Melk die heilige koeie. Deon Maas

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Melk die heilige koeie - Deon Maas страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Melk die heilige koeie - Deon Maas

Скачать книгу

gebruik.

      Jy sal spoedig opmerk dat, soos die feeste noordwaarts neig, daar ’n sigbare verandering is in die soort vermaak en mense wat dit bywoon. Of dit te doen het met die feit dat Nelspruit se mense minder gekunsteld is as die mense in Stellenbosch, is nie my plek om te oordeel nie. Die leser moet maar self besluit en daarvolgens ’n oordeel vel.

      Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (of “Kakka en Kie” soos Breyten dit op ’n keer genoem het) se inhoud wys van die begin af dat daar nie ’n universiteit op die dorp is nie.

      Hierdie fees is redelik skisofrenies in sy aanslag. Dit kombineer regte zef-klugte soos My pa se ma se boetie se tannie se moer met die ernstige teater van gesalfde kunsprofete soos Christiaan Olwagen. Die klugte kom van die noorde, Christiaan van die suide. Ons weet baie gou waar die kern van die ernstige Afrikaner lê.

      Wat die KKNK so uniek maak, is dat Oudtshoorn in die middel van nêrens is. Die plaaslike ANC-regering is al jare gelede uitgestem, maar weier om die munisipale kantore te ontruim, hofbevel ofte not. Die dorp het sy bestaan te danke aan die bloeiende volstruisbedryf uit die dae toe die Charleston nog gewild was. So, daar’s ’n klomp ryk (grotendeels wit) boere wat die reëls maak en dan die massa wat hulle daarin verlustig om hulle te ignoreer.

      Oudtshoorn het nie eens ’n lughawe nie. PW Botha het dit van hulle gesteel en George toe geskuif nadat hy vir hom ’n huis daar gekoop het. Om daar uit te kom vat ’n dag. Behalwe as jy Clive Smith met sy 1400-Nissanbakkie is, dan vat dit twee dae. Of dalk meer.

      As Oudtshoorn ’n mens was, sou dit as bipolêr geklassifiseer word.

      Die fees lok groot groepe ouer vroue wie se mans by die huis bly. Hierdie vroue jag in troppe en het duidelik alle reëls en moraliteit in die kombuis op die plaas gelos. Dis asof hulle jare lank in ’n hok gehou is en alles ontneem is en nou gedra hulle hulle soos kleindorpse eerstejaars op universiteit. Hulle is op hul gevaarlikste laat in die aand ná ’n paar bottels wyn en Jägermeister. Hulle verstaan nie die woord “nee” baie goed nie en as hulle mans was, sou jy hulle kon aankla van seksuele teistering. Wel, jy kan seker, maar op Oudtshoorn gaan die polisie net vir jou lag as jy ’n vrou wil aankla van so iets. Die meeste mense sien dit mos as ’n verspeelde kans eerder as molestering.

      Wat die KKNK jare lank baie uniek gemaak het, was die groot verskil tussen die erns van die teater en die lighartige musiek. Hier werk die Woordfees se musiek nie. As jy nie kan dans nie, is dit nie musiek nie.

      Vir ’n lang tyd het jy mense gehad wat uitloop uit ernstige en selfs eksperimentele teater en dan gaan dans op die snert van kunstenaars soos Arno Jordaan. En Jordaan en sy gel-kop-tipe was orals. In die hoofstraat en op elke verhoog. Doef-doef-spiertiere wat hulle latente testosteroonaggressie saam met hulle gebring het. Die afgelope tyd is daai tipe in die minderheid en vervolgens minder luid. Minus die Axe-walms is die plek baie meer aangenaam.

      Oudtshoorn is een van daai dorpe wat pis-larney is. Jy kan ’n baguette bestel, maar jy gaan nie een kry nie. Dis ’n Spar-rolletjie-fopdosser. Die enigste plek waar daar geen la-di-da pis-larney is nie, is die cliché genaamd La Dolce Vita, waar die kroegmanne jou naam onthou, niemand jou ’n houding gee nie en die musiek altyd uit die boonste rakke is. Die enigste restaurant wat jou nie ’n rat voor die oë gaan draai nie, lewer wat op die spyskaart is en waar jy regte single malt kan kry, is Daniël Terblanche se Black Swan. Die res is tannies wat soos tieners aantrek om jou om die bos te lei.

      Aardklop is natuurlik die fees wat bekendheid daarvoor verwerf het dat daar klein bendes boykies is wat met mekaar kompeteer oor wie die gewildste of grootste celeb kan bliksem, sommer in die hospitaal in.

