Soetloop. E. Kotze

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Soetloop - E. Kotze страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Soetloop - E. Kotze

Скачать книгу

met sonskyn, opslag tot in die agterdeur, lente gepaard met digte mis, die suidewind wat die manatokboom skeef druk en hand-in-die-sy laat oorhel. Die barre somers wanneer die water in die bakke opdroog en sy die optog oor die duine met die span kinders en die wasbondel moet aanpak.

      By die soetloop op die strand moet sy inbuk, week ná week. Inseep en vryf en bleik, en inseep en vrywe, vrywe, vrywe. Salpetergeel sweetvlekke onder die arms van Claas se onderhemde, in die mik van sy meelsakonderbroek. Oor en oor, net soos hy met die bondel osrieme by die paal in die hittige son. Opdraai en afwen en brei, opdraai en afwen en brei.

      Claas reik almaardeur terug na sy kommerlose jonkmansjare. Sy gereelde aanloop is Kalkrug, waar hy bederf word deur sy suster en waar sy ouers ook nog is. Ná De Hoop sit hulle op Kalkrug en kwyn, bly hulle verknies oor dinge waaraan daar geen keer is nie. ’n Mismoedigheid wat aansteeklik is. Oupa sug en Ouma se ken bewe. Nie eens ’n oulap om in ’n kleinkind se hand te stop nie. Ouma bak nie meer koekies nie, die kleinkinders word weggestuur met ’n sakkie krummels wat hulle in koffie week en met lepels uit die skotteltjie eet.

      En gereeld soos klokslag kom soek Claas troos by Ellen. En maak nog ’n kind.

      Hulle word een ná die ander op Laaggelee gebore: drie dogters, Anna, Dol en Wietie, ’n seun, Antonie, en ’n dogter, Claasie. Daarmee was al die oumas en tantes vernoem én sy en Claas – Claas twee maal. Toe nog Susanna.

      Ellen kon nie meer byhou nie. Sy, eens so vlytig en die planmaker, se draad het mettertyd kort geraak. Sy hol van binne uit soos ’n uitgedroogde kalbas, vroegtydig uitgeblom, aan’t verdor soos gras.

      En nou, met hierdie laaste enetjie, is dit asof haar verstand gaan stilstaan het. Sy laat die naamgeëry aan Claas oor.

      4

      Die huwelik tussen Malie en die Taar word voltrek in die NG kerk op die dorp, ’n kort seremonie wat Ellen nie bywoon nie. Nie met die knieserige kleintjie nie. Sy het darem voorberei vir die paar mense wat die middag sal oorkom: hoenderpastei en melktert en karringmelkpoeding, tee en koffie en gemmerbier vir dié wat wil hê.

      Claas het saam met die Milanners dorp toe gery en Malie by die kerk ingebring. Moontlik iets sterkers op Kalkrug gedrink voor hulle die kliprug afgekom het. Te vrolik!

      Leopold Taar se ma met olierige hare en donslip is ook in gelid. Danig oor die klein kind, en guitig.

      “As my man nie vroeg oorlede is nie, het ons wie weet ook …” Sy knik in Claas se rigting.

      Dié is meer haar portuur as Ellen, wat soos die ouma van die bruid voel in haar verslyte swart tabberd. Haar halssenings is styf getrek van ingehoue spanning. Drink die mansmense nie te veel nie? Die vroumense sit ook elk met ’n soetetjie, Maria Jordaan inkluis. ’n Ongeërgde span op ’n Saterdagaand.

      Wietie moet gaan melk om ’n kokertjie vol vir die Langbáners saam te gee, en ’n fles ingelegde perskes as geskenk van Ellen se suster. Sy en haar man het van Piketberg af gekom en sal die nag oorslaap. Gevolglik is Claas met die Milanners saam terug Kalkrug toe.

      Die man slaap lankal, toe gesels die twee susters nog in die kombuis.

      “Hoe vergaan is jy, Ellen, jy moet ’n slag wegkom,” huil haar suster in haar hals. “Kom vir ’n rukkie saam met ons, toe!”

      Die versoeking is daar, maar om nou te gaan kuier, is om openlik toe te gee dat hierdie rampsalige sukkelbestaan vir haar te veel geword het. Sy kan dit nie aan haarself doen nie, en veral nie aan Claas nie. Dis die erkenning dat hulle misluk het wat haar nog elke maal keer as sy dink aan wegloop.

