SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan страница 11
Warmsjokoladedrankie
LEWER 2 PORSIES
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | (•) | (•) | (•) | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml): | |||
611 kJ | 17,0 g CHO | 7,5 g proteïen | 4,9 g vet |
1,5 g MOVS | 0,2 g POVS | 3,2 g VV | 0,6 g vesel |
20 ml kakaopoeier
10 ml mielieblom
10 ml suiker (opsioneel, kan vervang word deur versoeter van jou keuse)
100 ml water
400 ml laevetmelk
vanieljegeursel na smaak (opsioneel, kan tartrasien en/of karamel bevat)
1.Meng die kakaopoeier, mielieblom en suiker of versoeter saam tot glad. Voeg ’n bietjie van die water by en meng tot ’n gladde pasta. Roer die oorblywende water by en mikrogolf vir 1-2 minute op mediumhoog (70% krag) totdat die mengsel kook en verdik. Roer tussenin sodat die mengsel egalig verdik.
2.Roer die melk by die warmsjokolademengsel. Mikrogolf dit weer vir 1-2 minute op medium-hoog (70% krag) totdat die drankie stomend warm is. Roer die geursel by die sjokolade-mengsel, indien jy dit gebruik, en klits tot skuimerig. Sit die drankie stomend warm voor.
Kan ek dit bêre?
Die drankie behoort gedrink te word terwyl dit nog warm is.
VOORSTELLE EN VARIASIES•Voeg 10 ml kitskoffiepoeier in stap 1 by vir ’n mokka-drankie.•Vervang die melk deur verminderdevet-klappermelk, dan is die drankie melk- en laktosevry.•Vervang die melk deur sojamelk, dan is die drankie melk- en laktosevry maar nie sojavry nie. |
Nartjiestroop
LEWER 800 ML KONSENTRAAT
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 50 ml konsentraat): | |||
390 kJ | 21,6 g CHO | 0,3 g proteïen | 0,0 g vet |
0,0 g MOVS | 0,0 g POVS | 0,0 g VV | 1,0 g vesel |
500 ml varsuitgedrukte nartjiesap
300 g suiker
1.Plaas die nartjiesap en suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Verhit die stroop tot kookpunt, maar moenie verder kook nie. Verwyder van die hitte.
2.Giet die warm stroop in gesteriliseerde glasbottels, verseël en laat afkoel. Bêre die nartjie-stroop in die yskas.
3.Meng 50 ml konsentraat met 150 ml yskoue water.
Kan ek dit bêre?
Die konsentraat kan vir twee maande verkoel word.
VOORSTELLE EN VARIASIES•Lemoenstroop: Vervang die nartjiesap deur lemoensap.•Pomelostroop: Vervang die nartjiesap deur pomelosap. Voeg nog 100 g suiker by indien nodig. |
Limonade
LEWER 1,5 LITER KONSENTRAAT
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 50 ml konsentraat): | |||
154 kJ | 9,0 g CHO | 0,0 g proteïen | 0,0 g vet |
0,0 g MOVS | 0,0 g POVS | 0,0 g VV | 0,0 g vesel |
½ suurlemoen se skil (± 15 g)
250 g suiker
1 liter water
250 ml vars suurlemoensap
1.Sny die skil van die suurlemoen baie dun af.
2.Plaas die suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Voeg die suurlemoenskil by, verhit tot kookpunt en laat prut vir 3 minute. Verwyder die skil en roer die suurlemoensap by. Giet die warm limonade in gesteriliseerde glasbottels, verseël en hou verkoel.
3.Meng 50 ml konsentraat met 150 ml yskoue water.
Kan ek dit bêre?
Die konsentraat kan vir twee maande verkoel word.
Ystee met vrugtesap
LEWER 2 LITER
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml): | |||
291 kJ | 16,9 g CHO | 0,1 g proteïen | 0,0 g vet |
0,0 g MOVS | 0,0 g POVS | 0,0 g VV | 0,1 g vesel |
2 rooibosteesakkies
1 gewone of Earl Grey-teesakkie
1 liter kookwater
1 liter LiquiFruit- of Ceres-vrugtesap, bv. appelsap
300 g suiker
1.Plaas die teesakkies in ’n geskikte houer, giet die kookwater oor en laat trek totdat die tee koud is. Verwyder die teesakkies.
2.Roer die vrugtesap by die koue tee en verkoel tot yskoud.
3.Sit die ystee onverdun voor saam met ys.
Kan ek dit bêre?
Die ystee kan vir vyf dae verkoel word.
Kamilletee met vrugtesap
LEWER 750 ML
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml): | |||
187 kJ | 10,6 g CHO | 0,2 g proteïen | 0,0 g vet |
0,0 g MOVS | 0,0 g POVS | 0,0 g VV | 0,1 g vesel |
2 kamille-teesakkies
2 heel naeltjies
500 ml kookwater
125 ml vars lemoensap of onversoete appelsap
125 ml onversoete appelsap, bv. LiquiFruit of Ceres
1.Plaas