Geloof sonder sekerhede. Anton van Niekerk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Geloof sonder sekerhede - Anton van Niekerk страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Geloof sonder sekerhede - Anton van Niekerk

Скачать книгу

en wat ook onmoontlik geword het om ernstig op te neem. Een daarvan is die sondeleer, en by name die leer van die sogenaamde “erfsonde”. Die afwysing van die idee dat Adam en Eva historiese mense was, werp reeds as sodanig ’n skadu oor die idee dat iets wat deur hulle aangevang is ’n permanente, rampspoedige gevolg vir alle lede van die menslike geslag sou hê. Wat moet ons as moderne mense daarby sê van die moraliteit van ’n God wat biljoene toekomstige geslagte van mense – ook terwyl hulle nog redelose suigelinge is – beskou as toerekeningsvatbaar en “strafbaar” vir die sonde van die eerste mens? Kan dit wees dat ons almal onder die swaard leef van so ’n metafisiese noodlot? En wat, verder, van diegene wat buite die Christelike tradisie gebore word en (soms) nooit in die geleentheid gestel is/word om iets van die Christelike boodskap te verneem nie? Is hulle vir ewig verdoem? Kan ons ’n God ernstig opneem in wie se morele skema so iets geregverdig sou wees?

      Wat toenemend duidelik word, en treffend toegelig word in navorsing soos dié van Charles Freeman,3 is dat tradisioneel kerklike leerstellings soos dié van die “erfsonde” en die “maagdelike geboorte van Christus” nie anders verstaan kan word as teen die agtergrond van die sosiaal-kulturele en historiese omstandighede waaronder hulle ontstaan het en vir die eerste keer in kerklike belydenisskrifte opgeneem is nie.

      Boonop is dit redelik duidelik dat invloedryke opvattings oor of interpretasies van sowel die erfsondeleer as die leer oor die maagdelike geboorte van Christus klaarblyklik dateer uit ’n tyd toe daar besonder negatief geoordeel is oor die waarde van menslike seksualiteit. Invloedryke figure in die vroeë kerk, byvoorbeeld Tertullianus, Hieronymus en Ambrosius, het ’n beslissende invloed op hierdie ontwikkeling gehad. Tertullianus skryf byvoorbeeld:

      Die huwelik en hoerery verskil slegs omdat wette dit so laat lyk; hulle is egter nie intrinsiek verskillend van mekaar nie – slegs in hul graad van illegitimiteit.

      Die kerkvader Augustinus – vir wie se werk ek, soos vroeër gesê, groot waardering het en wat een van die invloedrykste denkers van alle tye was – was self onversetlik in sy ontkenning van die waarde van seksualiteit. Volgens Augustinus word die erfsonde letterlik met elke seksdaad van geslag tot geslag oorgedra. In sy boek haal Freeman die volgende passasie aan uit die werk van Julianus van Eclanum, wat tot ballingskap verdoem is weens sy steun vir Pelagius in die dispuut tussen Augustinus en Pelagius oor die erfsonde:

      Jy (Augustinus) sê dat babas die las dra van ’n ander se sonde, nie hul eie nie … Verduidelik dan vir my wie is hierdie persoon wat onskuldiges wil straf. Jy antwoord: “Dit is God” … dieselfde God wat ons liefhet, so lief dat Hy sy eniggebore Seun vir ons gegee het – Hý straf ons op hierdie wyse; Hy vervolg pasgebore kinders, Hy werp suigelinge in die ewige vlamme vanweë hul slegte wil, juis wanneer Hy weet dat hulle nog geen wil (goed of sleg) gevorm het of kon vorm nie … (Augustinus), met jou kan ’n mens skaars redeneer; jy is benede argumentasie. Jy het so ver weg beweeg van godsdienstige gevoel, van beskaafde standaarde, van ’n algemene gesonde oordeel dat jy werklik dink jou Here is in staat tot misdade wat ’n mens nie eens aantref onder barbaarse stamme nie.4

      By al my bewondering vir ander aspekte van Augustinus se werk kan ek nie anders as om op hierdie punt met Julianus saam te stem nie. Hoe sou ’n mens die God van die Bybel, die God van liefde, kon rym met so ’n erfsondeleer?

      Daarby kom die leerstelling dat Maria ’n maagd was toe Jesus gebore is. Dis vir moderne mense gewoon onverstaanbaar waarom ’n letterlike opvatting van hierdie leerstelling nog vir die kerk belangrik sou wees – tensy ’n mens maagdelikheid (en dus seksuele onthouding, selfs binne die huwelik, soos inderdaad dikwels deur die kerkvaders gepropageer is) van groter morele waarde beskou as deelname aan seksuele aktiwiteit. Wie kan dit vandag nog ernstig opneem? Dat maagdelikheid as sodanig geen besondere waarde het nie, beteken natuurlik nie dat ’n mens daarom promiskuïteit of seksuele losbandigheid wil propageer nie; ver daarvandaan. Daar bestaan by my geen twyfel nie dat die moraliteit van permanente, geslote seksuele verhoudings, verkieslik binne die kader van die monogame huwelik,5 baie beter verantwoord kan word as enige vorm van promiskuïteit. Dat maagdelikheid so hoog aangeslaan word in die kerklike belydenis is egter klaarblyklik een van die verleentheidskeppende reste uit ’n vervloë tyd en kultuur wat vir moderne mense vreemd en onverstaanbaar is. Só ’n siening kan histories teruggevoer word na verskillende invloede, waarvan die belangrikste waarskynlik die antieke filosoof Plato se geringskatting is van die waarde of belang van liggaamlikheid in sy metafisiese werklikheidsbeeld.

