Katalekte. Breyten Breytenbach
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Katalekte - Breyten Breytenbach страница 7
roep my mens se tong het verantwoordelikhede
immers so baie om nog te sien en kwyt te raak
in blink skemering oor die stowwerige
venster na buite lees ek sy spottende grynslag
gespieël in droefheid
durf ek nie kyk na sy stukkende gesig nie:
maar ek kom terug dit belowe ek jou
o hopelose soeke o angsklop van die hart
o verwarde drome o die skrywes en geskilder
is (ek is seker)
om die dood te beteken om die dood te verhaal
om ’n onsigbare voël te word
“… secrete the paintings to put a term
to the void outside the window
entirely in the day
birds are going to the emptiness of trees
clouds sift light shift the eye …”
dit het jy gesien
die ou dame in die bakkery op die hoek
met drie bottels rooiwyn in die drasak
wat sy met onhandige kneukelhande hanteer
en hoe sy merci mille fois sê
gee ons vandag ons daaglikse brood
en iets hoër straatop in die rue Mouffetard
die dojo vir sit op die knieë
met die anus ten hemel
en die voorprewelaar se sokkies het gestink
want waar sal ons hulp vandaan kom
en die laaste strale van die dag
val skuins deur die duikweg van rue Jean Calvin
waar twee sangeresse op rym van die klankdoos
se klavierakkoorde
eers Carmen en dan ’n Schubert-lied oefen
die krulkop-voordanser is onbestendig op haar voete
die jonger een in swart se hare is kort
en lei ons nie in versoeking nie
hoekom hiér?
“omdat ons die son se laaste strale vang”
dit was vyf-en-twintig oor sewe
en toe die bejaarde heer verewig
en ewig amen
in die dalende son se stralekrans
hoe hy staan en bewe oor sy kierie
hoe absoluut honger sy oë die danser se ritme
vas probeer vang
hoe hy huil
en hoe sy weier om enige geld uit sy hand te ontvang
’n lewe verjaar
die lewe is heerlik, heerlik, heerlik:
die hart brand soet en seer
in die tongverewiging van drome
waar die wolke bly
en so stil soos ’n oog
rook daardie hart
gevou in ewige beweging
verder as geheue se weggange
wat nie weerklink
is geen liefde nie –
in die uitspansel van jou hand
word nagmusiek uitgemeet
soos ’n blou planeet
en wie ken die vreemdeling se land?
wie sing ooit die wegvlieglied
soos die lewe van vlindervlerke
wanneer verbeelding se lettergrepe
nog bewe in die vingers?
wat vertel die vlees se vokale
van die huweliksoptog
ingeskeep in die gedig?
wie sal met ons praat
van die fees van verloorders?
ons is die vlam wat verborge patrone
van die liefde verviervoud
en met die jare plooi ons
die vel van die aarde
ingeskerp in kwartiere van sien
is die klip se gesig
die klank van donkerte
om ’n maan te onthou
agter die berg
die ontbinding van herinnerde drome
in tuimelende binding
bou die lig
tussen water en wind:
die wolke sal bly
“uiterste helderheid is ’n misterie”
27 Maart 2011, Clifton
die oene-gedig
hoeveel seisoene het ons saam gereis
twee brokke behoeftige syn
op hierdie wentelende planeet
wat net ’n dag en ’n nag lank is
hoeveel pare skoene het ons uitgetrap
deur stof van woestyne