Schalkie van Wyk Keur 13. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Schalkie van Wyk Keur 13 - Schalkie van Wyk страница 8

Schalkie van Wyk Keur 13 - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

Lelani?” kom dit verwonderd van tant Engela.

      Lelani draai glimlaggend na haar en merk verras dat tant Engela met ’n bewende hand na ’n stoelleuning gryp en vinnig op die stoel neersak. “Wat skort, tannie? Ek hoop nie tannie het al die pad van die stasie af hierheen geloop nie.”

      “Nee … nee, hartjie, ek het met my motor gery,” antwoord sy, probeer glimlag, maar haar hande klou kneukelwit om haar handsak vas en verraai haar innerlike spanning.

      “En toe hoor tannie op die dorp Huis Winterrus is ’n losies­huis?” Lelani glimlag spytig. “Ek is so jammer ek kan tannie nie help nie, maar Huis Winterrus het van eienaar verwissel. Drie van my loseerders is reeds weg en ek en oom Giepie gaan binne die volgende paar dae vir ons ’n woonstelletjie of ’n paar kamers huur.”

      “Ek verstaan nie mooi nie,” sê tant Engela. Sy kyk flitsend na oom Giepie wat, met sy blik neergeslaan, besig is om sy pyp skoon te maak en dan na Lelani. “Jy het gesê Giepie … dié meneer is jou oupa, maar jy noem hom óóm Giepie.”

      Lelani lag klokhelder. “Dis sommer ’n speletjie, tannie. Ek het nooit ’n oupa gehad nie, daarom het ek sewe jaar gelede besluit oom Giepie is my aangenome oupa. Hy het niemand nie en ek het niemand nie, daarom gaan ons vir mekaar sorg.”

      “In ’n beknopte woonstelletjie?” vra tant Engela en kyk betekenisvol in die ruim vertrek rond.

      “’n Man wat op ’n karige pensioentjie moet leef, kan nie kies en keur nie,” grom oom Giepie van die tafel af, maar hy kyk nie op nie.

      “Oom Giepie is knap met sy hande. Hy maak alles heel wat in die huis breek,” vertel Lelani en draai gretig na hom. “Dalk kan oom ’n paar rand ekstra verdien as ’n nutsman.”

      “Dalk,” mompel hy, al sy aandag nog by sy pyp.

      “En jy, Lelani? Wat doen jy vir ’n lewe?” vra tant Engela belangstellend. Sy het ook nie Lelani se uniform opgemerk nie.

      “Ek is ’n hospitaalsuster, maar tot vanoggend het ek privaat verpleging gedoen. Op die oomblik sit ek sonder werk … Ek en oom Giepie het nog nie finaal besluit of ons op Sekelbaai gaan aanbly nie. Dit hang net daarvan af of ek werk in die hospitaal kan kry.”

      Tant Engela ontspan merkbaar en glimlag breed. “Maar, kindjie, dan kom ek mos asof ek gestuur is!”

      “Gmf!” snork oom Giepie minagtend deur sy neus.

      Tant Engela gluur hom aan, lyk asof sy iets wil sê, maar besluit dan daarteen. Sy glimlag weer met Lelani. “Ek en jou oorlede moeder het mekaar baie goed geken in ons jeug, Lelani. Ons was albei plaasdogters en omdat ons op buurplase gewoon het, het ons by mekaar geboer. Sy was vyf-en-twintig toe sy met Herman Wessels getroud is en saam met hom in Kaapstad gaan woon het. Maar ons het deur die jare gekorrespondeer.” ’n Warm innigheid skop nes in tant Engela se stem en oë toe sy vervolg: “Ek onthou haar onuitspreeklike vreugde toe sy op veertig vir die eerste maal moeder geword het.”

      “Tannie het haar wérklik geken,” kom dit verras van Lelani. Sy frons effens. “Vreemd, ek kan nie onthou dat sy van tannie gepraat het nie. Maar eintlik het sy selde of nooit oor haar jeugjare gepraat nie, want my oupa en ouma Scheepers was toe reeds dood.”

      “Ek het altyd gehoop sy sou kom kuier en met jou by my kom spog, maar toe jy gebore is, het ek reeds in Huis Daeraad by my stiefbroer gewoon en sy seuntjie versorg. Moontlik was sy bang om ’n oorlas van haarself te maak, want sy het besef ek woon nie in my eie huis nie.”

      “Ga!” snork oom Giepie ongelowig deur sy neus, sy hande nog doenig met sy pyp.

