Satyn Omnibus 8. Ettie Bierman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Satyn Omnibus 8 - Ettie Bierman страница 14

Satyn Omnibus 8 - Ettie Bierman

Скачать книгу

niks sê nie en maak of dit nie gebeur het nie – asof hy sommer ’n grap gemaak het en hulle albei môre daarvan sal vergeet het.

      Haar ma maak aandete, maar Nikka is nie honger nie. Sê nou Ruan is siek, daarom dat sy niks van hom hoor nie? Nee, dan sou van sy kollegas haar laat weet het. Piet Bester van Rapport of Daan Strydom van die TV. Hulle is huisvriende en ken haar goed.

      Ruan makeer niks; sy berigte verskyn gereeld in Weeknuus. Hy het Dinsdag in ’n sportprogram oor die radio onderhoude met sleutelspelers gevoer en na afloop van die wedstryd tussen die Stormers en die Waratahs het sy hom op die TV langs die kantlyn sien staan. In jeans en sy donkerblou kabeltrui met die V-nek. So bekend en so naby, sy wou haar hand uitsteek en aan hom raak; haar mond teen die skerm druk en hom soen.

      Ruan is nie siek nie. Hy wil net nie met haar praat nie. Nie nou nie en ook nie in die toekoms nie. Hy is moeg vir haar, hy wil haar nie meer hê nie.

      Haar knaende hoofpyn word erger, word kloppende hamerslae teen haar slape, waarvoor sy gedurig pille moet drink. Pille wat op die krop van haar maag gaan lê sodat sy nie kan eet nie.

      Sy maak huis skoon, maak dieremaskers vir Hennie Viljoen en sy maatjies en draai die geskenkies in vrolike papier toe met prentjies van leeus en olifante daarop. Maar sy doen alles werktuiglik, asof in ’n dwaal, asof sy ’n robot in ’n tydkapsule is wat wag dat die tyd verbysleep sodat haar man kan huis toe kom.

      Die onsekerheid maak haar gek. Sy wil oorkant Ruan by ’n tafel sit en hom in die oë kyk, vra wat in sy kop aangaan en wat hy vir haar wegsteek. Wat hy beplan en wat die toekoms vir háár inhou. Sy het alles in hul huwelik ingesit, sonder voorbehoud gegee en liefgehad. Sy het die reg om te weet waarom hy wil skei en wat hy vorentoe beoog.

      Saterdag se partytjie is ’n wegholsukses – met Ouperd en die blouselblou karretjie, en Andries met sy sweep, kruisbande en laphoedjie digitaal verewig op die ritse foto’s wat Janet Viljoen en die ander ma’s vir hul plakboeke neem. Hennie Viljoen is ’n haasbek-engeltjie met blonde krulhaartjies en ’n pleister op sy knie – ’n eina wat hy gekry het toe hy agter een van die kapokkies aangehardloop het. Die soort seuntjie waarvan Nikka en Ruan ’n dosyn replikas wou gehad het.

      Janet Viljoen bel in vervoering om dankie te sê vir haar moeite. Thys bel; twee ander ma’s bel om oor kinderpieknieks navraag te doen. Deon Liebenberg bel oor die maanligpiekniek, en die buurman om te verneem of sy nog oukei is. Maar Ruan bel nie.

      Die volgende dag kry sy ’n sms: Moeg gesukkel. Lees jou e-pos.

      Nikka was dorp toe, bank toe en by die koöperasie om mielies te koop. Sy was lank laas by haar rekenaar en hardloop studeerkamer toe om haar inboks oop te maak. Tussen die rommelpos, ’n Piekepiekniek-navraag en ’n sarsie rekeninge is ’n brief van Ruan.

      Haar hart sidder ’n slag en begin dan weer moeisaam klop. Onrustig. Behoedsaam. Haar vingers bewe toe sy op die afsender se naam klik en die brief voor haar oopsprei, die hele skerm vol.

      Liewe Nikka

      Met wie praat jy so lank dat ander oproepe nie kan deurkom nie? Jou foon bly beset. Ten einde laas stuur ek maar gou ’n brief op my skootrekenaar, al is my tyd min. Ek is in Hamilton, in die bus op pad na Waikato – Bulls vs Chiefs. Soos jy op die telkaart kan sien as jy TV kyk of ’n koerant koop, lê die Bulls bo, gelyk met die Crusaders. Baie hang dus van hierdie wedstryd af. As ons wen, is ons kanse goed op ’n semifinaal in SA op Loftus. Ek kom in elk geval vroeër huis toe, direk ná volgende naweek. Die ander manne wil gaan kyk hoe Fidji en Tonga lyk, maar ek kom dadelik huis toe.

