Soekmekaar. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Soekmekaar - Dana Snyman страница 9

Soekmekaar - Dana Snyman

Скачать книгу

… Het jy jou beker gebring? Gaan kry jy jou beker lat die baas vir jou koffie kan ingooi … Moet ons nie eers ogies toemaak nie, Pappa? Maak gou vir ons ogies toe … Amen … En wat van ’n eier? Kry vir jou ’n eier, Seun. Jou ma is tog so lief vir ’n hardgekookte eier … Sjoe, maar die pad is besig, nè? Waarheen jaag almal? Mensekinders van Korag, maar die mense jaag. Die see sal nie weghardloop nie … Hier’s ’n lappie, Seun. Moenie jou handjies aan jou broek afvee nie, hoor. Hier, gebruik die lappie … Nog ’n broodjie vir jou, Engel? Ek het spesiaal een met grondboontjiebotter en stroop vir jou gemaak … Simon! Waar is Simon nou? Hy moet sy beker bring vir koffie … Wat maak jy nou, Seun? Jy kan mos nie die eier teen jou kop kraak nie, my kind. Nee, man. Help hom ’n bietjie daar, Engel … en gee sommer die fles aan … Simon moet vir hom kom koffie kry … Lyk my nie hy wil by ons sit nie …

      15. Afrikanergeskiedenis 101

      ’n Mens probeer dit maar vir jouself verduidelik. In hierdie post-waarheid tye.

      In die begin was daar Jan van Riebeeck en sy mense wat in die Kaap aangekom het om ’n verversingspos vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie te vestig. In 1652. Toe kom die Franse Hugenote en ander Europese immigrante. Nederlanders. Duitsers. Ook slawe en bannelinge uit die Ooste.

      Later was daar vryburgers, en opstand teen die Kompanjie. Adam Tas. Ook Hendrik Biebouw, wat een Maart-dag in 1707 vir Johannes Starrenburg, die landdros van Stellenbosch, dronkerig uitdaag: “Ik wil niet loopen, ik ben een Africaander, al slaat die landrost mijn dood, of al setten hij mijn in den tronk. Ik sal, nog wil niet swygen.” Die eerste opgetekende geval van ’n Europeër wat homself ’n Afrikaner genoem het. In daardie tyd is dié benaming, Afrikaner, gebruik vir sekere slawe, vry swartes en Khoi-Khoi wat in die Kaap gebore is.

      Intussen het hierdie immigrante, hierdie Europeërs met die bleek vel, ’n nuwe taal beginne praat, ’n heerlike kombuistaal wat moontlik eerste deur die Khoi-Khoi gepraat is wat met die Hollandse seelui in aanraking gekom het. Afrikaans was van die begin af glad nie net wit nie.

      Toe die eerste Britse besetting van die Kaap. 1795. Oorlog aan die oosgrens. Die Slagtersnek-rebellie. Daarna die Groot Trek: Piet Retief, Gerrit Maritz, Louis Trichardt en ander wat die binneland in is met ’n Statebybel in die wakis en die nuwe bastertaal uit die Kaap op die lippe. Bloukrans. Bloedrivier. Sarel Cilliers. Die Gelofte. ’n Volk wat ontstaan – die Afrikaners.

      Later word diamante in die land ontdek. Die Eerste Vryheidsoorlog. Majuba. Daarna die Anglo-Boereoorlog. Kruger, Steyn, Botha, Smuts, De la Rey, De Wet. Die konsentrasiekampe, die lyding, die afgebrande plase, die armoede ná die oorlog. Die armblankevraagstuk. Die stryd om Afrikaans as ’n amptelike taal erken te kry. Langenhoven. MER. Die Eerste Ekonomiese Volkskongres. ’n Volk wat uit die as van armoede opstaan. Die Reddingsdaadbond. Die Broederbond. Sanlam. Volkskas. 1938 se Simboliese Ossewatrek. ’n Gees van nasionalisme wat Die Volk beetpak. Toe 1948: die Nasionale Party wat aan bewind kom. Malan. Strijdom. Bruin mense wat in 1955 van die kieserslys verwyder word – ’n kans vir iets meer oop en wyd daarmee heen. Bram Fischer. Verwoerd. Die Groepsgebiedewet. Gedwonge verskuiwings. Sharpeville. Beyers Naudé. Die digter DJ Opperman wat waarsku: “Die Afrikaner het gebou aan sy eie wêreld, het hom sterk gemaak en in die proses die Engelsman, Kleurling en Bantoe van hom vervreem.” Vorster. Steve Biko. Die Kerkstraatbom. Nog ander ANC-bomme. PW Botha. Sanksies. Townships wat brand. Van Zyl Slabbert. FW de Klerk. Genl. Constand Viljoen. Wittes wat bevrees boeliebief, Toppers en ander voedsel koop en bêre. Eugène Terre’Blanche. Drie AWB-krygers wat doodgeskiet langs ’n poeierblou Mercedes in Bophuthatswana se stof lê en hul makkers wat vlug. Die koms van die nuwe Suid-Afrika. Nelson Mandela. Never again. Aartsbiskop Desmond Tutu. Francois Pienaar op Ellispark: “We did it for forty million South Africans.” Die reënboognasie. Die NP wat die regering van Nasionale Eenheid verlaat. Eugene de Kock, die offerlam van ’n brutale bestel. Die NP word die NNP word die DP word die DA. Die reënboog wat verdof. Misdaad. Wanbestuur. Korrupsie. Marthinus van Schalkwyk word Suid-Afrika se ambassadeur in Australië. ’n Verlore droom.