      Dat ek krities is oor die kerklike leer oor die “erfsonde” en die “maagdelike geboorte van Christus” beteken natuurlik nie dat ek die baba met die badwater wil weggooi nie. Natuurlik glo ook ek dat ons almal sondige mense is en dat ons ten gronde gaan sonder die genade van God, soos geopenbaar in Christus. Maar dan is ons sondig omdat ons moreel skuldig is aan die dinge wat ons hier en nou elke dag verkeerd doen, en nie omdat ons draers is van ’n metafisiese smet wat opgedoen is deur ons “oerouers” en wat sedertdien onveranderlik en verdoemend deur elke gebore mens op sy/haar nageslag oorgedra word nie. Om hierdie interpretasie van die leer van die erfsonde te verwerp beteken allermins dat ’n mens beweer jy of enigiemand anders is sonder sonde of skuld. Ons is elke dag die getuies van “man’s inhumanity to man” (and to nature); ons is almal, sonder uitsondering, ook daaraan aandadig. Daarom het ons God se verlossende genadewerk in Christus ook so broodnodig.

      Die erfsonde kan natuurlik teologies op ander (en beter) gronde verdedig word as met ’n beroep op die voortwerking van ’n “metafisiese smet” wat sedert Adam vanself aan alle mense kleef. ’n Goeie argument ter ondersteuning van die erfsonde is dat dit die kerk se manier was om, op grond van sowel die daaglikse ervaring as die skynbare getuienis van sekere Skrif-gedeeltes (veral Rom 5), iets te probeer verduidelik van die algemeenheid, verbreiding, oormag en skynbare onontkombaarheid van die menslike neiging tot die kwaad. Niemand kan ontken – en ek ontken dit self nie – dat die kwaad meermale lyk na iets wat sy tentakels ingeslaan het in alle aspekte van die lewe en dat dit soms, veral in gebeure soos die Holocaust,6 die indruk skep dat dit ’n skrikwekkende, vanselfwerkende, destruktiewe mag geword het wat ’n eie momentum ontwikkel en die menslike vermoë om ten goede in te gryp, as ’t ware oorwoeker en selfs uitskakel. Dit sou dan wees hoe begrippe soos “erfskuld” en “erfsmet” by Augustinus ontstaan het, asook die idee van die “totale verdorwenheid van die menslike natuur” by die Hervormers.

      Hoewel laasgenoemde ’n baie beter argument ten gunste van die idee van die “erfsonde” is, oortuig dit my steeds nie. Wat my veral skepties daaroor stem, is dat ’n argument soos hierdie die indruk wek dat dit ons as mense se verantwoordelikheid vir die kwaad implisiet of eksplisiet ontken. Die oomblik wanneer morele kwaad7 iets word wat “vanself werk”, sodat ons nie anders kan nie as om te beweer: “Ek/ons kan niks daaromtrent doen nie,” verskuif ons die blaam wat óns regtens toekom van onsself weg na die duiwel of na Adam of na wie ook al, in plaas daarvan om self verantwoordelikheid te aanvaar vir die lyding en swaarkry waaraan ons hier en nou medeaandadig is – hetsy deur wat ons doen of nalaat.

      Die massauitwissing van Jode deur die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog (die Holocaust) is ’n tersaaklike voorbeeld. Ek sal in hoofstuk 6 daarop wys hoe die verskynsel van die Holocaust die probleem van die verhouding tussen God en lyding meer as ooit in die verlede geproblematiseer het. Die feit bly egter dat die Holocaust, by al die verskrikking daarvan, ’n voorkombare gebeurtenis was – indien mense meer moreel sou opgetree het. Dit was mense wat vir die Holocaust verantwoordelik was. Ek vind dit totaal ongeloofwaardig om iets soos dié katastrofe te beskou as bloot die resultaat van die ongebreidelde voortwoekering van ’n gebeurtenis (die “erfsonde”) wat in ’n vervloë, mitiese tyd gebeur het en eintlik teruggaan op Satan self (sien my bespreking van die Augustiniaanse teodisee in hoofstuk 6). Dit was Hitler en sy trawante wat verantwoordelik was vir die Holocaust; nie die duiwel of Adam of Eva of wie ook al anders nie.8

      Die verlossing in Christus word op geen manier afgewater as ons verantwoordelikheid en medeaandadigheid aan die sonde aanvaar en, op grond van Christus se verlossingswerk, betrokke raak by die totstandkoming van ’n

Скачать книгу