Waar onthou begin. Connie Luyt

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waar onthou begin - Connie Luyt страница 19

Автор:
Серия:
Издательство:
Waar onthou begin - Connie Luyt

Скачать книгу

ek het saam met ’n klomp hier by Linden Hotel gekuier, toe word ek moeg vir hulle en kom kyk of jy hier is. Gaan jy vir my koffie maak? Of wag, is hier dalk iets sterkers in die huis?”

      “Sterkers?”

      “Brandy of iets, selfs ’n bier sal doen.”

      Wat?

      “Toemaar, Vedatjie, ek maak net ’n grap … relax. Jis, maar jy is uptight. Live a little!”

      Haar asem ruik snaaks en haar oë is donker, die pupille groot en swart.

      “Is jy oukei, Saskia?”

      Sy glimlag. “Kom ons drink koffie.”

      Ons sit op die draadstoele op die stoep. Dis bewolk. ’n Triestige windjie dwarrel die vroeë herfsblare oor die sementpaadjie. Saskia leun met haar kop teen die muur, haar ooglede halfmas, haar mond slap. Sy lyk vir my baie ouer as wat sy is.

      Sy trap haar sigaret onder haar skoen dood asof dit ’n giftige insek is en vou haar arms oor haar bors. Sy kyk my stip aan.

      “Is jy gelukkig, Veda?”

      Sjoe.

      Ek trek my skouers op. “Ek weet nie juis nie – hoekom vra jy?”

      “Ek haat my ouers.” Sy sê dit doodluiters, asof sy oor die weer praat. “My ma het my en Bertus sommer net gedrop. Drie jaar gelede. Asof ons niks van haar is nie. Weggehardloop van haar job om my op te pas.”

      “Jis, dis erg. Waar is sy nou?”

      “Iewers by die see in die Oos-Kaap, sê Bertus. In ’n soort inrigting. Hy het haar een keer gaan sien, maar ek wil niks van haar weet nie.”

      “Hoekom is sy dan weg?”

      “Oor my pa. Sy’t gesê sy kry nie asem nie. Sy lieg, man, sy wou net nie weet wat aangaan nie. My pa … my pa is moeilik. Hy is óf nooit hier nie, alewig oorsee, óf hy drink te veel whisky en dan weet hy nie wat hy doen nie. Vandat my ma weg is, is hy gelukkig omtrent nooit hier nie. Minstens het ons altyd geld, hy’t genoeg daarvan.”

      “Bertus?”

      “Hy’s veronderstel om op varsity te wees, maar hy … ag, jy sal nie verstaan nie, soet ou Vedatjie.”

      ’n Witwarm woede broei onder my wit skoolhemp. Die hitte styg op in my nek en oor my gesig. My hande klem om die stoel se armleunings.

      “Wat weet jy van my, Saskia? Niks! Jy weet nie eers ek het ook my pa drie jaar gelede verloor nie. En my ma kan my nie vergewe nie, want as dit nie vir my was nie, het my pa nog gelewe. Ek cope anders as jy. Ek het nie geld om te rook en te drink nie. So, ek is kamstig ‘soet’, want ek probeer so min as moontlik golwe maak, hier en in die skool.”

      Ek blaas my asem met ’n plofgeluid uit. “So, moenie weer sê ek sal nie verstaan nie. Ek verstaan maar te goed hoe dit voel om als te verloor, hoe dit is om verwerp te word. Ek verstaan hoekom jy en Bertus kwaad is.”

      “Sorry, man.” Sy skuif vorentoe op haar stoel en vat my hande in hare. “Ek gaan jou pêl word, Veda. You and me against the world. Ek skat ons het albei iemand nodig om ons deur die lewe te help.”

      Ek voel weer daai rilling van opwinding én vrees teen my rug afloop. Wil ek deel word van Saskia se lewe? Van daardie dag toe ek so waaghalsig te ver voor op die rotse gestaan het, is die dag toe ek saam met Saskia gebunk het, die roekeloosste ding wat ek nog gedoen het. Dit was my styl om onder die radar te bly, so onopsigtelik as moontlik te wees.

