Soekmekaar. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Soekmekaar - Dana Snyman страница 7

Soekmekaar - Dana Snyman

Скачать книгу

nie.”

      Seun draf terug kombuis toe.

      “En nou?” Sy ma wys na die rakette.

      “Pa sê daar’s nie plek nie, Ma.”

      “Nonsens! Sê vir jou pa daai goed gaan saam. Finish en klaar.” Op die stoof agter haar kook eiers in ’n pot borrelende water.

      Seun laat kraak die sifdeur weer oop. Sy pa se broek het afgesak, tot waar ’n mens die kloof tussen sy boude kan sien. “Ma sê die rakette moet in, Pa.”

      “Lyk my dis weer een van daai dae,” sê sy pa toe sy ma uit die kombuis roep: “Daai rakette gaan saam, Engel!”

      “Hier’s nie plek nie, Gogga!” roep sy pa terug.

      “Dan sal ek dit maar by my voete hou, my man.” Sy ma kom staan in die agterdeur.

      “Die mandjie met die padkos kom by jou voete, my vrou. En die sak met jou haardroër en krullers. Die rakette was laas jaar ook saam, en ons het nie een keer tennis gespeel nie.”

      “Daai rakette gaan saam, my man. Dis al wat ek sê.”

      “Die rakette bly, my vrou. Ek het klaar gepraat.”

      “Dokter het gesê jy moet oefening kry, my man. Het jy vanoggend al jou bloeddrukpil gedrink?”

      “Ek sal gaan stap.”

      “Stap is nie genoeg nie.”

      “Dan moet jy maar self kom pak, my vrou. Ek weet nou nie meer nie.”

      “Goed, reg, dan los ons dit.” Sy ma kyk na hom. “Bring daai rakette hier, Seun. As jou pa ’n hartaanval kry, is dit sy eie skuld.”

      “Nee, Seun, gee hier.” Sy pa vat die rakette by hom. Sy gesig is rooi. “Jou ma kry altyd haar sin.”

      Hy haal party goed uit die kattebak, pak ander goed anders in, meet en pas, byna asof hy ’n legkaart bou.

      By die kerk slaan die kerkklok ses keer. ’n Rukkie later is die Valiant gepak, die kattebak hang laag oor die agterwiele.

      Seun se ma stap ’n laaste draai deur die huis en kom by die agterdeur uit. Sy pa hang die seilsak vol koue water aan die staalarmpie vooraan die Valiant se stamper. Om die hoek van die huis kom Samuel, wat by hulle in die tuin werk, in sy blou overall gestap met ’n 5 ℓ-oliekannetjie in die hand.

      “Jy moet nou mooi kyk hier vir die baas, Samuel,” sê Seun se pa toe hy hom gewaar. “Ek soek nie die trouble hier as ons terug is nie.”

      “Hy moet die orgideë op die stoep onthou, Engel,” laat hoor Seun se ma van haar.

      “En jy moet hom natgooi die plantjies by die blou pot by die stoep.”

      “Hy kan seker ook maar die geute skoonmaak, Engel.”

      “En jy klim by die dak en haal die dooie blare en goed uit by die geute. En moenie vergeet om die stoeplig by die aand aan te switch nie. Hier loop baie tsotsi’s by die nag.”

      Samuel hou die oliekannetjie na Seun se pa toe uit. “Ek vra julle bring my die water van die see, asseblief, Baas.”

      “Hier is nie plek nie, my jong. Jy sien self. Next time. Oukei? Of dalk ons sal vir jou die bottel van die cooldrink daar anderkant kry en vir jou die water bring. Jy moet nou mooi bly, my jong. Jy weet die baas kyk mooi by jou.”

      Seun skuif op die agtersitplek in wat vol goed gepak is. Toe hulle by die hek uitry, druk sy pa die Valiant se toeter.

      Hulle waai vir Samuel, en Samuel waai vir hulle terug, met die leë oliekannetjie in sy ander hand.

