Waar onthou begin. Connie Luyt

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waar onthou begin - Connie Luyt страница 18

Автор:
Серия:
Издательство:
Waar onthou begin - Connie Luyt

Скачать книгу

nie. Sal nooit vis eet nie. Ma weet hoekom, maar Ma respekteer my nie!”

      “Elfie—”

      “Nee, Ma, ek het Veda geword. Elfie bestaan nie meer nie. En dis nog net hierdie jaar wat ek hier bly. Ek het werk gekry smiddae by Linden Bazaar en as ek matriek het, sal ek weggaan en hoef Ma nooit weer na my te kyk en te weet wat Ma verloor het nie. Ek gaan kamer toe.”

      Voor ek die deur toeslaan, hoor ek hoe sy sê: “En dit oor vis?”

      Sy kom groet nie voor sy die volgende oggend werk toe gaan nie. Kom terug met hoender. Sê niks oor die vorige aand nie. Asof dit nie gebeur het nie. Vertel van haar dag, vra uit oor myne. Ek dek die tafel af, was die borde, maak my skooltoebroodjies en bly wonder oor hoe mense kan praat sonder om enigiets van werklike betekenis te sê.

      Ek werk twee middae ’n week en Saterdagoggende in Linden Bazaar, spaar die meeste van my salaris getrou in my Poskantoorspaarboekie en vra net vir Ma vir die nodigste skoolbenodighede.

      “Jy sit heelaand met jou neus in jou boeke, jy het niks van jou matriekjaar nie. Ek hoor daar is ’n matriekkamp. Ek sal die geld gee as jy wil gaan.”

      “Nee dankie, Ma. Ek moet sorg dat ek ’n goeie matriek kry.”

      Dis net wanneer ek my verdiep in my boeke wat die gewig wat my wil platdruk effens skiet gee.

      DRIE

      IN DIE TWEEDE KWARTAAL IN MATRIEK kom ek ná lang pouse in die kleedkamer af op Saskia Swart wat gebukkend oor die wasbak staan en opgooi.

      Ek staan tot my verbasing nader. “Hierso, vat van die papierhanddoeke. Wag, ek help jou.”

      Met maskarabesmeerde oë en ’n wit kring om haar mond kyk sy uiteindelik op.

      “Dankie, Veda. Jy is mos Veda, nè? Jis, ek voel verskriklik.”

      Sjoe. Het die wildste girl in die skool nou net vir my, koekerige Veda, op my naam genoem? Saskia spoel die wasbak uit, was haar gesig en hande en vee haar hare uit haar gesig. Wat sou haar oorspronklike haarkleur wees? Haar wynrooi hare het swart én blonde wortels. En sy het ’n tatoe op haar pols. ’n Tatoe! In swart ink staan daar LOVE and HATE – hoe weird is dit?

      Sy gaan sit op ’n toiletdeksel, haar hande op haar knieë, blaas haar asem stadig uit en kyk my met groot oë aan.

      “Ek kan nie teruggaan klas toe nie. Ek voel te sleg en siekeboeg toe gaan ek nie, ou juffrou Grobler gaan my weer aankyk asof ek iets is wat die kat ingesleep het. En huis toe kan ek nie gaan nie. Hy’s nog daar.”

      Wie is hy? Ek wil vra, maar sy praat weer.

      “Hoor hier, jy bly mos hier naby in Lindenhof? Het jy ’n sleutel? Kan ek asseblief vir ’n rukkie daar gaan chill? Asseblief man, Veda.”

      Sy ken nie net my naam nie, sy weet waar ek bly, dink ek verstom.

      “Jy bedoel jy wil die sleutel vat? Alleen soontoe gaan? Nee, jis, ek kan dit nie doen nie, sorry, Saskia.”

      “Kom saam, toe? Daar’s nog net twee periodes oor. En dis Vrydag. Niemand worry oor Vrydag nie. Gaan haal jou tas, dan glip ons by die klein hekkie uit. Ek het dit al baie gedoen. Toe Veda, ek vra mooi.”

      “Oukei,” plof my asem uit. Soet Veda verdwyn in ’n oogwink en ek loop terug klas toe, waar ek my tas optel en iets mompel oor kantoor toe gaan. Juffrou Roux knik, kyk nie eers op nie. Met my rug styfgetrek, oortuig ek gaan enige oomblik teruggeroep word, stap ek kleedkamer toe.

