Stroomop. Adeline Radloff

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stroomop - Adeline Radloff страница 6

Stroomop - Adeline Radloff

Скачать книгу

kom die woonstel stadig binne, kyk rond asof hy nog nooit hier was nie. Dis vreemd, maar ten spyte van die wilde manier waarop haar hart bokspring, lyk hy tog vir haar minder aantreklik as wat sy hom onthou. Die laaste paar maande het sy hom so in haar gedagtes opgehemel dat hy regtig … gewóón lyk soos hy hier staan. Net nog ’n man, in plaas van die prins van haar verlangende laatnagdrome.

      “Dis alles daar.”

      Hy krap halfhartig in die boks, en sy merk vir die eerste keer dat hy ook ’n bietjie gespanne is.

      Sy vat ’n slukkie wyn. “Ontspan. Die groot depressie is verby.”

      In die ongemaklike stilte wat volg, is die geluid van die druppende kraan in die badkamer duidelik hoorbaar.

      “Ek moes dit al lankal gefix het.”

      “Dis nie te laat nie.”

      Hulle oë ontmoet vir ’n lang oomblik. Dan knik hy en loop badkamer toe.

      ’n Halfuur later is Phillip steeds besig om nutsman te speel, sonder ’n sweem van sukses.

      Hy was nog nooit besonder goed met sy hande nie, dink Vivian en probeer ’n stoute giggel onderdruk. Flippit. Die wyn begin na haar kop toe gaan. Sy moet ophou voordat sy iets simpels aanvang.

      Sy sit die glas langs haar op die badkamervloer neer. Probeer, soos gewoonlik, beheer van die situasie herwin deur haar te wend tot die logiese voorspelbaarheid van syfers en feite. Vir ’n rukkie luister sy na die kraan en probeer die druppels tel. Drup. Drup, drup, drup.

      “Sestig druppels per minuut, agt-en-twintig liter per dag. Dis tienduisend-tweehonderd-en-twintig liter water wat per jaar gemors word … volgens statistiek.”

      Phillip gooi tou op, sit die skroewedraaier neer. “Ek dink nie ek is die regte ou vir die job nie.”

      Sy glimlag speels terwyl sy die glas wyn uithou wat sy vir hom geskink het. “En ek het soveel planne gehad vir Phillip’s Plumbing.”

      Hy glimlag terug, sy oë donker, en neem ’n groot sluk. Dan trek hy haar nader en begin haar soen, sy tong soos ’n lomp oester in haar mond.

      Dis romanties, probeer Vivian haarself oortuig toe hy haar optel en bed toe dra. Baie romanties. Meisies droom hiervan. Ék droom hiervan.

      Maar selfs met sy stoppelbaard grof teen haar wang en sy vingers koud teen haar skouer, kan sy nie help om op te merk dat die kraan nou ’n bietjie vinniger drup nie.

      Nixie

      Sy kry haar pa in die kombuis, omring deur kampeergereedskap en besig om sy ou army-waterbottel vol te maak. Ten spyte van haar slegte bui kan sy nie anders as om te glimlag nie. Hy gaan nooit iewers daarsonder nie; sy vermoed daai kakie bottel het al meer van die land gesien as die meeste Suid-Afrikaners.

      Dan onthou sy van die pak papiere in haar hand en haar glimlag verdwyn.

      “I’m barely freaking back and she’s already on my case.”

      “Pun intented.” Haar pa se oë vonkel.

      Maar vanoggend kan sy grappies haar nie paai nie. “I’m serious, Dad.” Sy waai beskuldigend met die hoop vorms na hom: aansoeke na elke goeie regskool in Suid-Afrika.

      Haar pa haal sy skouers op, soos altyd onwillig om enige kritiek teenoor sy vrou te hoor of uit te spreek. “She just wants the best for you, Nix.”

      “And according to her that means being a lawyer?”

      “Well, what do you want to be?” Sy vraag is vol deernis, maar sy oë mis niks. Hy’s ’n sagte man, hierdie pa van haar, nie ’n dom een nie, en hy weet presies waar lê die seerplek.

