Narkose vir die hart. Helena Hugo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Narkose vir die hart - Helena Hugo страница 4

Narkose vir die hart - Helena Hugo

Скачать книгу

gee jy hom nie ’n kans nie?”

      “Hoekom sê jy nie vir Nico julle huwelik is ’n mislukking nie?”

      “Dit gaan baie beter met ons.”

      Saranie kan dit nouliks glo. Nico het die een buite-egtelike verhouding ná die ander. “Voor die Paasnaweek wou jy van hom skei, hoe kan dit nou beter gaan?”

      Anna kyk af. Toe sy opkyk, lyk sy ernstig.

      “Ons was toe op daai huweliksverrykingskamp wat die berader aanbeveel het, en ons is nie so uniek nie. Ek bedoel, daar was ander paartjies nes ons. Ek kon myself ’n slag sien soos ek is – dominerend, oorheersend, alte slim. Nico het ’n minderwaardigheidskompleks en dis mý skuld – ek’s die dokter, hy die restauranteur wat niks verder as matriek geleer het nie.”

      “Nico doen sy werk goed, sy restaurant is een van die top tien in die stad. Jy werk by ’n staatshospitaal. Hy verdien meer as jy!”

      “Ja, maar ek sê dit nie genoeg nie. Ek verstaan ook nie sy werkure nie, terwyl hy my altyd in ag neem. Ek vertrou hom nie en hy vertrou my, al slaap ek soms snags in dieselfde slaapkwartiere as die mans.”

      “Wie sê so? Hy?” Nico het Saranie al ’n paar keer in ’n hoek probeer vasdruk.

      “Nee, die berader.”

      “Is alles skielik jou skuld?” Nico het haar op ’n tyd aanhoudend gebel en oor Anna gekla.

      “Ons het vraelyste en vorms ingevul, hulle is wetenskaplik uitgewerk. Ek sal jou die vrou se nommer gee.”

      Nico versamel vroue se telefoonnommers asof dit uit die mode gaan, dink Saranie.

      “Ek’s nie getroud nie, Anna, hoe kan sy my help?”

      “Dit gaan oor verhoudings en sy ken haar storie. Niemand kon my en Nico help nie, maar toe ons daai vorms klaar ingevul het, was dit glashelder.”

      “Wat? Die waarheid?” Sy het nog nooit vir Anna vertel hoe Nico haar eendag so te sê onsedelik aangerand het nie. Sy sal ook nie.

      “Dis oulike vorms, jy sien jouself soos jy is.”

      Saranie wonder of daar vorms is vir ongetroude vroue wat aan hul skoolliefdes vasklou. In haar geval is dit nie al nie. Anna weet nie, niemand weet nie. Maar sy is ’n ongetroude vrou wat aan haar skoolliefde vasklou terwyl sy heimlik verlief is op die onbereikbaarste van alle onbereikbares – ’n senior kollega wat moontlik niks met vroue te doen wil hê nie!

      Só pynlik is haar geheim, sy wil nie eens aan sy naam dink as sy in ander se geselskap is nie. In haar kop is hy haar skarlakenliefde, die geheime besoeker wat haar snags in haar drome treiter, soms selfs helder oordag ook. Saranie bloos. Die duiwel gaan haar eendag sover kry om met die hele sak patats uit te kom.

      “Wat sê die berader, wat moet julle doen?” vra sy voor sy vandag van alle dae erken dat haar probleem nog ingewikkelder is as wat dit op die oog af lyk. Én voor sy Anna aan die skouers gryp en skud. Nico is ’n jakkals wat op die oog af mag verander, maar sy streke sal hy nooit laat vaar nie. Die berader behoort dit te kan sien, maar die berader is ’n vrou en Nico is gif.

      “Ons moet oor begin, by die dag toe ons mekaar die eerste keer raakgesien het. Letterlik.”

      Saranie sit ’n hap groente in haar mond. Die man van haar drome het haar nog nooit raakgesien nie. Sy sien hom elke dag asof sy hom die eerste keer sien. Kan Nico oor begin? Met wat? Waar?

