Koors. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koors - Deon Meyer страница 18

Автор:
Серия:
Издательство:
Koors - Deon Meyer

Скачать книгу

en kyk vir my.

      “Waar was jy oral?” vra Pa.

      “Hazyview se wêreld vir twee maande. Daardie paaie … Lekker. Maar toe raak dit rof. Kwaai reën, verspoelings. Mense by Nelspruit wat skiet sonder om vrae te vra. Toe ry ek Mosambiek toe. Maputo. Dis chaos daar. Ek sit op die bike in die middel van Avenida Vinte e quatro de Julho, en ’n ou hardloop kaalgat oor die straat, ’n ander ou met ’n panga agterna. En hy …” Domingo kyk na my en skud sy kop. “Let’s just say chaos. En toe is ek Durban toe … Daar’s omtrent vyftig mense wat daar op die beach bly. Flower power vibe.”

      “Het jy ander … gemeenskappe gesien?”

      “Ou op Harrismith het gesê van mense wat glo naby Fouriesburg ’n ding begin het. Net vir wittes, in die berge. Ek het nie gaan kyk nie.”

      “Was jy gister in Bethlehem?”

      “Nee. Vier dae terug. Ek is eers Kaap toe, om te kyk of dit waar is wat hulle sê van die radiation.”

      Ek en Pa het destyds oor die radio gehoor van die kernkragsentrale by Koeberg wat ontplof het, omdat niemand oor was met die kennis om dit af te skakel nie.

      “Hoe lyk dit daar?” vra Pa, met groot verlange in sy stem.

      “Sleg. Anderkant Rawsonville, net voor die Du Toitskloof-pas, lê die uitgebrande lorries en busse en karre die hele pad vol, jy kan nie daar deur nie. Charred bodies, it’s pretty gruesome. En daar is hand-painted signs wat sê, danger, radiation, go through and die. Die berge is swart, dit lyk toxic. Ek kan maar net dink hoe die Kaap self lyk …”

      Pa is stil. Dan vra hy: “Van waar is jy oorspronklik?”

      Voor Domingo kan antwoord, sien ons vir Hennie Flaai en die Cessna. Hennie het al uitgeklim, hy staan voor by die vliegtuig se enjin. Hy draai om en hy waai vir ons.

      Die eerste ding wat hy sê, is: “Daar’s amper tweehonderd-en-sestig mense op pad, Willem. Hulle behoort môre aan te kom, as hulle brandstof hou. Hoe gaan dit met Melinda Swanevelder?”

      21

      Aankomsdag

      Dit is wat ons dit noem. Aankomsdag. 8 April. ’n Openbare vakansiedag, al vier-en-dertig jaar lank.

      Pa was daarteen. Nero Dlamini was daarteen. Al twee het gesê dit was bloot die datum waarop die grootste enkele groep saam aangekom het. Dit herinner te veel aan Van Riebeeckdag, toe die eerste Europese setlaars in 1652 in die Kaap aangekom het in die Era voor Die Koors. Wat toevallig op 6 April was, baie naby aan Aankomsdag se datum. ’n Mens wil nie ’n saadjie saai wat later in tweespalt en onmin kan ontkiem nie.

      Maar Aankomsdag is wat die mense wou gehad het, en Aankomsdag het dit gebly.

      * * *

      My springbokvel hang in sy raam, styf gespan en met sout ingevryf. My hande stink, al skrop ek hulle met Sunlight Liquid.

      Ek neul en ek neul tot Pa sê ek kan maar hoog op die koppie gaan sit en wag vir Die Aankoms.

      Ek ry met die vierwiel, ek kry ’n plekkie waar ek kan uitkyk oor die damwal, die pad wat ek en Pa die eerste keer hiernatoe gery het. Want hulle kom uit die noorde.

      Gisteraand het Hennie Flaai gesê hulle kom van Tshwane en Centurion, Johannesburg en Sandton, Lenasia en Soweto, Nigel en Standerton, Randfontein en Rustenburg af. Dit is waar hy pamflette uit sy vliegtuig gaan strooi het.