      Wat wíl sy wees? wonder Nixie moedeloos. Wat kán sy wees? Sy weet sy’s nie onnosel nie: Op skool het sy uitstekend presteer, veral in die meer wetenskaplike vakke. Maar haar ma se vermoë om die hele wêreld uit te sluit en geheel en al te konsentreer op wat sy doen, maak nie saak wat in haar persoonlike lewe aangaan nie, het sy nou maar eenmaal nie geërf nie.

      Soos sy op die harde manier moes agterkom.

      Vir ’n paar sekondes staar hulle na mekaar, nie een bereid om kop te gee nie. Dan sug Nixie. “Fine. Maar ek soek my eie tent.”

      Hy glimlag warm. “You pack it, you pitch it.”

      Toe haar pa terugdraai kraan toe, voel Nixie hoe haar gemoed lig. Hy weet nog altyd presies hoe om haar te hanteer. Anders as haar ma, push hy nie heeltyd nie en sy stille aanvaarding doen meer om haar aan te moedig as al die geboelie ter wêreld.

      Hy is dalk reg oor hierdie trip ook. Soveel van haar gelukkige herinneringe draai om daardie onvergeetlike kampeervakansies uit haar kinderdae. Miskien, as hulle weer as gesin saam in die natuur is, kilometers ver van alles en almal, sal sy uiteindelik die woorde vind om aan haar ouers te verduidelik wat gebeur het.

      Sy dra hierdie geheim al so lank.

      Sy sit die aansoekvorms eenkant. Sy onthou nog goed waar alles is, so sy kan netsowel help pak.

      Teen drieuur die middag is hulle lankal gepak en gereed om te vertrek. Teen vieruur is haar ma nog nie tuis nie. Teen vyfuur ook nie. Van waar sy by die kombuistafel sit en op haar iPhone musiek luister, kan Nixie sien hoe haar pa al hoe meer gespanne raak.

      Toe sy foon uiteindelik lui, vang hy vinnig haar oog. Kyk dan weer weg.

      Verby haar oorfone kan sy nie ’n woord van haar pa se gesprek hoor nie, maar sy hoef net na die uitdrukking op sy gesig te kyk om te weet wat hy sê. Toe hy die oproep beëindig, haal Nixie haar oorfone uit haar ore.

      “It’s an important case, Nix.” Soos altyd begin hy dadelik om haar ma se gedrag te probeer verskoon. “Mom had a breakthrough. Evidence surfaced that could save her client’s family.”

      “Always other families.” Sy wou ironies klink, maar haar stem kom bitter uit. Seergemaak.

      Sy staan op. Loop dan vinnig uit sodat hy nie die ou hartseer op haar gesig sal kan lees nie.

      Laatnag is daar ’n sagte klop aan Nixie se deur. Sy maak traag oop, seker dat haar pa daar sal staan met ’n troostende koppie tee, maar daar’s niemand nie – net ’n flitslig op die vloer. Sy kyk om haar rond, sien dat al die ligte in die huis afgeskakel is.

      Ag nee. Hy sou tog sekerlik nie …

      Sy skud haar kop, maar kry dit nie reg om haar glimlag te onderdruk nie. Dan skakel sy die flitslig aan en begin soek.

      In die gang kry sy ’n pak marshmallows. ’n Paar treë verder is daar ’n pakkie Eet-Sum-Mors. Verder, ’n reuse-Aero. Koeldrank. Sy volg die spoor al die pad tot by die sitkamer en skud dan haar kop, half onwillig om te glo wat sy sien. Al die meubels is eenkant toe geskuif en in die middel van die vertrek is ’n tent opgeslaan, helder verlig van binne. In die vorm wat teen die seil afgeëts is, herken sy duidelik haar pa se silhoeët.

      Sy kniel, steek haar kop by die tentflap in. “I’m not eight anymore, Dad.” Maar daar is geen angel in haar stem nie.

      Hy ignoreer haar sarkastiese aanmerking, duidelik

Скачать книгу