Narkose vir die hart. Helena Hugo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Narkose vir die hart - Helena Hugo страница 5

Narkose vir die hart - Helena Hugo

Скачать книгу

sy wil vir hulle gaan koffie haal.

      “Lekker getrou?”

      “Lekker gekyk hoe my kleinnefie trou.”

      Corné breek sy broodrolletjie oop. “Ek’t jou gebel, het jy nie my missed calls opgetel nie?”

      “Die ontvangs is so sleg, ek’t my foon afgesit. Ek het jou laat weet dat ek veilig aangekom het, het jy dit gekry?”

      “Ja. Maar toe jy terug is, toe sit jy nog steeds nie jou foon aan nie.”

      “Corné, ek was gedaan, ek moes slaap, kan jy verstaan?” sê sy skerp en kyk dan weg van die verwarring in sy oë.

      Hoekom moet sy haar aan sy ondervraging onderwerp? Sy is nie aan hom verbind nie, ver van. Maar net voor sy verskoning wil vra omdat sy ongeduldig is, glimlag hy weer.

      “Ek’t so afgelei,” gee hy toe. “Hoe gaan dit met jou mense?”

      “Goed.”

      “Hoe was die troue?”

      Hy smeer sy broodrolletjie. Wag vir haar om nog iets te sê. Sy bly moedswillig stil.

      “En die troue?” herhaal hy.

      “Die bruidspaar is blote kinders,” sê sy tentatief.

      “Hoe meen jy?”

      “Sy’t verlede jaar matriek geskryf, hy is twintig.”

      “Romeo en Juliet, hm?”

      “Sy’s swanger.”

      “Haai, siestog!”

      “Ja, dit gebeur in die beste families.”

      Saranie vou haar servet op. Dis ’n toegif vir hom, ’n stukkie skindernuus – die gewone familieskande. Maar nou het sy genoeg gesê. Sy kyk op haar horlosie. Anna moet kom met die koffie, sy moet nog haar pasiënte gaan sien, pynstillers voorskryf waar nodig, die hand vol morfienampules in haar jassak by die narkosesuster gaan ingee.

      “Hoe was jou spoed?” veins sy belangstelling in Corné se doen en late.

      “Vrydag was toe nie so dol nie. Ek’t amper Saterdag in die kar geklim en julle plaas gaan soek, maar toe dag ek nee, ek’s nie genooi nie en Sondag werk ek twee-agt, Maandag sewe-vier. Dit was nie een van my beste Paasnaweke nie.”

      “Myne ook,” troos Saranie en dink aan Sondagaand toe Gerhard tot ná middernag gekuier het. Sy het voor die televisie aan die slaap geraak en toe sy wakker word, lê sy in sy arms met sy mond baie na aan hare.

      “Jy is wraggies mooi vir ’n dokter,” het hy gesê en sy oë het geel gegloei in die lig wat van die televisieskerm af weerkaats het. Die oë van ’n leeu.

      Vir ’n breukdeel van ’n sekonde het sy gedink hy is meer as aanvaarbaar en ’n soen sou nie sleg wees nie, sy is lanklaas behoorlik gesoen. Haar oë het toegegaan, sy kon sy asem op haar voorkop voel, stomend warm. Sy lippe het liggies oor hare geskuur. “Saranie, kan ek my kaggel vir jou wys?” het hy gefluister.

      Hy moes dit nie so gestel het nie, want dit het haar tot haar sinne gebring.

      Sy het haar uit sy omhelsing losgewring. “Ek’s jammer, Gerhard, ek’t ’n goeie vriend, Corné kon nie die naweek saamkom nie, maar ons staan op trou.” O, die leuens wat sy moes vertel!

      Hy het teen die bank se rugleuning teruggesak. “Dis nie wat oom Jan my laat verstaan het nie.”

      “Dis ’n geheim, belowe my jy sal niemand vertel nie?”

      “Wat maak dit saak as hulle weet?”

      “Ons hou dit vir ’n verrassing.”

      “Wel, ek het mý verrassing weg, dokter Du Plessis.”

      Hy het opgestaan, stukkies springmielies en paaseierpapiertjies van sy broek afgestof, die TV afgesit en sy video’s begin bymekaarmaak. “Verdomp van my beste biltonge opgekerf, fillets,” het hy gebrom.

      En net omdat hy so ongepoets suinig was, het Saranie besluit om volgende keer tog iemand saam te neem plaas toe, iemand soos Corné. Hy is op slot van sake haar beste vriend. Sy wens net hy wil ophou om haar met sulke sieklike leepoë aan te staar.

      “Jy’t belowe om my saam te vat.”

      Lees hy gedagtes?

      “As ek ooit weer eendag gaan.”

      “Dag jy’s so familievas?”

      “Ek is, maar hulle maak dit vir my moeilik.”

      “Hoekom?”

      “Soek alewig vir my man.”

      “Neem my saam, dan wys jy hulle.”

      “Wys ek hulle wat?”

      Asof sy nie weet wat hy bedoel nie.

      Hy bondel sy papierservet in die sopbord. Die frommels vou oop soos die tentakels van ’n vreemde gogga. Hy kyk nie op nie. “Dat jy self kan kies.”

      “Jy is my beste vriend,” sê sy en sy bedoel dit. “Hulle weet, ek’t hulle gesê.”

      Toe kyk hy op, sy oë effens mistig. “Dis die beste kompliment wat ek in jare gekry het.” Sy uitdrukking raak mismoedig. “As ek jou net kan glo, Saranie.”

      Sy voel laer as seeskuim. Sy sukkel al byna twee jaar lank om hom op ’n afstand te hou. Sy weet hy is dolverlief op haar, maar sy kan nie reguit vir hom nee sê nie. Daarvoor is sy vriendskap vir haar eenvoudig te veel werd.

      Gelukkig hoef sy nie nou op sy beskuldiging te reageer nie. Anna sit die skinkbord met drie koppies koffie op die tafel neer en Saranie hoef niks verder oor die naweek uit te wei nie. Hulle praat oor die oggend se pasiënte en operasies, en waag selfs ’n aanmerking of twee oor Glenda Olckers wat te min respek vir haar hospitaalpasiënte het.

      “Ek weet nie hoekom sy nog hier kom werk nie, haar praktyk in Brooklyn floreer.”

      “Kastig om ’n bydrae te lewer,” sê Saranie.

      “Nee, julle meisies, julle het dit mis. Dis om die halsbandjie,” sê Corné geheimsinnig en grawe in sy sakke na die botteltjie pille wat hy altyd saamdra.

      “Watter een nou?” vra Anna.

      “Die Walskoning, wie anders?” grinnik hy.

      Anna se oë rek. “Franz Strauss? Nooit!”

      Corné skud ’n pilletjie uit en sit dit onder sy tong. Hy sluit sy oë en knik dramaties.

      Dit voel of Saranie wil flou word en doodgaan. Dis asof hy ’n vurk in haar ingewande gesteek het en haar belangrikste organe daarmee uithark. Glenda Olckers is bekend daarvoor dat sy mans om haar pinkie draai.

      Anna sit regop. “Hóm kan

Скачать книгу