Sink. Brett Michael Innes

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sink - Brett Michael Innes страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Sink - Brett Michael Innes

Скачать книгу

sal daarvan kom nie, natuurlik, maar noudat hy haar lewe in foto’s gesien het, is hy nuuskierig om te hoor hoe haar stem klink.

      * * *

      Dit wat tevore die “bediendekamer” genoem sou word, is ’n onopvallende geboutjie eenkant op die Jordaans se erf. Om dit ’n kothuis te noem sou oordrewe wees, want die enkelkamer met sy badkamer langsaan het min van die knusheid wat ’n mens met ’n kothuis assosieer.

      Rachel sit op haar bed met ’n ou rooi koekblik in haar koue hande.

      Die bittere koue van Johannesburg se winters is iets wat sy nie verwag het toe sy die eerste keer in Suid-Afrika aangekom het nie. Sy het steeds nie regtig daaraan gewoond geraak nie. Die koue vang haar nog elke jaar en vanjaar voel dit of dit vroeër gekom het. Dis nie dat die temperatuur so laag is in die winter nie – Chris het eenkeer vir haar verduidelik in Europa sal Johannesburg se winter tel as heerlike herfsdae – dis net dat die huise vir die somer ontwerp word en nie hitte kan binnehou nie. Die dae is sonnig, maar snags sak daar ’n ysige koue toe waaraan nie eens haar verwarmertjie iets kan doen nie. Rachel het gou geleer om met ’n baadjie en twee paar sokkies in te kruip as sy ’n ordentlike nagrus wil inkry.

      Sy haal die blik se deksel af en sit dit op die kussing langs haar neer. Toe sy ’n paar papiere uitlig, klingel sleutels en munte op die blikbodem. Sy haal iets uit wat min weeg, maar vir haar is dit nie iets kleins nie – dit is toegedraai in sneespapier en sy maak dit versigtig oop. Dit is ’n diamantring. Sy hou dit op teen die lig en sien hoe die juweel steeds in die lig blink. Sy het die ring opgetel op ’n strand buite Inhassoro, ’n gelukskoot wat haar laat glo goeie dinge kan ook partykeer met iemand soos sy gebeur. Sy was nog nie lank in Johannesburg nie toe sy dit na ’n pandjieswinkel neem om te hoor wat dit werd is. Hulle het vir haar gesê so R8 000. Sy wou dit nie verpand nie, want dit sou slimmer wees om dit eers te hou en veilig tussen haar ander waardevolle goed in die koekblik te bêre. Sy wil nie die geld wat sy daarvoor kan kry op onnodighede blaas nie.

      Die pandjieswinkel sal haar laaste uitkoms wees die dag wanneer sy geen ander keuse meer het nie.

      Volgende haal Rachel ’n pak meticais, Mosambiekse banknote, uit wat sy hou vir die dag wat sy dalk so vinnig Inhassoro toe moet gaan dat sy nie tyd het om geld om te ruil nie. Sy sit die geld op die dennetafeltjie wat ’n ent van haar bed af staan.

      Die plek wat die afgelope ses jaar haar tuiste is, is nederig. Die meubels is meestal ou goed van die Jordaans en ’n paar stukke wat sy self gekoop het by garageverkopings in die buurt. Die slaapkamer is oop na die kombuis en leefarea en daar is ’n aparte badkamertjie. Haar woonplek is klein, maar sy kla nie, want sy weet dis strate beter as die sinkhuisies waarin sommige huiswerkers woon.

      Die tafel met sy twee stoele is die middelpunt van die vertrekkie. Dit word gebruik vir eet, lees en stryk. Nie meer as ’n armlengte ver nie is die kombuisie met sy tweeplaatstofie en opwasbak. In die slaapdeel staan ’n enkelbed, kanttafeltjie met ’n leeslampie eenkant ingedruk, en oorkant dit ’n laaikas waarin Rachel al haar besittings bêre. Bo-op staan ’n klein swart-wit TV.

      Rachel haal haar paspoort uit die blik en sit dit langs die stapel note neer. Die goue landswapen gloei teen die blou agtergrond in die lig van die kaal gloeilamp wat in die middel van die vertrek hang.

      Sy grawe weer in die blik en haal ’n verweerde foto uit. Sy onthou so goed die dag toe dit buite haar ouers se huis met ’n weggooibare Kodak geneem is. Sy het Sergio, die bure se seun, gevra om die foto te neem sodat die hele gesin daarop kon wees en hy moes drie neem ingeval een nie goed uitkom nie.

