Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes. Hilda Lategan
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Hilda Lategan страница 12
Afkortings
ADSA | Association for Dietetics in South Africa |
°C | grade Celsius (metrieke eenheid vir temperatuur) |
CHO | koolhidraat |
chol | cholesterol |
g | gram (eenheid vir gewig) |
GI | glukemiese indeks |
HDL | hoëdigtheidslipoproteïen (die “goeie” cholesteroldraer, maak die are skoon) |
kg | kilogram (metrieke eenheid vir gewig) |
kJ | kilojoule (metrieke energie-eenheid) |
LDL | laedigtheidslipoproteïen (die “slegte” cholesteroldraer, laat die are aanpak) |
med | medium |
mg | milligram (metrieke eenheid vir gewig) |
ml | milliliter (metrieke eenheid vir volume) |
mm | millimeter (metrieke eenheid vir afstand) |
MOVS | mono-onversadigde vetsuur |
POVS | poli-onversadigde vetsuur |
SEMDSA | Society for Endocrinology, Metabolism and Diabetes in South Africa |
VV | Versadigde vette |
Ontbytgeregte en drankies
Ontbyt is ’n baie belangrike maaltyd, want dit bepaal dikwels hoe goed jy jou bloedglukose vir die res van die dag gaan beheer. As jy ’n gesonde ontbyt eet, sal jy waarskynlik teen tienuur nie so rasend honger wees nie en agterkom dat selfs jou konsentrasievermoë en energievlakke gedurende die oggend beter is.
Ontbyt kan bestaan uit ’n veselryke ontbytgraankos of gekookte pap met melk en ’n vrugteporsie, of jy kan ’n toebroodjie of roosterbrood met ’n proteïengereg soos eier, kaas of gebakte bone in tamatiesous geniet.
’n Tuisgemaakte muffin met ’n vars vrug en ’n bakkie jogurt bied ’n maklike en smaaklike oplossing vir ’n ontbyt wat ingepak word of in die verbygaan geëet word.
Jy kan ook ’n smaaklike ontbytdrankie berei van die bestanddele wat gewoonlik deel van jou ontbyt is, soos ontbytgraan, melk en vrugte.
Ontbytgeregte
Maltabellapap met Milo
Lewer 2 porsies
VOEDINGSTOFANALISE PER PORSIE (± 125 ml): | ||||
334 kJ | 12,7 g CHO | 3,9 g proteïen | 1,1 g vet | 0,4 g MOVS |
0,3 g POVS | 0,4 g VV | 1,6 g vesel | GI is laag (59). | |
Een porsie is gelykstaande aan: 1 stysel. |
60 ml maltabellameel
15 ml hawersemels (oat bran)
10 ml Milo
125 ml vetvrye melk
125 ml kookwater
1.In die mikrogolf: Meng die maltabellameel, semels, Milo en ’n bietjie van die melk tot ’n gladde pasta. Roer die oorblywende melk en kookwater by. Mikrogolf vir 5 minute teen 100% (hoë) krag. Roer ná 2 minute elke minuut met ’n ballonklitser om klontvorming te voorkom.
2.Op die stoof: Maak die maltabellapasta soos in stap 1. Verhit die oorblywende melk en kookwater in ’n swaarboomkastrol tot kookpunt. Roer die pasta by en laat vir 5 tot 8 minute oor lae hitte prut tot dik en gaar. Roer af en toe om klontvorming en aanbranding te voorkom.
KAN EK DIT BÊRE?
Ja, die pap kan vir 24 uur verkoel word.
SPYSKAART-IDEE
125 ml maltabellapap met Milo
125 ml vetvrye melk
Hierdie kombinasie verlaag die GI tot 54.
VOORSTELLE OM DIE GI VAN DIE PAP TE VERLAAG
Wanneer maltabellapap gewoon met water gaargemaak word, het dit ’n hoë GI, terwyl “suurpap” ’n ietwat laer GI het. Suurpap word verkry wanneer maltabella of gemaalde sorghum volgens ’n tradisionele metode gefermenteer of aangesuur word, maar is nie vir alle Suid-Afrikaners ’n bekende gereg nie. Maltabella met Milo se GI is aansienlik verlaag deur die byvoeging van hawersemels en melk.
Mieliemelkpap
Lewer 2 porsies
VOEDINGSTOFANALISE PER PORSIE (± 125 ml) | ||||
358 kJ | 14,4 g CHO | 3,5 g proteïen | 0,9 g vet | 0,3 g MOVS |
0,3 g POVS | 0,3 g VV | 1,1 g vesel | GI is laag (60). | |
Een porsie is gelykstaande aan: 1 stysel + 60 ml vetvrye melk. |
45 ml mieliemeel
10 ml hawersemels (oat bran)
’n knypie sout (opsioneel)
100 ml vetvrye melk
150 ml kookwater
1.In die mikrogolf: Meng die mieliemeel, semels, sout (indien gebruik), melk en kookwater tot glad. Mikrogolf vir 5 tot 7 minute teen 50% (medium-laag) krag. Roer ná 3 minute elke minuut.
2.Op die stoof: Meng die mieliemeel, semels, sout (indien gebruik) en van die melk tot glad. Verhit die res van die melk en water in ’n swaarboomkastrol tot kookpunt en roer die mieliemeelmengsel by. Laat vir 7 tot 10 minute oor lae hitte prut tot dik en gaar. Roer af en toe om klontvorming en aanbranding te voorkom.
KAN EK DIT BÊRE?
Ja, die pap kan vir 24 uur verkoel word.
SPYSKAART-IDEE
125 ml mieliemelkpap
125 ml vetvrye melk
Hierdie kombinasie verlaag die GI tot 55.
VOORSTELLE OM DIE GI VAN MIELIEPAP TE VERLAAG
Wanneer mieliepap gewoon met water gaargemaak word, het dit ’n hoë GI, maar die GI verlaag namate die mieliepap afkoel. Jy kan die pap weer opwarm voordat jy dit eet of andersins die koue pap met warm melk eet.
Hawermoutpap met appel en kaneel
Lewer 2 porsies
VOEDINGSTOFANALISE PER PORSIE (± 125 ml): | ||||
528 kJ | 18,9 g CHO | 3,1 g proteïen | 2,7 g vet | 0,2 g MOVS |
0,2 g POVS | 2,3 g VV | 3,1 g vesel | GI is laag (57). | |
Een porsie is gelykstaande aan: 1 stysel + 1/2 klein vrug + 1/2 vet. |
60 ml rou hawermout
10 ml hawersemels (oat bran)
’n knypie sout (opsioneel)
180 ml kookwater
60 ml KOO-appelsous
fyn kaneel na smaak
1.In die mikrogolf: Meng die hawermout,