      “Waar’s jou tas?”

      “Dit bly net hier, ek gaan dit nie nodig kry nie. Jis, dankie ou Veda – jy’s great.” Daar is weer kleur in Saskia se gesig en sy lag vir my verskrikte oë. “Kom,” sê sy en vat my hand en sluip soos Peter Sellers wat Inspector Clouseau speel uit die kleedkamer, rug teen die muur, haar oë op skrefies getrek, ’n vinger voor haar mond.

      Toe ’n onderwyser aankom, los sy my hand, trek haarself regop en draai met ’n frons na my toe. “So, hoe het jy vraag sewe in geskiedenis benader?” Sy kyk op. “Haai, middag, meneer.”

      Die onnie groet en stap verby.

      “Benader!” giggel ek. Dis aansteeklik en ons moet aan die muur vashou soos ons lag.

      Ek hou van haar, dink ek verbaas.

      Sy kies kortpad agter meneer Fleischauer se houtwerkklas verby en ons loop gebukkend verby die vensters tot by die paadjie. Toe ons deur die hekkie is, bars sy weer uit van die lag. “Ek wens jy kan jou gesig sien. Jy’t nog nooit gebunk nie, nè? En kyk hoe maklik was dit!”

      Sy loop soos ’n dier in ’n hok deur die woonstel. Gaan van kamer tot kamer, uit op die balkon, weer terug na die kombuis, maak laaie en kaste oop, stoot gordyne opsy, tel die seep in die badkamer op, ruik daaraan, smeer van Ma se handeroom aan, haal melk uit die yskas en drink sommer uit die bottel. Met haar wilde hare, die tydsame manier waarop sy haar heupe swaai en haar behoedsame donker oë lyk sy soos ’n eksotiese luiperd wat losgelaat is.

      “Ek laaik hierdie plek van julle, Veda. Kom ons gaan sit buite, ek moet nou eers ’n smoke vat.”

      ’n Rilling van opwinding én ontsteltenis gly teen my rug af. Wat sal Ma sê as sy rook ruik? Ek trek die skuifdeur toe, maar Saskia het skaars die sigaret doodgedruk toe sy opstaan en die deur weer oopstoot. “Het jy iets om te eet? Ek is hol van hongerte.” Sy kyk die boeke op die boekrak deur terwyl ek toebroodjies maak, sit die televisie aan en weer af, tel die telefoon op en draai die tou om haar vinger voor sy dit neersit. ’n Anderste, onrustige element het saam met haar ingekom. Die woonstel ruik nou na rook, na reukwater of dalk reukweerder, na sweet en ’n soet, poeieragtige geur en ek weet nie mooi hoe om te maak nie.

      Toe sy die broodjie in het, gaan lê sy op my bed en slaap binne sekondes vas.

      —

      “Saskia, word wakker, dis vieruur. My ma gaan nou-nou hier wees. Hoe kom jy by jou huis?”

      Sy sit regop, gaap met haar arms bo haar kop en skud haar hare reg. “Ek bel gou vir Bertus, my broer. Gaan maak vir ons bietjie tee, toe, Vedatjie?”

      Haar broer, Bertus, se donker hare is lank in sy nek, sy kuif vorentoe gekam. Hy loer met lui oë en ’n skewe glimlag onder sy hare deur na my terwyl hy rook uit die hoek van sy mond blaas. Hy hou sy sigaret tussen sy middel- en ringvinger vas, leun teen die deurkosyn. Sy stem is diep en hees.

      “Ha-loe, jou sexy dingetjie. Wat is jóú naam, h’m?”

      “Los haar uit, Bertus, kan jy nie sien hoe bloos sy nie? Kom, ons moet gaan. Bye, Veda, dankie vir als.”

      En toe is sy weg. Al wat oorbly is ’n sweempie van haar reukwater en ’n halwe beker koue tee. En ’n onvergenoegdheid wat ek nie begryp nie. Ek wil tog nie soos sy wees nie? Maar ek wil ook nie meer soos ék wees nie.

      Ek sien haar nie die volgende week by die skool nie. Ek wonder oor die “hy” wat by haar huis was, oor Bertus se halfmas oë, oor waar hulle woon en of sy al van my vergeet het.

      Toe ek Vrydag ná skool by die woonstel kom, sit sy langbeen teen ons voordeur, sigaret in die hand.

      “Jis-jis!

Скачать книгу