      Met ’n moeë glimlag bekyk Rachel elke gesig, ’n oomblik wat vasgevang is voor sy na Suid-Afrika vertrek het. Sy het vir haar ouers probeer verduidelik hoe ’n mens vir ’n foto poseer, maar hulle het nie geweet hoe om te maak nie. Uiteindelik het sy gesê hulle moet net vir Sergio kyk en hulle mag nie wegkyk voor sy so sê nie. Andrea, haar jonger broer wat toe twee-en-twintig was, het langs haar ma gestaan en Rachel het met haar hande oor haar maag, wat nog nie begin wys het nie, gestaan. Haar pa het ten spyte van haar opdrag kant toe gekyk.

      Rachel laat sak die foto in haar skoot. In die verte is daar die geloei van ’n sirene, seker op pad na ’n noodgeval. Sy ril en probeer haar ore sluit teen die klank. Vir ’n oomblik voel sy duiselig en naar.

      Draaiende rooi ligte weerkaats op nat teer, flitsend en draaiend.

      Die dag toe haar wêreld verander het.

      In ’n poging om haar aandag af te trek, onthou sy die gesprek wat sy vanoggend voor die ontmoeting met die Jordaans met haar ma gehad het. Sy praat gewoonlik Sondae met haar ouers, meestal van die betaalfoon buite die hoekwinkel op pad terug van die kerk af. Dit is goedkoper as ’n selfoon en wanneer dit kom by internasionale oproepe, duideliker ook. Die afgelope paar maande is haar ma die enigste een wat na die foon kan loop, want haar pa se besering maak dit vir hom te moeilik.

      Vandag se oproep was nie anders as die voriges nie, behalwe dat sy nie kerk toe was nie en reguit na die betaalfoon gestap het om te bel. Die foon het vyf maal gelui voor Anisia, die telefoonoperateur, dit in Portugees geantwoord het. Rachel, wat saam met Anisia grootgeword het, het teruggegroet en gewag dat sy die foon vir haar ma aangee.

      “Dit gaan goed met jou pa. Hy kan nog nie ver loop nie, maar hy kan staan.”

      “Ek is bly, Mama.”

      “Daar’s nou al vir vyf dae nie water nie.”

      “Hoeveel het julle?”

      “Ons behoort genoeg te hê vir drie dae as ons nie was nie. Toe daar laas water was, het ons die bad en al ons emmers volgetap.”

      “Het julle die geld gekry wat ek gestuur het?”

      “Ja. Jou neef is af Kosibaai toe en het vir ons kos gekoop by die Suid-Afrikaanse winkels, want daar’s niks hier nie. Ons het al die geld opgebruik wat jy gestuur het.”

      “Ek sal probeer om nog te stuur wanneer ek weer betaal word.”

      “Ai, dankie, my dogter. Is Maia by jou?”

      Rachel het die foon weggevat voor haar mond.

      “Rachel?”

      Sy het haar asem diep ingetrek. “Nee, Mama. Maia is nie by my nie.”

      Daar was ’n stiltetjie voor haar ma weer gepraat het.

      “Jy klink siek, my kind.”

      “Nee wat, Mama, ek’s net moeg.”

      “Jy moet rus, Rachel. Al daai lugbesoedeling in daardie stad maak jou siek …”

      Sy het haar hand oor die mondstuk gesit toe trane oor haar wange begin stroom. Hierdie vloed van emosie moes sy van haar ma weghou.

      “Ek moet nou gaan, Mama. Hier’s mense wat wag om te bel.”

      Rachel het die foon neergesit sonder om haar ma kans te gee om te antwoord. Sy het haar kop teen die muur laat sak en begin huil, al die trane wat sy vir haar ouers moes wegsteek en ondanks verbygangers wat haar aangestaar het. Sy sal hulle vertel wanneer sy terug is in Mosambiek, maar nou moet sy eers sterk wees en uitwerk wat haar volgende stap moet wees.

      Haar werk beteken geld. Dis ’n dak oor haar kop. Dit hou haar ouers aan die lewe en dit beteken sy kan wettig in Suid-Afrika wees. Sy weet hoe moeilik dit is om werk te kry, veral as ’n huiswerker

Скачать книгу