SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan страница 7

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan

Скачать книгу

roomkaas•Melkpoedings, vlasous•Roomys, sorbet•Witsous•Soufflé, mousse•Botter met melkvastestowwe•Deegmengsels•Koek, koekies, tert, brood•Geprosesseerde vleis•Pakkies soppoeier•Kitsontbytgrane•Kitskapokaartappel-mengselsSojaSoya flavouring, soya flour, soya beans, soya milk, soya sauce, soya lecithin, soya sprouts, soya bean curd, tofu, soya-based margarines, dehydrated or hydrolised vegetable proteinProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir soja•Sojamelk•Sojamelkprodukte, bv. roomys, sorbet, sojajogurt, tofu•Geprosesseerde vleis, wors, worsies•Sojakrummels, sojablokkies, sojabone•Sojasous•Donkersjokolade•Deegmengsels•Koek, koekies, brood•Chinese voedsel•Teriyaki-sous•Spekvleis, ham•Patee•Geprosesseerde vleis, wors, worsies•Vegetariese voedsel•Melksjokolade

      Hoe om die resepte in hierdie boek te verstaan en gebruik

      1.By elke hoofstuk is daar ’n afsonderlike reseptelys met ’n aanduiding van watter van die agt bestanddele die resep “vry van” is.

      Voorbeeld 1: Proteïengeregte vir ligte en hoofmaaltye

Naam van geregVry van:K = Koring; G = Gluten; Mi = Mielies; E = Eier; Me = Melk; L = Laktose; So = Soja; K+P = Kleur- en preserveermiddels
KGMiEMeLSoK+P
Pangeroosterde vis
Oondgebakte witvis
Gebakte tunagereg(•)(•)(•)

      •Indien ons na Oondgebakte witvis kyk, dan is die gereg vry van koring, gluten, eier, soja en kleur- en preserveermiddels.

      •By Gebakte tunagereg is daar hakies (l) by melk, laktose en soja. As die melk in die resep deur sojamelk vervang word, is die gereg melk- en laktosevry, maar nie sojavry nie.

      2.By elke resep word die inligting van die “vry van” ook verskaf.

      Voorbeeld 2: Gebakte tunagereg

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
(•)(•)(•)

      3.Aan die einde van die resep sal die vervangings bespreek word, byvoorbeeld:

VOORSTELLE EN VARIASIES•Vervang die melk deur sojamelk, dan is die gereg melk- en laktosevry maar nie sojavry nie. Gebruik laktosevrye melk (soos Parmalat Easy Gest), dan is die gereg laktosevry maar nie melkvry nie.•Crosse & Blackwell Trim-laeolieslaaisous is melk- en eiervry, maar bevat mieliestysel as stabiliseerder. Dit bevat kaliumsorbaat as preserveermiddel, wat meestal nie ’n allergiese reaksie veroorsaak nie.

      Wenke om jou maaltydplan meer prakties te maak

      •Beplan ’n spyskaart vir elke dag van die week om voedselaankope en -bereiding te vergemaklik. Beplan die spyskaart só dat die geregte sover moontlik vir die hele gesin geskik is en slegs geringe wysigings vir die persoon met die voedselallergie of -onverdraagsaamheid nodig is.

      •Vervang slegs die ontoelaatbare geregte deur ’n aanvaarbare alternatief sodat die persoon met die voedselallergie of -onverdraagsaamheid nie afgeskeep voel nie en gevolglik langer kans sien om by die beperkings van sy of haar maaltydplan te hou.

      •Maak voorsiening vir die dae wanneer daar min tyd vir voedselbereiding is deur geregte tydens rustiger tye te berei en dit te verpak, te verseël en te verkoel of vries. By elke resep is daar ’n “Kan ek dit bêre?” waar jy kan vasstel of die gereg geskik is vir bevriesing of vir hoe lank die gereg verkoel kan word.

      •Maak voorsiening vir ingepakte etes weg van die huis deur ’n voorraad broodjies, muffins, sop en/of ligte etes te berei en in gebruiksporsies te verkoel of te vries.

      •Merk die geregte wat gevries of verkoel word en bêre dit op ’n spesifieke plek in die vries- of yskas. Merk elke gereg met ’n etiket met die volgende inligting:

      –Naam van gereg

      –Datum van bereiding

      –Porsiegrootte/aantal porsies

      •Alhoewel ons vars en ongeprosesseerde bestanddele verkies, het ek wel blikkieskos, soos ingemaakte tamaties, lensies en sampioene, gebruik om kosmaaktyd vinniger en makliker te maak.

      •Bêre die spesiale meel in ’n lugdigte houer op ’n koel plek of in die yskas.

      •Beskou die dieetvoorskrif en maaltydplan, met al die beperkinge, in ’n positiewe lig as deel van ’n gebalanseerde behandeling en leefwyse.

      Spesiale geleenthede

      KUIER EN UITEET

      •Volg die riglyne soos uiteengesit onder “Wenke om jou maaltydplan meer prakties te maak”.

      •Wanneer jy uiteet of vir ete genooi word, is dit ’n goeie idee om die restaurant vooraf te besoek of die gasvrou te skakel en vas te stel of jy ’n plaasvervanger vir ’n bepaalde gereg kan saamneem.

      KINDERPARTYTJIES

      Kinderpartytjies kan steeds prettig wees as jy die volgende riglyne volg:

      •Kies ’n interessante tema, vrolike dekor en ’n kleurryk gedekte tafel met mooi houertjies vir die eetgoed.

      •Beplan die eetgoed rondom die kind se voedselallergie of -onverdraagsaamheid en vul die eetgoed vir die ander kinders aan soos nodig. Verduidelik aan die kind watter eetgoed vir hom of haar toelaatbaar is.

      •Wanneer jou kind na ’n partytjie genooi word, is dit raadsaam om die gasvrou vooraf te vra wat jy vir hom of haar kan saambring; sodoende maak jy seker dat jou kind die partytjie geniet en niks daarvan oorhou nie.

      KOSPAKKIES EN PADKOS

      •Tuisgemaakte geregte is soms die enigste veilige keuse vir mense met ’n voedselallergie of -onverdraagsaamheid omdat die keuse van wegneemetes en snoeperye in sommige gevalle beperk en selfs twyfelagtig is.

      •Die verskeidenheid van resepte in hierdie boek bied uitkoms vir ontbyt, ligte en hoofmaaltye, muffins, broodjies en snoeperye.

      Voedselallergieë en -onverdraagsaamheid – die sosiale dilemma

      Buitestanders tree nie altyd positief op teenoor mense met ’n voedselallergie of -onverdraagsaamheid nie. Ek weet van mense wat, weens ander mense se negatiewe opmerkings, aan druk toegegee het om wel verbode voedsel te eet en daarna ure en selfs dae lank siektesimptome moes verduur.

      Indien jou allergie of sensitiwiteit deur kundige en verantwoordelike persone soos ’n geneesheer of dieetkundige of deur mediese toetse vasgestel is en positiewe behandeling voorgestel is, bly dit jou keuse maar ook verantwoordelikheid om daarby te hou en ferm standpunt in te neem as ander dit as “niks” wil afmaak. Elkeen het keuses in die lewe wat ook deur ander gerespekteer behoort te word.

      Voedingstofanalise

      Die voedingstofanalise van die resepte is met behulp van ’n rekenaarprogram ontleed volgens die inligting van die voedingswaardes in die volgende bronne: South African Food Composition Database (SAFOODS), insluitend inligting

Скачать книгу