      Ons weet almal Potchefstroom is die plek waar die universiteit lieg en bedrieg oor ontgroening en Nazi-salute doen, waar mense feeste kanselleer sonder om die reëls te volg en waar alle seksuele energie in die dorp op een plek gekonsentreer is: die Snowflake.

      Seks speel ’n groter rol op hierdie feeste as wat mense dink. Daar is ’n dekadente onderbuik wat saans laat, nadat die laaste toneelstuk klaar gemaak het, sy klere uittrek en ditself naak paradeer voor mense wat te veel alkohol ingeneem het.

      In elk geval, dit was net ’n idee wat ek daar buite wou laat vir almal wat dink dat Afrikaanse kunstefeeste Calvinistiese kerkbasare is. Dit is dit ook, maar nie net dit nie.

      En ons gaan verby Aardklop stuur, want dis nóg vis nóg vlees. Verder noord, die een wat die verste van Stellenbosch af lê, is waar jy die beter stereotipes opspoor. Die regte ouskool-Afrikaner waar die k-woord nog gemaklik van die tong af rol, sommer voordat daar te veel brannas en Coke gedrink is.

      Innibos is waar die gees van die ou Suid-Afrika op sy beste voortleef. Die plek waar rassiste, seksiste en homofobe onbeskaamd hulle vlae kan waai en dit dan ook doen in die vorm van die oranje-blanje-blou. Waar Steve “Die Stem” kan sing en die gehoor harder as die klankstelsel is. Waar MaJozi, terwyl hy op die verhoog is, met blikke gegooi word omdat hy die “verkeerde velkleur” het.

      As jy die verskil tussen die Kaapse en noordelike platteland wil beleef, dan is Innibos die plek waar dit die beste na vore kom.

      Die kunstefeeste is nie net ’n refleksie van waar die Afrikaner vandag is as volk nie, die verskillende plekke waar dit gehou word, is ’n refleksie op die feit dat daar nie iets soos ’n Afrikaner is nie. Ja, hulle praat almal Afrikaans, maar dis nie eens dieselfde Afrikaans nie.

      Enige persoon wat die term “Afrikaner” gebruik, weet eintlik nie waarvan hulle praat nie. Dis ’n term wat gebruik word in plaas van ’n lang verduideliking.

      Die Namakwalandse Afrikaans wat by die Rittelfees in Vredendal gebruik word, is anders as die Afrikaans wat by die Woordfees gebruik word, wat anders is as die Kaaps wat by die Suidoosterfees gebruik word, wat anders is as die Suid-Kaaps wat by die KKNK gebruik word, wat anders is as die Mielieboer-Afrikaans wat by Aardklop gebruik word, wat anders is as die Afrikaans wat by …

      Daar’s net een mens wat dieselfde Afrikaans by almal gebruik en deur almal verstaan word en dis Karen Zoid.

      As daar iemand vandag is wat die verskillende groepe Afrikaners bymekaar kan trek, is dit Karen. Ná jare op rockverhoë het haar televisieprogram op kykNET skielik van haar ’n nasionale held gemaak wat orals welkom is.

      Anders as die loopgrawe wat deur Jack Parow en Fokofpolisiekar omgedolwe is, het Karen die valbrug oor die kasteel se moot gebou.

      Dis dalk die enigste teken van Afrikaanse samehorigheid wat ons tans kan ervaar en dis die kunstefeeste wat daardie valbrug help bou het.

      3 Huisgenoot

      Dis vandag moeilik om enige iemand te kry wat vir die Nasionale Party gestem het. Hy het die septer langer as veertig jaar geswaai sonder ’n enkele ondersteuner. As die hoogste bome die meeste wind vang, dan is dit ook die bome wat die hardste val as hulle omgekap word. Gister se held is vandag se verleentheid.

      Huisgenoot is presies dieselfde. Niemand lees hom nie, maar sy sirkulasie is steeds meer as 100 000. Wel, niemand loop met die verkoopsyfers te koop nie. Dis makliker om “hoeveel mense dit lees” (meer as 2 000 000 per week) te kry. Wat ons wel weet, is dat Huisgenoot, sy Engelse sussie, You, en sy aangenome boetie, Drum, ’n totaal van 450 000 kopieë per week verkoop. Dis minder as wat Huisgenoot op sy eie twintig jaar gelede verkoop het.

      Dit is alombekend dat drukmedia minder en minder verkoop. Ekself, eens ’n groot stryder vir die drukkersink wat jy van jou hande moet gaan was nadat jy jou oggendkoerant gelees het, koop dit deesdae net as daar ’n nuwe hondjie in die huis is en Caxton se gratis Northcliff and Melville Times nie genoegsaam

Скачать книгу