      “Toe doen julle dit?” vra sy toe sy klaar gekou en gesluk het.

      Anna kry ’n veraf uitdrukking in haar oë. “Die gesondheidswinkel in die sentrum naby my ou woonstel, ek het nie geweet die plek is nog daar nie. Toe vat ek my mandjie en gaan koop. Eers kon ek nie onthou wat ek gaan soek het nie, tot ek voor die rak staan. Dit was ongeroosterde sonneblomsade. Nico het agter my kom staan en die pakkie van die rak afgehaal. Sy arm het teen my nek geskuur. Dieselfde gevoel van agt jaar gelede was terug, nes die eerste keer dat hy aan my geraak het! Toe betaal hy en neem my uit na ’n eetplek in Sandton waar niemand ons ken nie, en ons praat en ons gaan huis toe en ons … wel, ontdek mekaar weer helder oordag! Deksels, Saranie, hoekom verloor ’n mens so maklik jou verwondering?”

      “Ek weet nie, seker omdat ’n mens so maklik aanbeweeg na die volgende hoogtepunt.”

      In haar hart hoop sy dat Nico dié keer sal bly waar hy veronderstel is om te bly.

      “Dit het niks met die liefde tussen twee mense te doene nie. Getroude pare moet dit koester en beskerm. Liefde is veronderstel om te verinnig en te verdiep, die verwondering mag nie verflou nie,” sê Anna.

      Saranie dink aan haar verlore liefde. Sy dink aan haar geheime hartstog. Sy dink aan Nico en Anna, en sy vat Anna se hand en gee dit ’n drukkie. “Ek’s bly vir jou onthalwe,” sê sy en bedoel dit.

      “Nou moet jy ook trou, Saranie. Jy dink dalk so, maar jy is nie gemaak om alleen te wees nie.”

      Met wie? Haar matriekliefde wat sy van sy vrou sal moet afvry? Die chirurg met die vergeet-my-nie-oë?

      Die een wil niks meer van haar weet nie; die ander een het nog nooit iets geweet nie.

      Kan ’n berader haar help?

      Sy glo nie.

      Gerhard de Lange is ’n moontlikheid.

      Corné is ook nog in die prentjie.

      Hy is juis besig om op hulle af te pyl.

      “Hier kom hy,” sê Anna en knipoog.

      Saranie se moed sak in haar skoene. Corné glimlag nogal mooi. Hy het sy aantreklike oomblikke, maar sy sal gelukkiger wees as hy werk kry in Kanada en uit haar lewe verdwyn.

      “Hy’s jou beste vriend en hy’s nie so onaardig nie,” sê Anna.

      “Jy het nog nie my matriekliefde gesien nie,” sê Saranie en bedoel eintlik haar geheime liefde.

      Anna stoot haar bord eenkant toe en trek die poeding nader. “Jou matriekliefde is getroud met iemand anders, en Corné nie. Jy klou aan ’n droom, Saranie.”

      “Die storie van my lewe.” Uit voor sy nagedink het!

      Maar Anna hoor nie, sy raak besig met haar poeding. Sy is mal oor gebakte vrugtepoeding en dun vla, al is Nico se Griekse restaurant bekend vir die beste baklava in die stad. Corné moet nog net by twee leë tafeltjies verby voor hy by hulle is en dalk het Anna besluit om eerder Saranie se laaste aanmerking te ignoreer.

      Saranie pak borde opmekaar en maak gedweë vir Corné plek.

      “Goeiemiddag, mooi meisies. En hoe was jou naweek, Saranie? Goed genoeg?”

      Hy plak sy skinkbord neer. Die sop klots oor die bakkie se rand en maak ’n plas. Daar is spatsels op sy wit jas. Toe hy oorbuk om Saranie te soengroet, sleep sy mou deur die sop. Anna kry ook ’n piksoentjie op die wang.

      Saranie het aan die begin gedink hy is gay, want hy giggel en skinder en soen graag al wat ’n vrou is en dan raak hy erg onhandig en selfbewus. Sy het

Скачать книгу