Kus vir die Kluisenaars. Esta Steyn

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kus vir die Kluisenaars - Esta Steyn страница 7

Kus vir die Kluisenaars - Esta Steyn

Скачать книгу

sal mekaar seker dan weer sien, as jy in die kontrei gaan bly. Hulle noem my ant Rissie.”

      “Nou maar, ant Rissie, ek is Fransie van Zyl.”

      “Fransie van Zyl …” herkou die vrou die naam en toe vee sy haar hande aan haar voorskoot af om die foon te gaan beantwoord.

      Ná die genadige koelte van Die Halt Kafee tref die versengende hitte Fransie opnuut buite. Die motor het gestaan en bak en sy voel hoedat ’n hoofpyn broeiend begin. Al die hoenders drom by die draad saam. Ant Rissie het merkbaar veel meer geweet as wat sy te kenne wou gee. Sy sal nou maar self moet gaan uitvind wie die mense van Dorkasbaai is. Toe sy Rusthalt uitry, kyk sy in haar truspieëltjie. Dit sal ek vir ewig onthou, dink sy. Dat ant Rissie van Die Halt Kafee my eerste kennis op Rusthalt geword het.

      Sy soek die uitdraaipad en kry dit maklik. Daar is ’n swart geroeste bord aan die linkerkant van die pad. Net hier en daar is nog ’n letter leesbaar. Die wit kalkpad is smal en stamperig en vol gate, net soos ant Rissie beduie het. Net nog erger. Fransie moet konsentreer om nie die Mini heeltemal gedaan te stamp nie. Sy ry in ’n westelike rigting en toe sy oor die eerste hoogtetjie kom, spoel ’n genadige vars luggie die ergste warmte weg. Om haar lê ’n dor en verlate landstrook. Die enkele manatokabome lê skuins, asof die wind hulle van kleindag af so gevorm het. Daar is ’n motorhek in die pad en sy hou stil. Sy klim uit en bak haar hand teen die son. Daar ver teen ’n hoogtetjie sien sy hoedat stofwolke teen die lug opslaan. Sy hoor vragmotors verweg dreun en sy word bly oor die tekens van lewe. Vir haar het dit al begin voel asof sy op pad is na die eindes van die aarde. Hier moes Melissa ook eens gery het met ou Jakes se geel kombi, dink sy. Die gedagte bring ’n mate van troos.

      Sy ry verder op teen die volgende hoogte en trek haar asem hard in. Die uitsig oor die steengroef lê ver en wyd voor haar. Die pad vurk in twee. Sy hou stil en kyk om haar heen. Die paadjie links lei op na ’n kliprant en die vaal kliphuis lê daar asof dit deel is van die hele milieu. Die vensters is met ’n strook wit verf omraam. Voor die huis is ’n klipstoep en kliptrap. Daar is verskeie buitegeboue. Sy kyk af na die regterkantse paadjie wat na ’n plat laagte lei. Twee groot staalkonstruksiegeboue se dakke blink in die son en daar ry verskillende voertuie. Verder na agter is ’n sandgat waar ’n geel laaigraaf aan die werk is. Op die agtergrond lê hope der hope klip van verskillende groottes. ’n Stofpad klim teen die rante uit en heel bo-op staan ’n massiewe vergruiser. Vervoerbande loop kruis en dwars en wit stof maak wolke in die lug. ’n Swaar vragmotor daal brullend af na die laagtes met ’n vrag klip. Onder op die gelykte by die kliphope hys hy sy bak skuins in die lug en stort sy vrag neer met ’n geraas wat selfs van hier af hoorbaar is. Dan eers sien sy die breë sementplatforms regs van die staalgeboue waar rye en rye sementblokke uitgepak lê.

      Sy sit nog ’n ruk lank en kyk na die bedrywigheid voor haar. Die see, besluit sy, moet seker daar iewers agter die rante lê. Sy bring die motor in beweging en kies die linkerpaadjie wat na die huis toe lei. Sy hou langs een van die buitegeboue stil.

      Hier woon die Van Egerens, dink sy onrustig. Melissa se spore lê hier. Hoekom het ant Rissie se gesig gaan stilstaan toe sy van die mense van Dorkasbaai gepraat het?

      Drie

      Fransie bly ’n rukkie besluiteloos in haar motor sit voordat sy uitklim. Die ou vaal kliphuis lyk bot toe en leweloos. Die werf is verlate en wit gevee. Daar is geen teken van ’n blom of ’n tuin nie, behalwe die paar aalwyne langs die huis. Die stoep loop om die huis na die sykant en daar lê die droë lappie gras. Die enigste koelte is die paar ou bloekoms op die werf.