      13. Hulle

      Die eerste van ons bediendes wat ek kan onthou, se naam was Bernard. Hy was ’n Wambo. Dit was op Grootfontein in die ou Suidwes-Afrika, waar ons toe gewoon het. Wat Bernard se van was, weet ek nie. Ek was vier of vyf jaar oud.

      Bernard het in ’n kamer agterin ons erf gewoon en ’n uniform gedra wat Ma seker by Wecke & Voigts vir hom gekoop het: ’n seilerige wit broek en ’n wit baadjie met ’n rooi strepie rondom die kraag.

      “Ou Bernard kan als doen,” het Ma gespog. “Hy kan tot vetkoek bak.” Soms het Ma ook gesê: “Ek gaan lang trane huil die dag as ou Bernard nie meer daar is nie.” Dit was in die jare sestig. Ons het toe nog nie van ’n huishulp of huiswerker gepraat nie. Bernard was ons bediende.

      Ek kan nie onthou of Ma gehuil het toe ons van Grootfontein af Daniëlskuil toe trek en Bernard moes agterlaat nie.

      Op Daniëlskuil het ons eers vir ai Souf gehad. Ai Souf se van kon Cloete gewees het, al kan ek dit nie met sekerheid sê nie. Cloete of Louw. Ma was trots daarop dat ai Souf die telefoon – ons nommer was nommer 5 – kon antwoord. “Nommer vyf, asseblief, Mies,” was elke keer ai Souf se eerste woorde in die telefoon, ongeag wie aan die ander kant was. Pa het gesê ai Souf is ’n Griekwa en hulle is slimmer as die swartes.

      Soms het Ma ai Souf “my ou skepsel” genoem. “Jy moet nou mooi loop, my ou skepsel,” sou Ma smiddae sê voor ai Souf huis toe gaan. “Sien jou môre, my skepsel.”

      Wanneer dit gereën het, het ons ai Souf met die motor tot by die ingang van die lokasie geneem. Ons het nooit in die lokasie gekom nie. Pa het gesê daar lê glasstukke en geroeste spykers in die strate wat die kar se bande stukkend sal steek.

      Later het ai Souf te oud geword om vir ons te werk. Haar bene het ingegee. Sy het so waggel-waggel geloop. Ek weet nie of Pa-hulle haar vir die laaste maand wat sy by ons gewerk het ’n groot bedrag gegee het nie – as afskeidsgeskenk. Daar was toe nog nie iets soos UIF nie. Op ’n dag was ai Souf net nie meer daar nie.

      “Ou ai Souf was nog van die goeie ou soort,” sou Pa en Ma vir altyd daarna sê wanneer hulle oor ai Souf praat.

      Toe was daar ’n ander vrou in ai Souf se plek in die huis. Sanna.

      Sanna het nie van jellie gehou nie. “Jellie bewe te veel,” het sy gesê en voortandloos gelag. Dit is min of meer al wat ek van Sanna onthou.

      Sanna het nie lank by ons gewerk nie. Op ’n dag het Ma vir Pa gesê: “Ek dink ons moet maar vir Sanna laat gaan. My goed raak weg. Ek het laas week ’n pak suiker gekoop en vandag kom sê sy die suiker is klaar. Ek weet nie hoekom is hulle so lief vir suiker nie.”

      Ek het ’n lys probeer maak van al die mense wat oor die jare heen by Ma-hulle – en ook by my – gewerk het op die plekke waar ons gewoon het. Daar is meer as twintig, selfs dertig van hulle – veral as jy die mans byreken wat die tuin help versorg het. By tye was daar drie mense in ons diens: een in die huis, een vir was-en-stryk, en een in die tuin.

      Op Daniëlskuil het Simon in ons tuin gewerk. “My tuinjong”, het Pa hom genoem, hoewel Simon nie slegs tuinwerk gedoen het nie. Hy het die honde en die duiwe elke dag kos gegee, die motor gewas, en die voor- en agterstoep blink gevryf met Cobra-politoer.

      Simon het my leer fietsry deur die fiets regop te hou en agter my aan in die straat af te hardloop terwyl ek trap. Soms het ek by hom in sy kamer agterin ons jaart gekuier. Sy

Скачать книгу