      Lelani merk hoe tant Engela letterlik opblaas van ergernis oor oom Giepie se ongevraagde tussenvoegsel en wag gespanne op ’n uitbarsting. Maar tant Engela haal diep asem en gaan ongestoord voort: “Ek het toevallig verneem dat jou stiefpa oorlede is, hartjie. Ek weet jy het geen familie nie en toe het ek besluit: ter wille van my jeugvriendskap met jou wyle ma, sal ek jou bitter graag ’n heenkome wil bied. En daarmee bedoel ek nie net ’n blyplekkie nie. As jy instem om saam met my te kom, sal jy soos ’n kind in Huis Daeraad wees – ’n eie kind.”

      Lelani staar haar oomblikke lank oorbluf aan. “Maar … maar dis nie nodig nie, tant Engela. Ek is reeds twee-en-twintig. Ek het ’n graad in Verpleegkunde en ek is ’n hospitaalsuster. Ek kan vir myself sorg.”

      “Ek weet, Lelani, maar ek het jou nodig,” sê tant Engela eenvoudig.

      “O …” Lelani byt op haar onderlip en betrag tant Engela nadenkend. Sy lyk soos ’n liewe, aangename mens – en sy is amper soos familie, want sy het haar ma van jongs af geken. Ná die petalje in die Greyvenstein-huis is sy gretig om pad te gee van Sekelbaai. Moet sy die aanbod aanvaar? wonder sy.

      “Daar is ’n moderne hospitaal op Stadlerheim. As jy werklik wil, kan jy met jou loopbaan voortgaan,” por tant Engela.

      “Wel, ja … dit klink aanloklik. Maar wat van oom Giepie?”

      Tant Engela pers haar lippe hard saam en slaan haar blik neer. “Daar is ’n woonstelletjie bo-op die ou stal. As hy kans sien …”

      “Blikskottels!” ontplof oom Giepie, maar sluk sy verontwaardiging in toe Yvette, gevolg deur Roland, die eetkamer binnekom.

      “Tant Engela! Wat op aarde soek tannie hier?” vra Roland verras.

      “Ek het ’n besoekie aan Lelani gebring, boet, en ek is dankbaar om jou te kan inlig dat sy voortaan saam met ons in Huis Daeraad sal woon,” vertel sy ingenome, oënskynlik onbewus van die skok op Lelani en Roland se gesigte.

      3

      Die uitdrukking van skok op Roland se gelaat maak plek vir ’n granietharde masker wat selfs die lig in sy oë uitdoof. ’n Man met ’n gesig uit koue rots gebeitel, dink Lelani en vergeet van haar eie skok. Is hy werklik dieselfde man wat vroeër die oggend langs haar op tant Helena Greyvenstein se bliktrommel op die sypaadjie gesit het? wonder sy verdwaas. Maar selfs toe, onthou sy, het sy die indruk gekry dat sy vir hom ’n verleentheid was, dat hy haar teen sy sin getroos het. Roland Stadler hou nie van haar nie; nee, dis erger: hy is haar vyand, hoewel sy tot nouliks twee uur gelede onbewus van sy bestaan was.

      “Dit pas my nie, tant Engela,” sê hy met koue nadruk. “Huis Daeraad is my ouerhuis. Ek sal besluit wie daar woon.”

      “Presies!” beaam Yvette, ’n triomfantelike lig in haar oë. “Dis werklikwaar voorbarig van tante om vreemdelinge na Roland se huis toe te nooi.”

      “Hou jou mond, merrie!” snou tant Engela en rig ’n grimmige blik op Roland. “En jy, knaap, vergeet te maklik met wie jy praat.”

      “Is dit nie andersom nie, tante?” vra Yvette smalend. “Die hele Stadlerheim besef dat jy jou lewe lank net die ryk Stadlers se betaalde huishoudster was. Dat jy die vermetelheid kan hê om sonder Roland se toestemming –”

      Oom Giepie se regter­vuis tref die tafelblad met ’n oorverdowende slag wat Yvette haar asem laat wegskrik. Hulle oë draai werktuiglik na hom en hy kom stadig orent, sy diepblou oë soos glimmende kristalle. “Ek glo, juffrou Boonzaaier,” begin hy, sy stem donker en dreigend, “dat die prokureur aan jou verduidelik het dat jy slegs Huis Winterrus van jou wyle vader geërf het?”

      Yvette soek vinnig hulp met haar oë by Roland, maar

Скачать книгу