      Nieu-Seeland se natuurskoon is asemrowend. Ek sou in Auckland kon woon, was dit nie vir die triestige weer nie. Dis nat en koud hier. Hoop dis sonskyn by julle. Thys sê hy dokter jou Volla en jy ry met die bakkie. Gaaf van hom. Gebruik my kar as jy hom nodig kry. Het Foksie se babatjies al gekom? Ek hoor Ouperd het bevordering gekry – van steenkool- na piekniekkarretjie. Hy voel seker geëerd. Sê asb Andries moet die geute skoonmaak. Ek sal help wanneer ek terug is.

      Pas jouself op.

      Groete

      Ruan

      Nikka lees die brief drie keer. Dit sê alles – en niks. Alles oor die rugby en niks oor hom en haar nie. Hulle verhouding. Hulle huwelik. Is dit goed of sleg? Sy vermoed laasgenoemde. Hy sê nie hy is lief vir haar of dat hy verlang nie … Tog het hy darem probeer bel. En gesê sy moet haarself oppas.

      Sy stuur dadelik ’n sms: Dankie vir jou brief. Mis jou. Sien uit na jou tuiskoms. Laat weet jou vlugnr.

      Ruan antwoord nie.

      Nikka gee nie om nie, want sy het dit nie verwag nie. Hulle is seker al by die stadion. Dalk is die wedstryd al aan die gang. Hy moet ’n berig skryf en kan nie nou met sms’e sit en sukkel nie. Dis wonderlik dat hy tyd gemaak het om ’n e-pos te skryf. Dit wys hy gee om vir haar.

      Maar sy is terug by die begin: by die vrae en vrese en spekulasies. Hoekom kom hy vroeër huis toe? Waarom het hy niks gesê oor hul selfoongesprek vroeër toe dit “moeilik” was en hy nie met haar kon praat nie? Hy en Thys gesels blykbaar, daarom dat hy van die kinderpartytjie weet. Een ligpunt is darem dat Ruan nog by die plot belang het, by die diere en instandhouding van die huis.

      Nikka sou meer gerus gevoel het as hy eers saam met die manne eilande toe gegaan het. Sy het ’n nare voorgevoel. Dis asof daar ’n onheilspellende dringendheid omtrent sy terugkoms is.

      Haar hoofpyn gaan nie weg nie. Toe sy egter die volgende aand weer vroeg in die bed wil klim, keer haar ma.

      “Ek sluk nie hierdie storie van hooikoors of verkoue nie. Jy dink jouself siek, jy het afleiding nodig. Gaan neem ’n laventelbad, sit komkommerskyfies op jou geswelde oë en maak jou mooi. Ek het bobotie en soetpatats gemaak en Thys genooi om saam met ons te kom eet. Die arme kind skeep homself af. Hy leef van baked beans en Two Minute Noodles. Dis tyd dat hy ’n slag ’n behoorlike bord kos in daardie groot lyf kry.”

      Nikka trek ’n gesig. “Ag, Ma!”

      “Niks van ‘Ag, Ma’ nie. Jy verwaarloos jouself. Kyk hoe lyk jy! Loop heeldag kaalvoet in ’n kortbroek wat lyk of jy hom op ’n basaar gekoop het. Smeer vir ’n verandering bietjie vogroom aan jou gesig, en darem ’n lagie lipstiffie. Daardie poniestert lyk so strak, lyk of jy jou hare haat … Laat jou hare los hang, trek ’n vroulike sonrokkie aan en hoëhaksandale. Dit sal jou opbeur en jou gees vernuwe.”

      “Ek bly op ’n plot, Ma, nie in Hollywood nie; ek is ’n werkende vrou, nie ’n modepop nie.”

      “Almiskie, maar ’n smeerseltjie lipstiffie en parfuum sal jou die wêreld se goed doen. Jou opkikker.”

      Nikka kyk haar vas aan. “Dit gaan nie om my nie, Ma. Ek weet … Dit gaan om Thys. Ma bedoel dit goed, maar moenie Ma se hoop op ’n verhouding tussen ons plaas nie. Ek soek nie ’n man nie. Ek hét ’n man wat ek liefhet – te lief om ooit ’n ander een in sy plek te stel. Ek erken ons beleef ’n slegte tyd, maar dis net tydelik. Dit beteken nie ons huwelik is op die rotse nie. Vir Ruan sal ek my mooimaak en lipstiffie en parfuum aansit. Maar nie vir Thys Vorster nie. Moenie hom aan my afsmeer nie. Ek is ’n getroude vrou en hy stel nie belang nie. Dit sal ’n verleentheid veroorsaak, vir my én vir hom.”

      “’n Verleentheid? Vir hóm?” Nicolet snuif veelbetekenend.

      Nikka is geïrriteerd. Haar ma het self besluit om nog ’n paar dae te bly om met Deon se maanligpiekniek te help. Maar sy wonder of dit ’n goeie plan was. Sy het

Скачать книгу