroeg die volgende oggend die groen, vuil water uit die halfleë swembad om dit veiliger te maak vir die kleintjies. Ek moet hom help om ’n petrol-kragopwekker te koppel, sodat die kinders almal ’n warm bad kan kry. Dit neem ’n paar uur om al sestien skoon en aangetrek te kry. Sommige het weke laas ordentlik gewas.

      Ons dra bokse kos kombuis toe, boeke na die sitkamer toe, pak reg, maak skoon.

      Ek en hy gaan soek deur die huise op die dorp vir kinderklere, vir nog vinnig beskikbare proviand. Ons kry ’n vierwiel-motorfiets onder ’n afdak en sleep dit aan die brand met die Volvo. Pa spandeer vyftien minute om my te leer hoe om met die ding te ry, en dan nog ’n uur om vir my te wys en te vertel hoe maklik dit is om die voertuig te laat omslaan. Hy laat my oor en oor oefen, op die pad en in die veld.

      Die aand kook Melinda Swanevelder pasta met ’n sous van geblikte tamaties en frikkadelle. Dit is lekkerder as enigiets wat Pa nog kon optower. Ons skuif al die viersitplek-tafeltjies van die gastehuis se eetkamer teen mekaar. Ons eet saam, as ’n gemeenskap.

      Die oggend van 6 April gaan sit Pa met my in die tuin, langs die leë swembad. Hy praat ernstig. Hy sê die Rolfontein-natuurreservaat is hier

Скачать книгу