Schalkie van Wyk Keur 13. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Schalkie van Wyk Keur 13 - Schalkie van Wyk страница 4

Schalkie van Wyk Keur 13 - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

kom dit paaiend van Roland. “Vertel ons wat jou goeie nuus is, Yvette. Het jy ’n fortuin geërf?”

      “Wel, nie ’n fortuin nie, maar ’n reusestrandhuis wat aanvanklik aan my eie ma behoort het. Die plek se naam is Huis Winterrus en dis op Sekelbaai. Ek besef ek is oom Nathan en tant Melinda se enigste erfgenaam, maar die gedagte dat ek my eie strandhuis besit, laat my skielik ryk voel.”

      “Was jy darem by jou pa se begrafnis?” vra tant Engela streng.

      Yvette frons ergerlik. “Hoe kon ek gaan as ek eers vanoggend by my prokureur gehoor het dat ek Huis Winterrus geërf het?” vra sy vies.

      “Koop dan ’n krans en gaan sit dit op sy graf. Sekelbaai is nie so ver nie,” antwoord tant Engela bruusk.

      “Dalk sal ek,” sê Yvette. Sy draai na Roland en versoek met ’n pruilmondjie: “Wat sê jy, my skat? Ry ek en jy saam Sekelbaai toe?”

      My skat … Ga! dink tant Engela en blaas haarself soos ’n vertoornde verkleurmannetjie op. Sy kan haar voorstel hoeveel “skatte” daar reeds in Yvette se lewe was, want ’n meisie wat soos Yvette lyk, sal in ’n klooster moet gaan wegkruip om nie ’n reputasie te hê nie. Haar hare is lank en blond – maar eers sedert haar agtiende jaar, want vóór dit was dit muisvaal – en haar gelaatstrekke is egalig. Sy veronderstel mans sal Yvette se mond onweerstaanbaar vind, want sy het vol, sensuele lippe en ’n maklike glimlag wat kuiltjies in haar wange keep. Haar groot, ligblou oë verhoed dat enigiemand sal raai dat sy nie ’n natuurlike blondine is nie. En dan is daar haar figuur … en sy het sulke lang, slanke bene, so asof die ou duiwel self wou sorg dat Roland die meisiemens ten prooi sal val, dink tant Engela bitter.

      Langs ’n man van gemiddelde lengte sal Yvette te lank lyk, maar Roland troon oor haar. Mooi mans is net ’n versoeking. Nie dat Roland mooi is nie, maar selfs sy kan sien hy is aantreklik met sy donker hare, swartbruin oë en die sterk been­struktuur van sy gesig. Hy lyk streng, selfs ’n bietjie befoeterd, dink tant Engela, behalwe wanneer ’n mens na sy mond kyk. Selfs wanneer hy ernstig is, krul sy mondhoeke boontoe, asof hy heimlik oor iets lag. ’n Aantreklike man, ten spyte van die letsel op sy linkerwang, met ’n bankrekening wat hom volkome onweerstaanbaar sal maak vir menige vrou, som tant Engela hom op en probeer aan ’n rede dink om Yvette haar huis te belet.

      “Ek is op die oomblik ’n bietjie besig op die plaas, Yvette,” kom dit ontwykend van Roland terwyl hy vlugtig na tant Engela kyk en die goedkeuring in haar oë lees.

      “Maar jy móét saamkom, Roland!” pleit Yvette desperaat. “Ek het nog nooit my stiefsuster ontmoet nie, maar as Lelani Wessels my dalk probleme gee … Ek twyfel of sy Huis Winterrus sonder meer gaan verlaat, want my pa het haar heel waarskynlik nooit ingelig dat die huis my erfenis is nie.”

      “Lelani Wessels? Hoekom klink die naam vir my so bekend?” kom dit ingedagte van tant Engela. Sy kyk Yvette skerp aan. “Jy weet nie dalk wie haar ma was nie?”

      “Nee, tannie. Ek het nooit genoeg belang gestel om uit te vind wie my stiefma is nie,” antwoord Yvette koel.

      “H’m,” kom dit niksseggend van tant Engela, maar sy frons aanhoudend. “Dis nou al te laat, maar miskien moet jy môre saam met Yvette ry, Roland. Jy werk te hard. ’n Daggie weg van die plaas af is net wat jy nodig het. En nou moet julle my verskoon, want ek moet ’n paar dringende oproepe gaan maak. Tot siens, Yvette.”