      Sy klim onseker uit en toe sien sy die klein beweging by die hoek van die buitegebou. Sy draai om. Daar is hy: ’n klein seuntjie met vyf katte wat agter hom aanstreep. Hy dra ’n vuilerige wit broekie en ’n geel hempie. Sy wangetjies is rooi en sy ogies is groot en goudbruin. Goudgeel krulhare lê klam teen sy koppie. Sy mollige beentjies is bruingebrand.

      Sy stap hom tegemoet oor die wit werf en hy kom na haar toe met die vyf katte op sy hakkies. Hulle ontmoet mekaar halfpad en hy bly onseker staan. Dis Fransie wat die laaste entjie na hom toe stap en voor hom neerkniel. So dankbaar om ’n mens te sien, was sy lank nie! Al is hy dan ook net ’n klein, klein seuntjie.

      “Wat is jou naam?”

      “Jokie.” Hees, maar vrymoedig.

      “Is dit al jou katjies dié?”

      “Nee, nie die mammakat nie.”

      “Watter een is die mammakat?”

      “Die een met die wit stert.”

      “Hulle is baie mooi, Jokie.”

      Hy meet haar en hou sy geelbruin ogies op haar. “Wie is jy?”

      “Ek is Fransie.”

      Hy frons effens. Toe skud hy sy koppie. “Is nie,” sê Jokie van Egeren, “want jy is nie ’n oom nie.” Hy prop die kleinste kat onverskillig onder sy arm in. Die kat is tevrede om so dwars te bly hang.

      “Jy weet, Jokie, partymaal is Fransie ’n tannie.”

      Op daardie oomblik swaai die swaar voordeur oop. “Joachim … pieee!” skreeu ’n yl stemmetjie oor die werf. Toe verskyn die ou vroutjie op die stoep. Sy is dun en maer. Haar swart hare is yl en gevleg en agter op haar kop vasgesteek.

      Fransie loop oor die werf en klim die trappies van die stoep op. Die ou vroutjie bly asof versteend staan. Haar oë is klein en swart en los nekvelle skud toe sy praat: “Ek is Miss Mavis Viljee. Kan ek help? Soek jy iemand?” Haar eentonige stem kraak ongeduldig.

      “Fransie.” Fransie steek haar hand uit in ’n groet.

      “Fransie?” Die swart ogies deurpriem haar. “Fransie?”

      “Dis reg.”

      “Van Zyl?”

      “Ja, meneer Van Egeren het my aangestel as boekhouer.”

      Die vroutjie frons en bly ’n lang ruk stil. Toe bars sy los: “Moeilikheid, dis net moeilikheid. Joachimpie, loop in en loop was vir jou! Kyk hoe lyk jy. Waar was jy miskien?” Jokie vervat sy greep op die kat wat steeds skuins hang en waggel die stoeptrappies een vir een boontoe. Hy verdwyn gehoorsaam die huis in.

      Toe wend Miss Mavis haar weer tot Fransie. Miss Mavis, sien Fransie, dra ’n swart langmourok en swart kouse in die snikhete warmte. Die rok het ’n vaal kragie. Haar bene is dun en sy dra ’n paar swart loopskoene waarvan die veters half los is. “Dan moet jy maar inkom,” sug sy en swaai om. Fransie volg haar die huis in en sy praat die hele tyd in haar eentonige stemmetjie. “Mister Eli sal dit nou net mooi niks lyk dat jy ’n meisiekind is nie. Hier is ek met al my moeilikheid en nou nog dit ook!”

      Die voorvertrek is skemer en koel en die meubels swaar en donker. Die plafon is hoog en van massiewe balke. Hulle stap tot in die klipvloergang wat na die kombuis lei.

      “Is meneer Van Egeren hier?” vra Fransie versigtig.

      “Nee, hy en Joac is daar oorkant by die lorries. Simon is hier iewerste. Ek weet ook nie. Sit.” ’n Groot houttafel staan in die middel van die ruim kombuis. Miss Mavis trek ’n stoel skrapend oor die vloer. “Dan weet ek nou ook nie,” sê sy en gluur Fransie aan. “Mister Eli het my die kliphuisie daar anderkant laat uitvee en skoonmaak. Ek werk al van wanneer af om alles daar reg te kry. Want dis dan toe ’n man wat sal

Скачать книгу