Skoonlief en die dirigent. Marijke Greeff

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skoonlief en die dirigent - Marijke Greeff страница 4

Skoonlief en die dirigent - Marijke Greeff

Скачать книгу

ek daar soos ’n groot gek en ek weet nie wat om te sê om my sarkastiese uitlating ongedaan te maak nie.”

      “Dit sal jou leer om mense sommer so op hulle baadjie te takseer.”

      Nina rol haar oë. “Die man hou konsert vir ’n lewe, hoe moeilik kan dít nou wees?”

      “Moenie soos ander mense wees wat beroepe afkraak net omdat hulle niks daarvan weet nie. Dink net watter organisasie so iets moet behels! Hy moet definitief iets hê om op so ’n jong leeftyd soveel te kon vermag. Ek verstaan hy is maar in sy laat dertigerjare. Om met ’n hele orkes en met al daai instrumente kruis en dwars oor die aardbol heen te vlieg, klink nie vir my na grappies nie.”

      Nina glimlag sinies. “Ja, hy rits die hele wêreld vol en wie weet hoeveel beeldskone vroue werp hulle voor sy voete neer terwyl sy vrou en kinders seker droëbek by die huis moet sit en hom net nou en dan op die televisie kan sien.”

      “Hy is nie getroud nie.”

      Nina frons vir Amelia. “Hoe weet jy?”

      Amelia lag. “Skoonlief, die internet kan ’n wonderlike bron van inligting wees.”

      “Gmf! Nou hoekom sal ek inligting oor hom soek?” Nina neem die laaste sluk koffie. “Wel, ek is nou jou held se skoothondjie totdat hy besluit wanneer ek weer kan terugkeer na die ernstige wêreld van misdaad.”

      “You lucky fish!”

      Nina sit haar koffiebeker hard op die tafel neer en kyk verstom na Amelia. “Jy dink sowaar ek is gelukkig? Ná als wat ek jou pas vertel het?”

      Amelia vou haar arms voor haar bors. “Hoe dan anders? Dit is die beste ding wat nou met jou kon gebeur het.” Sy huiwer en kyk dan reguit na Nina. “Ek wens jy wil heeltemal uit die polisiediens padgee.”

      “Amelia …”

      Amelia spring op. “Ek bedoel dit, Skoonlief!” Sy klem haar hande styf voor haar vas. “Ek sien nie kans om nog ’n geliefde af te staan nie.” Sy kyk pleitend na Nina. “Behalwe dat jy my skoonsussie is, is jy ook my beste vriendin, en ek wil nooit weer deur so iets gaan soos met Damian se dood nie.”

      Nina kyk skuldig na Amelia. Was dit nie vir haar wat Nina is nie, het haar broer vandag nog geleef en was dit nie nou vir Amelia nodig om die toekoms alleen aan te durf nie. Sy kyk in Amelia se pleitende oë en iets in haar binneste gee skiet, iets waaroor sy al maande lank ’n sluier getrek het.

      “Ek het dit al oorweeg …” sê sy stadig. Amelia snak hoorbaar na haar asem en Nina is dadelik spyt dat sy die woorde geuiter het. “Ná Damian se dood is dit in elk geval net nie meer dieselfde nie … Ek verwag nog steeds party dae om hom in die teekamer aan te tref, vang myself dat ek soms vir hom ’n vleispastei bêre …” Sy sluk aan die knop in haar keel.

      “Dit is te verstane. Hy was jou tweelingbroer.” Amelia se stem is skor.

      “Ek weet nie wat ek sal doen as ek uit die polisiediens bedank nie. Dit is al wat ek ken, al waarvoor ek opgelei is, al waaraan ek my lewe lank blootgestel is. Dit en musiek.” Sy lag gedwonge. “Wat ’n kombinasie! Dit kry jy nou as ’n musiekonderwyseres met ’n polisieman trou en vyf seuns in die wêreld bring. Dalk het ek en Quinn Chauncey tog iets gemeen.” Sy gaan staan voor die venster. “Voordat ek dit egter enigsins verder kan oorweeg om uit die polisiediens te bedank, wil ek eers die meesterbrein agter daardie netwerk kry. Ek sal nie rus voordat ek hom opgespoor het nie.” Sy praat afgemete tussen haar tande deur.

      Amelia gooi haar hande in die lug. “Wat gaan dit help, Nina? Dit kan Damian nie terugbring nie. Die persone wat die bom geplant het, is agter tralies, dit is vir my genoeg.”

