In landsbelang. Quintus van der Merwe

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In landsbelang - Quintus van der Merwe страница 10

In landsbelang - Quintus van der Merwe

Скачать книгу

stap langs die Seine af. Oral is toeriste wat luilekker langs die stadigvloeiende rivier stap. Dis ’n lekker warm aand en Johan probeer hom verbeel hy is ’n toeris. Onwillekeurig stap hy in die rigting van die Eiffeltoring. Honderde toeriste drom in toergroepe saam en kinders hardloop op die groot grasperke rond. Hy kyk op na die ou struktuur en dink daaraan dat dit eintlik vreemd is dat ’n simpel staalstruktuur die simbool van die hoofstad geword het. Johan merk ’n vrou met ’n klein dogtertjie op haar skoot. Hulle praat en lag met mekaar op die grasperk. Hy sug diep en stap stadig verder.

      Hy raak nou moeg vir sy alleenbestaan. Hy het so lanklaas ’n sagte vrouelyf teen hom gevoel dat hy vrees dat sy oordeel hom in die steek begin laat. Hy moes homself ’n paar dae tevore keer om nie aan die vrou voor hom in die trein se hare te raak nie. Dit maak ’n man ongebalanseerd en swak. Gefrustreerd en alleen stap Johan terug na sy woonstel.

      Toe hy die deur van sy woonstel oopsluit, merk hy onmiddellik dat iets in die vertrek anders is. Hy stap vinnig en geluidloos na sy slaapkamer, maar daar is niemand nie. Op sy balkon wat op die rivier uitkyk, lyk alles dieselfde. Maar iets is anders. Hy kyk in sy kas en tik die kode van die kluis in. Ook daar is niks vreemd nie. Sy rewolwer en enkele dokumente is soos hy dit gelaat het. Johan is daarvan oortuig dat iemand in sy woonstel was. Hy besluit om daar en dan iets daaraan te doen. Hy bel sy kollega se selnommer.

      “Janet, jammer om te pla. Ek bel nie graag na-ure nie, maar kan jy asseblief my woonstel so gou moontlik laat vee? Ek dink iemand het iets kom plant.”

      5

squigle.jpg

      DISAPPEARANCE OF CHIEF WEAPONS NEGOTIATOR LINKED TO ALLEGED PHOTOS OF PRESIDENT

      (Ivor Hubert)

      We can report this week that the disappearance of Mr Abdool Pillay can possibly be linked to allegations by an unknown source that the President of South Africa, Mr Jackson Dube, is directly involved with the arms purchase scandal.

      It has been established that a letter was forwarded to a senior politician of the governing party in which an unknown source threatened to publish photos of the president in a compromising position with a French prostitute. These photos were allegedly taken during a visit to France in September 2008, when Mr Dube was still Deputy President. He was at the time accompanied by Mr Abdool Pillay, head of weapons procurement, who is at present being investigated by the national prosecuting authority for possible bribes and kickbacks in the purchase of weapons from Thint, the French arms manufacturer.

      It has not been established by whom the photos were taken and how they are related to the arms deal, but the Office of the President has in the past repeatedly denied that Mr Dube was in Paris at the time, or that he was in any way involved with the arms procurement.

      If these photos do exist and can be linked to a specific date, it could result in a major embarrassment for the President and the government.

      Mr Pillay was last seen a week ago when he told his wife that he was flying to Cape Town for a meeting. He has not been seen since. A spokesperson for the company that employs him has denied any rumours that Mr Pillay may have fled the country. In the meantime no one has been able to confirm whether the alleged photos exist or how the information was leaked to the media.

      *

      “As die Mail & Guardian se feite reg is, is Dube in sy moer,” sê Johan. “Ek weet die man hou van vrouens, maar om nou so dom te wees om met ’n hoer afgeneem te word? En wie het die foto’s geneem? Die president was seker vreeslik gesuip.”

      Janet kyk hom ongemaklik aan. “Ek vrees ook dat hier moeilikheid kom. Of die foto’s bestaan of nie, die media gaan dié ding ondersoek totdat hulle agter die kap van die byl kom.” Sy vryf haar donker kuif met twee hande na agter.