      Daar was by Westonaria ’n veertiental mans met aanvalsgewere wat die groeiende groep beroof het. Wat juwele gesoek het. En geld, kan jy dit glo, hulle het geld gesoek, sê Hennie Flaai. Nou, in hierdie tye. Niemand is darem beseer nie, al is meeste van die kos en water in die busse gevat.

      Op pad het die konvooi mense bymekaar gemaak in Potchefstroom en Warrenton. Dit was voor Hennie van die groep geweet het. Hy het die stoet voertuie – ’n luukse toerbus, ’n voorstedelike bus, ’n klompie minibusse en bakkies en motors – eers anderkant Wolmaransstad raakgesien, hy was op pad na ons toe. Toe land hy voor hulle en hy gesels. En toe gee hy lugdekking, vooruit gevlieg om te kyk of daar onheil is. Daar was nie nog teenspoed nie.

      Gisteraand het Hennie Flaai gesê hy het hulle in Kimberley gelos en vir ons kom sê hulle behoort voormiddag al aan te kom.

      Toe gaan sit oom Hennie by Melinda Swanevelder, en hy gesels, en sy sit net en luister. En Pa sê vir my en Domingo: “Hy sal groot geduld met haar moet hê.”

      * * *

      Pa vra vir Domingo waar hy oorspronklik vandaan kom en Domingo antwoord: “Hier, en daar.” En hy begin Pa uitvra oor wat hy beplan met die gemeenskap, asof hy nog nie weet of hy wil bly nie. Ek sit daar en hoop Pa gee al die regte antwoorde, want ek wil hê Domingo moet bly.

      Vanoggend, toe ons klaar ontbyt geëet het, sê Domingo: “Ek het gedink, being single … There’s no sense taking a whole house. Is dit okay as ek net eers hier in die orphanage intrek. Hier’s baie kamers oop.”

      Toe sê Pa: “Natuurlik.” En dit is hoe die ou Pride Rock-gastehuis sy nuwe naam gekry het. Die Orphanage.

      Ek maak ’n vuis onder die tafel en ek fluister: “Yes!”

      Pa vra vir my: “Hoe ver is daai vel van jou?”

      Op die heuwel waar ek wag vir Die Aankoms en ek uitkyk oor die groot, diep Vanderkloofdam en die damwal, waar die water nie meer met dieselfde donderende massa oorloop nie, dink ek dis goed dat Domingo bly. Want hy moet aan ons kant wees.

      * * *

      Die konvooi kom wanneer ek al baie honger is, eers hier teen twee-uur. Ek wil nie my uitkykpunt verlaat nie, want dan mis ek hulle. Maar ek raak baie ongeduldig. Dan sien ek die bus wat om die heuwel oorkant die rivier kom en die wye draai van die damwal vat. Agter hom, ’n ouer bus, en agter hulle die motors en bakkies.

      Ek gryp die radio en sê: “Hulle is hier, Pa. Hulle is op die wal, ek sien hulle.”

      “Dankie, Nico.” Ek hoor hy lag. Ek weet dit is vir my groot opgewondenheid.

      Ek kyk hoe hulle in die middel van die damwal stilhou en eers vertoef, en seker vir almal ’n kans gee om te kyk na die water en die kloof van die rivier. Hulle ry. Ek klouter haastig teen die heuwel af tot waar die vierwiel staan, oor rotse en klippe, deur doringbosse en -bome. Dit voel na ’n ewigheid.

      En dan jaag ek terug. Om hulle te verwelkom, en om iets te gaan eet.

      * * *

      Ek sien dit so ’n bietjie van ’n afstand af, en eers jare later sal ek nadink daaroor, sal ek filosofeer oor die belangrikheid en veelseggendheid van dié toneel.

      Daardie dag weet ek dit is ’n stukkie geskiedenis, soveel soos ’n opgewonde dertienjarige, uitgehonger vir ander se geselskap en vir maats van sy portuur, daarvan kan snap. Die werklike gewig van die oomblik en van die mense wat daarby betrokke is, sal eers veel later kom.

      Die luukse bus staan al in die middel van die pad wanneer ek met die vierwiel stilhou. En twee mans klim uit en loop na Pa en Hennie Flaai en Domingo, Melinda Swanevelder en Beryl en al sestien kinders wat staan en wag in die middel van Proteastraat. Die eerste

Скачать книгу