SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan страница 6
“Vry van”-voedselsoorte
Nie alle resepte in hierdie boek is vry van alle allergene nie. By elke resep word egter aangedui waarvan dit vry is. Daar is ook voorstelle en variasies om die gereg deur vervanging vry van verdere bestanddele te maak.
Die resepte is “vry van” geëvalueer ten opsigte van:
•(K) Koring
•(G) Gluten (insluitend koring, rog, gort en hawermout)
•(Mi) Mielies
•(E) Eier
•(Me) Melk (insluitend koeimelk, bokmelk, kaas en jogurt)
•(L) Laktose (melksuiker)
•(So) Soja
•(K+P) Kleur- en preserveermiddels
Gis en skimmel
In my vorige boek het ek ’n aanduiding hiervan in die “vry van”-lys verskaf. Ek het hierdie ruimte nou gevul met “laktosevry”. Dit is belangrik om te besef dat dit byna onmoontlik is om die inname van gis en skimmel heeltemal te vermy omdat die spore daarvan in die lug asook in ons onmiddellike lewensruimte voorkom, soos in die verrottende plantmateriaal en kompos in ons tuine.
Bronne van gis en skimmel sluit in:
•Bakkersgis, brouersgis, saamgeperste gis, droë gis.
•Gefermenteerde dranke soos bier, natuurlik gefermenteerde wyn- en appelasyn asook mout.
•Alkoholiese dranke wat in vate gehou is, soos wyn, sjerrie en port.
•Skimmelvoedsel soos sampioene.
•Spruitende voedsel soos boontjie- en saadspruite.
•Skimmelbevattende voedsel soos kaas – veral skimmelkaas soos camembert-, brie- en bloukaas.
•Gerookte en/of gesoute voedsel soos ham, biltong en bokkoms asook gerookte vis soos skelvis en snoek.
•Indien die woord “leavening” op die voedseletiket verskyn, kan gis as rysmiddel teenwoordig wees, tensy die vervaardiger aandui dat dit gisvry of “yeast-free” is.
•Muf op groente en vrugte asook die “doulagie” op druiwe.
•Droëvrugte.
•Neute, veral grondbone, bevat dikwels skimmel.
•Suiker stimuleer die groei en ontwikkeling van gis en skimmel.
Kleur- en preserveermiddels
Daar is dikwels goeie redes waarom kleur- en preserveermiddels in verwerkte voedsel teenwoordig is. Sonder preserveermiddels sou dit byvoorbeeld baie moeilik wees om voedsel sonder skimmel aanvaarbaar vars by die verbruiker te kry. Oor die algemeen word voedselkeuse en -bereiding vergemaklik indien die reël gevolg word van “eenvoudig en minste geprosesseer”, maar dit is nie altyd prakties haalbaar nie. Deur meer doelbewus minder gereeld verwerkte voedsel en snoeperye te kies kan die inname van kleur- en preserveermiddels drasties verminder word.
Kleur- en preserveermiddels wat meer dikwels allergiese reaksies veroorsaak en waaraan aandag gegee is in die resepte, sluit in:
•Kleurstowwe: tartrasien (tartrazine of E102); amarantrooi (amaranth red of E123).
•Preserveermiddels: natriumnitraat (sodium nitrate of E251); natriumnitriet (sodium nitrite of E250); kaliumnitraat (potassium nitrate of E252); bensoësuur (benzoic acid of E210); natriumbensoaat (sodium bensoate of E211); swaeldioksied (sulphur dioxide of E220).
•Geurmiddels: karamel (E150); MNG – mononatriumglutamaat (MSG of mono sodium glutamate, E621).
Etikettering van voedselprodukte
Die etikettering van voedselprodukte bly ’n eindelose proses en die samestelling van produkte kan van tyd tot tyd verander, daarom is dit belangrik om jou te vergewis van enige veranderinge op die etikette van produkte wat jy gewoonlik gebruik. Dit is ook raadsaam om die etikette te lees vir versteekte bestanddele waarvoor jy allergies of gevoelig is.
Die meegaande tabel behoort jou te help met die lees van etikette vir bestanddele waarvoor jy allergies of gevoelig is.
Voedselsoort/ bymiddel | Teenwoordig as die etiket aandui | Voedselsoorte om te vermy | Kan versteek wees in |
Koring | Wheat flour, gluten flour, hydrolysed vegetable flour, vegetable protein derived from wheat, wholewheat, wheat starch, wheat protein, edible starch, wheatgerm, wheat bran, flour, starch, thickener, wheatgerm oil, durum flour, semolinaProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir koring | •Koringsemels•Ontbytgrane met koring•Koekmeel, broodmeel•Brood, broodrolletjies•Koek, koekies•Beskuit, kraakbeskuitjies•Kitskoek- en -poedingmengsels•Pasta•Couscous•Pakkies soppoeier•Pakkies kitspoeding•Kommersiële sop of souse | •Nagemaakte room•Geprosesseerde kouevleis, bv. polonies, worsies, ingemaakte vleis•Wors, vleiskoekies•Pasteie•Souse•Pakkies soppoeier wat in kosmaak gebruik word•Patee•Geprosesseerde kaas |
Gluten | Soos vir koringGort, rog, hawermoutProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir gluten | •Soos vir koring•Rog, rogmeelprodukte•Gort, gortmeel•Hawermout, hawersemels | •Soos vir koring |
Mielies | Maize, corn, corn oil, corn syrup, cornflour, cornstarch, vegetable oil, vegetable fat, maltodextrin, xanthan gumProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir mielies | •Mieliemeelprodukte soos mieliemeel, mieliegruis, stampmielies, suikermielies, pitmielies, springmielies•Mielieblom•Vlapoeier•Kitsmielievlokkie- ontbytgraan•Mielievlokkiekrummels | •Verdikte souse•Vlasous•Kitspoedings•Kunsmatige versoeters in poeiervorm•Versiersuiker•Strooisuiker |
Eiers | Egg, egg white, egg yolk, albumin, egg lecithin, vitelline, ovo-vitelline, livetin, globulin, ovomucoid, ovomucin, egg lysozymeProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir eier, eiergeel of eierwit | •Eiergeregte•Koek, tert, kleinkoekies, beskuit, muffins, skons•Nagereg met eier•Souse met eier•Lekkers met eierwit, bv. malvalekkers, nougat, meringue•Egte mayonnaise | •Deegmengsels•Koek, koekies, brood•Slaai met slaaisous•Suurlemoensmeer (lemon curd )•Mousse•Roomys, sorbet•Patee•Slaaisous |
Melk | Milk of animal origin, milk powder, cream, butter, margarine, buttermilk, yoghurt, cheese, milk solids, whey, curds, lacto-globulin, casein, caseinate, lactate, lactic acid, whey syrup, lactoseProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien jy allergies of sensitief is vir melk en melkprodukte | •Melk•Karringmelk, dikmelk, jogurt•Ingedampte melk, kondensmelk•Maas, roomkaas•Harde kaassoorte•Melkpoedings, vlasous•Roomys, sorbet•Witsous•Soufflé, mousse•Botter met melkvastestowwe | •Deegmengsels•Koek, koekies, tert, brood•Geprosesseerde vleis•Pakkies soppoeier•Kitsontbytgrane•Kitskapokaartappel-mengsels•Koffie- en tee- verromers |
Laktose (melksuiker) | Milk of animal origin, milk powder, cream, buttermilk, yoghurt, milk solids, whey, curds, lacto-globulin, lactate, lactic acid,
|