      “Nie vir my nie!” Nina vryf oor haar arms, want sy kry skielik koud.

      “Omdat jy skuldig voel oor sy dood. Hoeveel keer moet ek nog vir jou sê dit was nie jou skuld nie.” Amelia kom staan agter haar en sit haar hande op Nina se skouers. “Dink jy nie dit is tyd dat jy vrede maak met wat gebeur het nie, Nina? Dit is al byna ’n jaar. Jy het nog nooit in daardie tyd verlof gehad of vir jouself kans gegun om te rou nie.”

      “Daar was nie tyd nie.”

      “Nou dan is ek bly die kommissaris het jou hierdie ander opdrag gegee. Jy is gedaan, jy het donker kringe onder jou oë, jy eet nie genoeg nie … Kyk hoe lyk jy, jy is net vel en been.”

      Nina sug. Dit is nie die eerste keer sedert haar tweelingbroer se dood wat sy hierdie gesprek met die een of ander familielid het nie.

      Amelia gaan sit weer op die bank. “Ek het jou eintlik ’n groot guns kom vra.”

      Nina kyk vraend na haar en haar hart krimp ineen toe sy die trane in Amelia se groot blou oë sien. “Enigiets.”

      Amelia glimlag effens. “Jy moet dalk eers luister na wat ek vra voordat jy so geredelik daartoe instem. ’n Skoolvriendin van my trou Saterdag en wil graag hê jy moet op haar troue sing.”

      Nina kyk verbaas na Amelia. “Hoe weet sy ek kan sing?”

      “Sy het jou op ons troue hoor sing en wil hê jy moet dieselfde lied vir hulle ook sing.”

      Nina knik onwillig. Hoewel sy nie baie lus is daarvoor om op wildvreemde mense se troue te gaan sing nie, kan sy Amelia hierdie eenvoudige versoek nie weier nie.

      “Wonderlik!” Amelia tel haar handsak op. “Ek sal haar sê dat jy ingestem het en dan laat weet ek jou van die wat en waar.” Sy soen Nina op haar wang. “Dankie, ek weet dit sal oneindig baie vir Cassidy beteken.”

      Nina kyk op haar horlosie en verwens haarself vir die hoeveelste keer die afgelope twee dae dat sy ingestem het om by die troue te sing. Sy haat dit om in koffiewinkels rond te hang en dit is waar Amelia se vriendin Cassidy gevra het om haar te ontmoet om die reëlings te finaliseer.

      Nina staar onsiende na die mense om haar. Sy weet nie eens of sy nog die woorde kan onthou van die lied wat sy vir Amelia en Damian gesing het nie. Sy hoop maar so. Dan grinnik sy. Dalk kan sy sommer vir mister Chauncey vra om haar te help. Dit ís mos so in sy kraal.

      Nina wuif die kelner weg en kyk op haar horlosie. Cassidy is laat. Sy het genadiglik ’n uur vry voordat sy weer by die hotel moet wees, maar ’n uur is bitter kort om alles te finaliseer.

      Jack Chauncey het haar verseker dat Quinn vir die res van die oggend besig gaan wees om saam met sy orkes te repeteer en dat dit in orde is as Tshepiso vir ’n rukkie vir haar instaan. Sy het Quinn die afgelope twee dae net in lang, vervelige vergaderings gesien wat tot vervelens toe gegaan het oor die logistieke reëlings en probleme van die konserte wat oor drie dae geskeduleer is, die eerste daarvan volgende Donderdag. Die res van die tyd repeteer hy saam met sy orkes. Sover haar kennis strek, het hy nog nie een keer sy voete by die hotel se voordeur uit gesit nie. Sy behoort te weet, omdat Jack Chauncey haar gevra het om Quinn te vergesel indien hy wel sou besluit om uit te gaan.

      Uit die vergaderings het sy afgelei dat Quinn Chauncey ’n pynlike perfeksionis is, en sy moet heimlik aan haarself erken dat sy teen haar sin bewondering het vir alles wat hy met soveel gemak reël. Hy laat niks aan die toeval oor nie. Alles word tot in die fynste besonderhede bespreek. Hy is veral baie puntenerig sover dit die beligting aangaan. Hy dring aan daarop dat elke item op die program absoluut die regte atmosfeer moet hê. En terwyl hy oor die regte skakering van lig by sy konsertitems kibbel, is sy by die hotel vasgekeer – terwyl sy haar tyd

Скачать книгу