      “As Piet vir Kerlientjie wegjaag, o waarnatoe dan?” sing die volkers van die Sandveld. Daarom bly Ellen maar, en stuur haar suster die volgende môre weg met die verskoning van te veel werk, lamtyd en skeertyd wat voorlê, ’n bakoond wat opgeklei moet word.

      Soggens is Claas eerste in die kombuis om koffie te maak. As hy vir Ellen wil bring, keer sy.

      “Ek sal self kom drink. Anders is die kinders almal wakker, en ek wil hulle nie nou al om my voete hê nie.”

      “Ek het gedink jy kan ook nog ’n rukkie lê.”

      “En die werk dan?”

      Die verwyt bly nie agter nie, vernaam oor die ekstra bondel doeke elke oggend. Sy het aparte boerseep gekook vir die flenniekleertjies. Nadat die eerste stene uitgesny is, is dit gesmelt en weer in skoon water gekook, en nog ’n keer, tot drie maal toe en so suiwer dat ’n mens daaraan wil eet.

      Hulle leef bolangs. Praat net wanneer dit nodig is.

      Saterdagaand vra Claas pen en papier om ’n brief vir die skoolmeester te skryf. Hy wil verlof kry om Nieko tot ná braaktyd uit die skool te hou. Daar het ’n laat reëntjie geval en hy wil in die lande kom.

      Die vetkers flakker in die blaker. Die vuur is uitgebrand. In elkeen van Ellen se oë lewe ’n vlam.

      “Ek haal hom nie uit die skool nie,” keer Claas toe hy dit sien. “Dis net vir ’n paar dae. Straks is dit somer, dit sal nie sommer weer reën nie.”

      “Moet jy hom vir elke motdoutjie uit die skool hou? Straks is die jaar om en Nieko steeds in standerd vier!”

      Die kind is reeds te laat skool toe gestuur, en wil hulle gereeld wysmaak daar’s niks wat die meesteres hom kan leer nie. Hy kan reken en lees; hy lees Liesie se handboeke vooruit; hy kan die lande en riviere en berge opnoem. Hy’t lankal op die wêreldkaart gesien Amerika en Afrika het van mekaar af weggedryf, jy kan die eilande tussen die groot vastelande inmekaarpas om weer ’n soliede ronde bal te vorm. ’n Aarde wat uit meer bestaan as die varswaterklippe en Noordwesbaai, en Patnoster en Stompneus waar sy pa snoek gaan haal wintertye, en die Bergrivier waarin Stephan se kotters op vaar. Daar is ’n hunkering na onbekende plekke buite die strop waarmee Laaggelee hom wurg.

      “Toe ek so oud soos hy was …” versterk Claas die onwennige seun. Hyself was veertien toe hy die Bybel uit sy kop opgesê het agter die trop bokke in die kliprug, en die Gesangboek van voor tot agter geken het.

      Daar spat die vonke toe.

      “Claas, wanneer sal jy dit in jou kop kry dat dit nie meer die tyd van jou oupa en pa is nie, toe julle gedink het die Prinse besit die Agterbaai! Wat het julle vandag om te wys?”

      Onmiddellik kan Ellen haar tong afbyt. As die grief maar nie so lank reeds opgekrop was nie. Dis nie asof die Prinse dit destyds nie kon bekostig om Claas weg te stuur om te gaan leer nie. Die keuse het hy self gemaak: die skaaptrop in die bog, die geblêr van ooie, gulsige lammers aan uitgeswelde uiers, huppelende tweelinge, vleisskaap en wolskaap, die skeerhok en sorteertafel. Hy kan ’n uitgegroeide hamel binne twee minute skoon skeer, die vag in een stuk soos ’n kleed oopgesprei …

      Jammer die regterarm is nou onbruikbaar, in die elmboog afgeslaan toe hy by die puts aan’t water trek was. Hulle kan bly wees hy het nie die arm verloor nie, het dokter Rauch gesê. Maar Claas was maande lank onkapabel. Sy en die kinders moes water vir die vee put, eers slawe van gemaak word voor Sam Laumbaart vir Napai gestuur het om hand te gee.

      Claas stoot sy stoel terug en staan op. “Bring die waswater, Nieko!”

      Die seun dra die badjie om na die buitekamer waar die drie mansmense soos ramme afgekamp is. Ellen en die meisiekinders maak in die kamer kooi, die kleinstes kop en punt op ’n strooimatras. Wat dink die kinders oor

Скачать книгу