      Saskia se traak-my-nie-agtigheid maak haar onderwysers woedend en sy’s min of meer altyd in die moeilikheid. Sy rook en drink en vloek en steur haar aan niemand se opinie nie. Sy is opwindend, vreesaanjaend, en Ma sal vir seker nie ons vriendskap goedkeur nie.

      Die woede teenoor Ma wat maar altyd onder die oppervlak broei, stoot op en ’n opwindende rebelsheid laat my antwoord, “Oukei, Saskia, kom ons word pêlle.”

      Dit is die begin.

      Sy kom nou dikwels saam met my huis toe ná skool. Terwyl ek kos maak, dwaal sy deur die woonstel, spuit van Ma se reukwater aan, draai my pienk serp om haar kop in ’n tulband, breek dooie blare van die viooltjies op die vensterbank af en neurie oor en oor “I will survive”. “My temaliedjie,” reken sy.

      Sy besluit ek het ’n make-over nodig en maak al my rompe korter, leer my om grimering aan te sit, tease my dik rooi hare in ’n wolk om my kop.

      Ma frons oor my voorkoms. “Jy beter daai hare uitkam – so kan jy nie skool toe gaan nie.” Sy snuif-snuif. “Het jy van my reukwater aangespuit? En ek ruik rook, wie het hier gerook?”

      “Dis seker Bertus, Saskia se broer wat haar kom haal het,” lieg ek. Ma se oë rus net te lank op my en ek draai weg, trek my te kort rompie af.

      “Waar bly hierdie Saskia?”

      “Randburg, Ma.”

      “Ek wil haar graag ontmoet, nooi haar Saterdagmiddag oor.”

      That’ll be the day, Ma. “Hulle gaan weg vir die naweek,” lieg ek weer.

      Voel ek sleg? Ek weet nie. Als is nou anders. Toe ek klein was, was dinge so duidelik – reg of verkeerd, gaaf of gemeen, goed of sleg, soet of stout – maar nou het die grense dof en my oortuigings wasig geword. Saskia is stout, gemeen by tye, soms sleg, maar sy is die eerlikste mens met die grootste hart wat ek ken.

      En al rol ek my skouers en my oë vir Ma en besluit ek is nou ’n rebel, ’n tiener met attitude, is ek nie regtig soos Saskia nie. Wanneer ek saam met haar is, voel ek opgewonde en angstig, asof iets skrikwekkends op my lê en wag.

      Sy sien dit nie so nie. “Jy is soos my goeie twin,Veda,” sê sy, “the voice of reason – my gewete wat maak dat ek nou huiswerk doen en amper elke dag skool toe gaan. Toe ek gisteraand nie wil uitgaan nie omdat daai Engelse opstel moet klaarkom, sê Bertus jy is ’n bad influence. Kan jy dit nou oorvertel?”

      Bertus met die lui glimlag wat kuiltjies in sy wange laat kom en gaan, wat met die sigaret steeds in die hoek van sy mond vir my “Howzit, Ve-da?” sê, dra by tot die onrus in my. Selfs my stem klink anders as ek met hom praat, selfs al sê ek net “Oukei, dankie”.

      En liedjies soos Lionel Richie se “Hello” maak my weemoedig en laat my wonder of daar ooit iemand sal wees wat vir my sal vra: “Hello! Is it me you’re looking for? ’Cause I wonder where you are and I wonder what you do? Are you feeling lonely or is someone loving you?”

      Rob kan Saskia nie verdra nie en ek leer gou om te kompartementaliseer. By die skool is ek en Rob vriende en werk ons albei ewe hard om die beste punte in die klas te kry, sit ons pouses saam in die biblioteek, deel ons toebroodjies, maar – afgesien van my belofte om saam met hom matriekafskeid toe te gaan – is daar nie weer sprake van ’n besoek aan sy ouerhuis, of ’n soen nie.

      Saskia is soos ’n dwelm. Ek dink dikwels ek wil haar nie weer sien nie, maar as sy by my is, is ek opgewonde en vrolik en lag ons baie, sodat ons soms dubbel vou oor simpel goed. Agterna besef ek verbaas hoe lanklaas ek regtig gelag het.

      Saskia probeer my leer rook, maar

Скачать книгу