      En nou, in die jaar van onse Liewenheer 2019, rig soveel Afrikaners hul hoop vir nuwe sekerhede op ’n popsanger wat homself graag ’n Boer noem, en swaar dra aan nostalgie oor ’n vergeefse vroeëre tyd van Afrikaner-oorheersing.

      Hoe de hel het dít gebeur?

      16. Die stem van die volk?

      Steve is al een wat vir ons Afrikaners opkom. Die ou beesblase wat so kritiek hier op Facebook lewer en nie van hom hou nie is rugraatloos en papirds. Kan iemand asseblief Steve Hofmeyr tshirts by die rugby verkoop. Dit sal moers nice wees om al die hemde met Steve se gesig op loftus te sien. Dit het te ver gegaan. Te veel mense het wreed met hul lewe betaal. Go Steve! Het jy meer vertroue in Steve as in God! Ek hou ook baie van hom en love Afrikaans en sy musiek maar rerig. Nee ons vertroue nie meer in Steve maar God het hom vir ons gestuur om ons te help En ons staan net saam Steve en ons is daar om hom by te staan en om te wees ons glo in hom en dat God hom ook sal help om ons te help want ons gaan nou vir God en vir Steve nodig he om ons land te red. Amen! Dit beteken nie hy is so goed net omdat hy die massas se eierstokke so laat ontplof nie. Ek het geen hoop meer nie. Ons moet ons land terugvat. Kan net dink hoe hard die manne en vroue daar by Bloeddrivier geveg het. Jong seuns van 12 wat die geweer moes opneem. Kyk ek om my rond hang hul broeke onder hul anusse en hul kepsies is agterstevoor. Dan dra die helfte van hiri sogenaamde manne nog vroueklere en grimering. Ag behoede ons tog. Waar is die jong manne met durf soos die ouens van die 60s en 70s soos ons hul geken het. Stokoud of dood of landuit. Wie gaan ons nou beskerm. Ry maar daar by Kirlany gardens en De Noon. Daar het derduisende plakkershutte opgespring. Steve wil jy nie jou eie dorp begin nie? Jaaaaaaaa fok asb tog dan maak ons Steve burgermeester. Mense, mede Afrikaners, moet julle sulke kras en lelike taal gebruik, al ooit gedink dat sussie em boetie partykeer met mamma en pappa se selfoon speel em dit alles lees, en al die gekruide tale wat so vrylik gebruik word, laat ons afrikaanse volkie ook nie baie goed lyk nie. Behou deur alles sleg wat gebeur, net bietjie waardigheid. En wys julle is beter as sekeres opgevoed. Ek weet van iemand wat verkrag gemartel keel afgesny is. Haar lugpyp uitgeruk. Waarheen? Dinge vererger by die dag. Wys my watter regerende party in Afrika het ooit ’n ander volk se taal en geskiedenis laat voort leef? Hulle sal nie want hulle wil dit juis uitwis. Hulle soek vergeldin. Hulle haat ons. Ek vertel my kinders waar hulle vandaan kom. Ek sorg dat ons kultuur voort leef in my huis want nie eens in die skool leer my kinders dit nie. Dis ek wat poësie en letterkunde sal laat voort leef. As ons Die Stem en die ou landsvlag moet begrawe, moet hulle ophou om apartheid die skuld vir alles te gee. Ons almal wil eintlik net vrede hê en uitgelos word. Sies vir jou wat jou rug op die moord en marteling van die onskuldige kinders en bejaarde blankes draai. Die begin van die Rebellie is op hande!

      17. Tornado

      Op die muurtjie voor The Evergreen Container in Diazville sit ’n maer man met ’n kaalgeskeerde kop. Ek hou naby hom stil. Ek is op soek na die seuns wat party middae hul vlieërs hier in die oopte die lug in stuur. Ek klim uit die bakkie. Stap nader.

      Maybe hulle is Tabakbaai toe, sê die maer man.

      ’n Meisie kom nader. Sweetpakbroek. Made in China-sloffies. Vat Meneer photos? Sy wys na die kamera wat oor my skouer hang. Hoekom vat Meneer nie ’n photo van hierdie uncle nie? Sy sit haar een hand op die maer man se skouer. Nè, Uncle Henry, wys vir die meneer Uncle se tornado, dan vat hy ’n photo.

      Die maer man glimlag flou. Toe nou, Uncle, wys vir die meneer.

      Die maer man kom van die muurtjie af orent. Sy grys broek se gulp is halfpad oop. Op sy trui is Sea Harvest, die visfabriek hier naby, se wapentjie. Wys hom, Uncle.

      Die maer man gee ’n paar treë vorentoe,

Скачать книгу