      “Tot siens, tant Engela,” groet Yvette stralend. “Sien jy nou, Roland? Selfs tant Engela is ten gunste daarvan dat jy saam met my Sekelbaai toe ry. Jy durf nie nou weier nie.” Roland antwoord nie. Hy kyk tant Engela met ’n vraende frons tussen sy wenkbroue agterna. Vanwaar die skielike frontverandering? wonder hy. ’n Paar minute gelede het tant Engela hom nog teen Yvette gewaarsku, maar nou dwing sy hom as ’t ware om Yvette na Sekelbaai toe te neem. Wat voer tant Engela in die skild? Hy ken haar te goed om sonder meer te aanvaar dat sy hom uit die goedheid van haar hart aangesê het om Sekelbaai toe te gaan. Hy moet haar ondervra, maar dan moet hy so spoedig moontlik van Yvette ontslae raak. Gelukkig is Yvette nie seker van hom nie. Sy val oor haar eie voete om sy geringste wens uit te voer, selfs al is dit om hom met rus te laat.

      “Dan is dit afgespreek, Yvette. Ek het môre ’n bedrywige dag, maar as ons teen sesuur kan ry, sal ek jou Sekelbaai toe neem. Of is dit te vroeg vir jou?” vra hy saaklik.

      “Ek sal sesuur hier wees. En vreeslik, vrééslik dankie, Roland,” sê sy en kyk diep in sy oë.

      “Ek sal jou na jou motor toe vergesel. Kom,” beveel hy bruusk en stap saam met haar na die voordeur toe, maar raak nie aan haar nie.

      ’n Bliktrommel … ’n vervlakste swaar bliktrommel! dink Lelani en sleep die trommel oor die sypaadjie. Sy haat tant Helena Greyvenstein, en sy haat Arno Greyvenstein met ’n wrewelrige haat. Sy is as privaat verpleegster gehuur om oom Jaco Greyvenstein te verpleeg, maar vanuit die staanspoor het Arno besluit dat sy ter wille van hom in diens geneem is.

      En nou sit sy sonder werk. En sonder ’n huis. Binnekort sit sy en oom Giepie op straat, want Huis Winterrus sal binnekort ontruim moet word. Dis nie regverdig nie, dink sy. Sy voel trane van opstand en onmag agter haar ooglede brand en knip haar oë vinnig. Nee, sy kan nie nou so naby Huis Winterrus in trane uitbars nie. Haar woede het haar gehelp om tot hier te loop sonder om haar aan selfbejammering oor te gee. Sy sal onthou om kwaad te wees, om almal en alles te verwens, maar sy sal nie huil nie, want dit sal net al haar loseerders ontstel. Sy vee met haar linkerhand oor haar oë en loop met die bliktrommel in ’n lamppaal vas. Die trommel val uit haar hande, sy struikel daaroor en val plat op haar maag op die sypaadjie neer.

      “Kan ek help, juffroutjie?” Die manstem is diep, welluidend en oortuigend simpatiek.

      Sy kyk op in Roland se gesig. “Nóg ’n man! Vloek-… vloek- … vloeksteen!” skel sy en bars in trane uit.

      Roland kyk verwilderd rond, besef dat hy alleen in die straat is, en tree dan vinnig op. Hy help Lelani om op die trommel te sit en neem langs haar plaas.

      “Huil net sag, juffroutjie. En as iemand op ons afkom, sê maar ons wag op die bus,” stel hy senuweeagtig voor en druk sy sakdoek teen haar neus om haar snikke te smoor.

      2

      Hy haat dit om ’n spektakel van homself in die openbaar te maak, dink Roland en blik afkeurend na Lelani wat sy sakdoek by hom geneem het en hartverskeurend daarin huil. Dis erg genoeg dat die meisiemens huil asof sy haar hele familie in ’n ramp verloor het, maar waarom moet hy langs haar op haar ellendige bliktrommel op die sypaadjie sit? Maar staan hy op, sal verbygangers moontlik glo dat hy met haar rusie gemaak het. Dit lyk darem asof hy haar probeer troos terwyl hy langs haar sit, selfs al raak hy nie aan haar nie, dink hy gefrustreerd en gluur haar aan toe sy harder begin huil.

      “Kan jy nie sagter huil nie, meisiemens?” grom hy diep uit sy keel en verwens homself oor sy brutaliteit. Niemand sal sonder ’n baie goeie rede so verskriklik huil nie, besef hy. As hy net taktvoller kan wees …

      Lelani se snikke word skielik stil. Sy neem die sakdoek voor haar gesig weg en kyk op na die vreemde man langs haar.

      Roland kyk in haar oë en voel asof iemand hom ’n onverwagte vuishou in sy maag gegee het. Lang, digte, swart wimpers omraam oë wat lyk soos ’n silwergrys, donker meer waarop die maanlig val …

      “Ek is nie ’n waterpistooltjie nie. Wanneer ek huil, huil ek met byklanke,” snou sy, druk haar gesig in sy sakdoek en begin opnuut huil.

      “Om

Скачать книгу