      “Janet, as hulle kan bewys die foto of foto’s is in September hier in Parys geneem, dan is die president, met alle respek, diep in die kak. Ek weet die vorige ambassadeur is onlangs oorlede, maar daar sal mos rekords van die besoek wees.” Johan kyk goed hoe sy kollega reageer. “Het jy toegang tot sulke rekords?”

      Janet kyk na haar rekenaarskerm terwyl Johan praat. Die weerkaatsing van die rekenaarlig gooi ’n doodse, blou lig oor haar gesig. Johan besef weer eens dat hy nie veel uit sy kollega gaan kry nie. Hy maak aanstaltes om te loop, maar gaan staan voor hy die deur oopmaak.

      “Het julle toe enige afluisterapparaat of mikrofoontjies in my woonstel gevind?”

      Sy bly na die skerm kyk asof die antwoord daar lê. Hoe gaan hy toegang tot haar rekenaar kry? Dit is asof sy aan haar stoel vasgegom is.

      “Jammer, Johan. Ons werk deur ’n Franse maatskappy en hulle kan dit eers Dinsdag doen. Ek sal jou spaarsleutels hou tot dan.”

      “Dis seker okay. Ek sal maar my woorde tel wanneer ek met myself praat. Maar hier kom kak, Janet. Dis wat gaan spat as enige foto’s eers in die media se hande is. En jy weet net so goed soos ek dat ons voorgangers bewus sou gewees het van so ’n besoek.”

      Janet kyk vinnig op en dan weer stip na die rekenaar. Johan stap terug na sy kantoor. Hy moet gaan uitvind waarmee die ambassadeur haar besig hou.

      *

      Johan is daarvan oortuig dat hy Stockholm veel meer sou geniet as hy dit nie as spook moes besoek nie. Met die Suid-Afrikaanse Hoofde van Missies se vergadering in Swede is hy getaak om sy ambassadeur noukeurig dop te hou. Te midde van die opbouende spanning rondom die wapenaankope en potensiële fotoskandaal en die druk wat dit op ambassadeur Cloete plaas, is dit te verstane dat sy dopgehou moet word. Hy het ook uit ’n telefoongesprek tussen die minister en Nerine gehoor dat die minister haar in Stockholm wil sien.

      Die feit dat sommige van die Suid-Afrikaanse missiehoofde hom kan herken, beteken dat hy regtig ’n baie lae profiel moet handhaaf. Hy sou eerder sy tyd wou gebruik om Swede se vroue beter te leer ken as om met ’n vermomming in die ondergrondse treine rond te foeter.

      Johan is beïndruk deur die Sweedse openbare vervoer. Die treine en busse loop seepglad en op tyd. Hy het tyd om die stad bietjie te verken terwyl die klomp ambassadeurs en konsul-generaals vergadering hou. Dis een tyd wanneer hulle nie met onderduimse dinge besig kan wees nie. Hy kan hom goed voorstel hoe die spul probeer indruk maak op die minister en gatkruip by die direkteur-generaal. Hy voel gefrustreerd dat Janet so sloer en eers kastige toestemming van hoofkantoor moet kry voordat daar in die rekords vir bewyse gesoek kan word. Hy wou dit so gou moontlik afhandel, en nou moes hy eers Swede toe agter die ambassadeur aan.

      Die vergadering is net ’n vermorsing van belastingbetalers se geld. Almal saamgetrek in die First Hotel Royal Star, een van die duurste hotelle in die stad, en dit om oor dinge te praat wat net so maklik elektronies gedoen kon word.

      Hyself bly sowat twee kilometer verder in die Oden-hotel op die Odenplein. Dit is ’n gerieflike stapafstand na die stad en boonop is daar ’n metrostasie reg voor sy hotel. Baie naby aan waar Olaf Palme, die Sweedse premier, vermoor is. Blykbaar deur Suid-Afrikaanse agente.

      Terwyl Johan stad toe stap, verkyk hy hom aan die Swede. Dit is nog verbasend warm vir September en blyk ’n laat herfs te wees. Die straat is besig met mense wat inkopies doen en talle jongmense wat sorgeloos gesels of musiek luister met hul oorfone.

      Voor hom stap ’n vrou met oneindige lang bene in ’n stywe jean. Sy het hoëhakskoene aan en ’n nousluitende trui wat haar kurwes beklemtoon. Onwillekeurig stap hy dieselfde spoed en kan sy oë nie van haar

Скачать книгу