Soekmekaar. Dana Snyman
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Soekmekaar - Dana Snyman страница 10
Vir ’n paar oomblikke kruisig die maer man se skaduwee hom aan die kaal sypaadjie skuins agter hom vas terwyl hy sy maagspiere laat kolk en kolk.
Het Meneer nie vir ons daar ’n tweerandjie nie? Die meisie hou ’n hand na my toe uit, die handpalm honger na bo gedraai. Die wind waai soe hierie uncle van my kan nie uitgaan op die sie nie.
Langs haar blaas die maer man sy asem uit en laat sak die trui en T-hemp weer oor sy maag.
18. John-Henry
God wil hê ons moet ryk wees. God wil ons bless met geld. Hy wil hê ons almal moet miljoenêrs wees.
Daarom het hy en Nita-Mari die NG Kerk gelos. Hul ouers is nog in die NG Kerk, en dis sad. Hulle weet nie van praise en worship en fellowship nie. Hulle koek en tee nog ná die diens in die kerksaal en hou basaar.
In die NG Kerk is te veel teologie. Als net teologie. Ou ballies met hul Grieks en Hebreeus en ander goed wat net hulle verstaan.
Hy en Nita-Mari was lank soekend. Eers was hulle by Moreleta, toe is hulle Hillsong toe. Eintlik is hulle dieselfde, Moreleta en Hillsong. Maar nou is hulle, amen, by pastoor At. Pastoor At is ’n blessing vir hierdie land. Pastoor At gym vyf dae ’n week. In pastoor At se kerk kan jy sien hoe mense hul lewe omdraai en hoe God hulle bless. Jy kan Jesus se spirit in sy praise-en-worship-dienste voel. Is amazing as jy so opstaan en die band speel en almal praise en worship en jy voel hoe die spirit jou move.
Vir pastoor At is dit about sukses. Success. Wealth. Health. Happiness. Dis nie ’n kerk vir losers nie. Dit is ’n kerk vir wenners.
Vandat hy by pastoor At is en geld vir pastoor At se kerk gee, bless God hul business incredibly. God het hom en Nita-Mari ook met die strandhuis op Brenton gebless. Niks flashy nie. Net drie slaapkamers, aan suite.
Sonder geld kan jy niks doen nie. Kyk na die mense in die townships en squatter-kampe. Hulle kan niks doen nie. Sit net en drink en doen drugs en toi-toi en gee apartheid die skuld vir hul situasie. They are trapped in their negative thoughts.
Hy wens hy kan vir elkeen van hulle Joel Osteen se boeke gee. Osteen is hierdie incredible Amerikaanse prediker wat sê elkeen is responsible vir sy eie sukses. God het Osteen gebless met hierdie mansion in Texas, en ’n private jet, en ’n luxury seiljag. En hoekom nie? Om arm te wees is nie God se wil nie. Ons almal verdien om happy te wees.
Miskien sou Jesus in ’n mansion gebly en die nuwe Porsche Panamera gery het as Hy vandag geleef het. Hoe incredible sou dit nie gewees het nie? Om vir die armes te wys om ’n bietjie te man up en verantwoordelikheid vir hulself te vat.
Die armes moet besef die oplossing lê in hulself. Dit gaan oor the power of positive thinking. Dink positief and take responsibility vir jou actions. Glo in jouself. Dis jou eie skuld as jy arm is. You must see yourself in a prosperous condition. Visualiseer jou sukses. Sit daar in jou shack en sien jouself in ’n mansion bly en met die nuwe Porsche Panamera ry. Just do it. Maar, nee, hulle glo mos hulle is entitled tot als. Dit is hoekom hy so van Donald Trump hou. Trump wil hê almal moet ryk wees. Ander lande se armes moet net nie oor ons grense kom en ons geld en goed kom vat nie.
Dit is al amper weer Desember, en hy en Nita-Mari gaan weer in Europa ski. Wat ’n blessing! Nêrens voel hy nader aan God as op die Alpe se ski slopes saam met sy Investec-pelle nie. Met Ramaphosa wat nou president is, lyk dit in elk geval of die ekonomie weer gaan begin groei.
Dit was ’n tawwe jaar. Hulle moes mense by die werk retrench, maar, thank God, hul syfers lyk nog positief.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.