Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leerderboek vir Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leerderboek vir Huistaal - Rina Lamprecht страница 4

Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leerderboek vir Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

gebruik word om ou goed te bêre, m.a.w. goed wat jy nie meer gebruik nie. ’n Mens kan die goed verkoop en geld maak, i.p.v. om dit op te gaar. Die verkoping kan in die vm. begin en aanhou tot in die nm. Daar kan o.a. ’n afgeleefde trapfiets en ’n boks vol ou kombuisware te koop aangebied word. In SA is daar baie vlooimarkte waar ’n mens ’n stalletjie kan huur. Maak asb. net seker dat daar plek beskikbaar is.

      In Afrikaans word verskillende letters soms gebruik om dieselfde klank voor te stel. Dit is in baie gevalle woorde wat ons van Nederlands geërf het.

      “v” en “f”

      Kyk na die volgende woord: Daar is vyf items wat uitgestal word.

      Onthou, ons kry nooit die v-letter aan die einde van ’n woord nie: grof; bluf; skrif; sweef.

      “d” en “t”

      Die aand voor die verkoping was die garage ’n bont deurmekaarspul.

      Wenk: As jy onseker is of ’n woord op ’n d of t eindig, spreek die woord in die meervoud uit. Byvoorbeeld : rand – rande.

      As jy die d-klank in die meervoud of verbuiging hoor, moet die woord dus in die enkelvoud op ’n d eindig.

      10.Woorde wat met ’n d/t aan die einde of met ’n v/f gespel word, is in die volgende paragraaf verkeerd gespel. Skryf die paragraaf oor en maak die spelfoute reg.

      Fyf jaar nadat jy goed begin opgaar, vint jy dat daar gelt te maak is deur van die onnodige dinge ontslae te raak. Dit mag dalk ’n fonds vir jou friend of vir iemant anders wees. Dit kan ’n vantastiese oggend by die vlooimark wees, sonder dat iemand vorseer word om te koop. Daar kan ’n grood wins gemaak wort voor die aant.

      Tydsvorme

      Daar word drie tydsvorme onderskei: teenwoordige tyd: dit wat nou gebeur, verlede tyd: dit wat al klaar gebeur het, toekomende tyd: dit wat nog in die toekoms gaan gebeur. Byvoorbeeld:

      Ek verkoop my ou goed. (teenwoordige tyd)

      Gister het ek my ou goed verkoop. (verlede tyd)

      Môre sal ek my ou goed verkoop. (toekomende tyd)

      Let op die volgende:

      Het word in die verlede tyd saam met die werkwoord gebruik en die werkwoord skuif na die einde van die sin. Die werkwoord kry ook ’n “ge” vooraan, behalwe as die werkwoord met “be”, “ge”, “her”, “er”, “ont” of “ver” begin. Byvoorbeeld: begin, gedenk, hersien, erken, ontvoer, verander.Die wedstryd het begin.

      Na die verkoping het my huis se voorkoms verander.

      Sal word in die toekomende tyd gebruik en die werkwoord skuif na die einde van die sin, maar die werkwoord bly dieselfde. Byvoorbeeld: Ek sal jou môre betaal. Ek sal jou help.

      Die verlede tyd van het (wat besit aandui) = het … gehad.

      Die verlede tyd van word = is.

      Die verlede tyd van is = was. Die toekomende tyd van is = sal wees.

      Kyk na die volgende voorbeeldsinne.

      •Sy het ’n selfoon gehad.

      •Sy is vandag hier.

      •Sy was gister hier.

      •Sy sal môre hier wees.

      11.Verander die sinne deur met die skuinsgedrukte woorde te begin. Byvoorbeeld: ’n Produksiespan sorg vir die advertensies. Gister het ’n produksiespan vir die advertensies gesorg./Môre sal ’n produksiespan vir die advertensies sorg.

      a)Die wetenskaplike sal navorsing doen.

      Gister …

      b)’n Koeldrankfabriek maak ’n nuwe geur koeldrank.

      Verlede week …

      c)Die agentskap het kunstenaars.

      Verlede jaar …

      d)Hulle skakel met die agentskap en gee al die inligting.

      Volgende week …

      e)Agentskappe ontwikkel advertensies.

      Gister … Môre …

      f)Hulle het kunstenaars en skrywers wat hard kan werk.

      Verlede Dinsdag …

      Volgende week …

      Skryftekens

      Die kappie word gebruik om vokale (e, o, u, i) in ’n oop lettergreep ’n lang gerekte klank te gee, byvoorbeeld: êrens; brûe; môre; sê; wîe.

      Deeltekens word gebruik

      •wanneer daar ’n opeenhoping van klinkers is en

      •om aan te dui waar ’n nuwe lettergreep begin. Dit maak uitspraak makliker, byvoorbeeld: beïnvloed; ekonomieë; afgeleë; geïgnoreer; reën; seën; spieël; vlieë; knieë; reëlings.

      12.In die volgende paragraaf is skryftekens soos die kappie en deelteken óf foutief gebruik óf uitgelaat. Redigeer die paragraaf deur die skryftekens op die korrekte plekke in te vul. Skryf die paragraaf in jou boek oor.

      Mense wil gedurig nuwe produkte hë. Maatskappye moet dus gedurig se wat hulle beplan. Kliente word beinvloed deur goeie advertensies. As die advertensies nie aandag trek nie, word die produkte geignoreer. Die sukses van ’n produk lë dus in die advertensie. Daar moet erens gesoek word na mense wat goeie advertensies kan skryf. More is daar ’n beter produk op die mark, dan is jou kanse verby. Bere alle idees wat goed klink, anders word hulle nerens gebruik nie.

      Aktiwiteit 3: Kenmerke van ’n storie

      •Lees en kyk

      •Taalstrukture en -konvensies

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

      •’n storie selfstandig lees en daarop reageer

      •’n teks soeklees vir spesifieke besonderhede

      •begrip toon van fiksie en die hoofidee, vertellersgesigspunt, karakters en tyd bespreek

      •vergelykings verstaan, bespreek en gepas gebruik.

      Elemente van ’n verhaal

      Die hoofidee van ’n verhaal is die hoofgedagte wat in die verhaal na vore kom.

      Die karakters is die persone wat in die verhaal optree. In die onderstaande verhaal

Скачать книгу