Elita en haar lewe met F.W. de Klerk. M Meiring

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elita en haar lewe met F.W. de Klerk - M Meiring страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Elita en haar lewe met F.W. de Klerk - M Meiring

Скачать книгу

sy versot was op Tony, was aanvanklik net haar geheim. Verder was sy onbewus daarvan dat hy haar ook raakgesien het, trouens, méér as net raakgesien. Hy het reeds ’n plan gehad, maar daarvoor moes nog eers heelwat water in die see loop.

      ’n Paar maande ná hul ontmoeting, toe Elita na die Eastbourne Business College in Engeland gestuur is vir ’n kursus in sakeadministrasie, het sy en ’n vriendin weer “uitgebreek”. Hulle het hulle opgesmuk met grimering en uitspattige klere, na ’n restaurant gegaan en koeltjies ’n bottel wyn gesteel toe hulle daar uitstap.

      Dié eskapade het nie die kollege-owerhede óf Elita se ouers geamuseer nie. George en Nitsa het terstond na Londen gevlieg, Elita ontbied, haar uitgevra en betig, en haar toe na die opspraakwekkende musiekblyspel Man of La Mancha, gebaseer op die wedervaringe van Don Quixote, geneem.

      Toe Elita die lied “The Impossible Dream” in die musiekblyspel hoor, het iets in haar gestol. Op sestienjarige ouderdom het sy ’n besef gehad van die lewe: om te reik na ’n onmoontlike droom. In latere jare sou sy keer op keer na opvoerings van Man of La Mancha gaan.

      Intussen het haar drome gewentel om ’n lewe saam met die aantreklike, geheimsinnige, wêreldwyse Oxford-student Tony Georgiadis. Drome van ’n eie lewe vol avontuur; drome van ’n lewe waarin sy verrassende en wonderlike dinge sou doen; drome waarin haar onsekerheid oor haarself uitgewis sou word. En drome om weg te kom van die benouende wêreld van haar ma.

      Sewe: Die geheimsinnige kêrel

      Tony Georgiadis, hoewel met Griekse ouers, het Engels grootgeword. Dit was deel van sy besonderse aantreklikhede, en een van die dinge wat hom so anders gemaak het as die jong manne in Elita se kring. “Hy is geheimsinnig. ’n Mens kan hom nie mooi peil nie,” het Elita aan haar boesemvriendin Maria en aan Myrto en haar ander vriendinne begin vertel. Hy was haar Heathcliff uit Wuthering Heights.

      Dit was gou vir een en almal duidelik dat Elita smoorverlief is, maar Tony, wat pas afgestudeer het aan Oxford en na Columbia in die VSA is vir verdere studie, was nie oorhaastig om te kom vlerksleep nie. Al het hy reeds aan sy Amerikaanse universiteitsmaat Larry Pressler ’n foto van die sestienjarige Elita gewys en gesê: “Sien jy hierdie meisie? Ek gaan nog met haar trou.”

      Elita was pas sewentien toe sy ’n uitnodiging na ’n neef se partytjie aanvaar het. Vanweë haar bekende renons in partytjies en haar bittere skaamheid was haar vriende baie verbaas, maar Elita had ’n geheime plan: sy het geweet Tony Georgiadis sou ook daar wees. Tony was toe inderdaad daar en hy het duidelik net aandag aan Elita gegee, maar hy sou haar nie eens kon soen nie, daarvoor was die protokol waarmee hulle albei grootgeword het te streng.

      Die romanse het tydsaam en pynlik korrek verloop. Tony moes eers beide George en Nitsa se guns wen, en hy moes deur die proses van ’n paar etes en formele besoeke vorder tot die punt dat hy ouers kon vra. Nitsa het gou haar goedkeuring aan Tony gegee, maar George se huiwering om die huweliksmoontlikheid goed te keur was stellig omdat dit sou beteken dat sy dogter Athene moes verlaat, want Tony se lewe en basis was in Londen.

      Tony het moeite gedoen om sy moontlike toekomstige skoonouers te beïndruk. Hy het hulle genooi om hom te vergesel na die tweejaarlikse Poseidonfees, ’n skouspelagtige en uiters gewilde byeenkoms aan die Sounion-kus om die god van die see te vereer. Terwyl George en Nitsa deeglik bewus was van die twee jong mense se gevoelens vir mekaar, is dit nie openlik bespreek nie – die gesprekke het wye draaie geloop om elke denkbare onderwerp behalwe die verhouding tussen Tony en Elita!

      Kort daarna was Tony weer in Athene, en aangesien Elita se ouers op reis was in Afganistan, het sy, met haar heimlike genot in rebelsheid, alleen saam met hom uitgegaan – nie juis die soort ding wat ’n goed opgevoede meisie van Athene in daardie jare sou doen nie.

      George en Nitsa was skaars terug toe Tony in Desember 1970 formeel kom besoek aflê het om die Lanaras-gesin te nooi om saam met sy gesin – sy moeder, lady Clio Crawford, en sy ouer broer Alexander en sy vrou Katingo – vir vyf dae na die ski-oord Zermatt te gaan. Dié uitnodiging was stellig op aanstigting van lady Crawford.

      ’n Byna komies-formele reëlingsnetwerk is opgestel. Lady Crawford sou as gasvrou in Zermatt optree, en dit was in haar aard om in die oortreffende trap te onthaal. Later sou sy graag skimp dat dit sy was wat George tydens daardie skivakansie oorreed het om sy seën aan Tony en Elita se toekomsplanne te gee.

      Met die aanvang van die vakansie het Tony tussen die ski-lope deur ’n afspraak met Elita gereël vir aandete in die restaurant. Daar het hy haar gevra om te trou, en ná die ete het hy George en Nitsa formeel om hulle toestemming gevra. Vir Tony en Elita was die hele komplekse gedoente ’n belaglike charade, maar die twee families het met gepaste, en selfs kamma verbaasde geesdrif die verlowing gevier.

      Toe het die intensiewe reëlings begin wat ’n Griekse huwelik verg. Reëlings oor gaste en spyskaarte en protokol en nogmaals reëlings, want so ’n troue is met amper militêre presisie van minuut tot minuut beplan. Elita, pas negentien jaar oud, sou in die vereiste – dus gróót – tradisie van Kolonaki trou.

      Eers sou daar die Britse burgerlike huwelikseremonie wees, aangesien hulle in Engeland sou gaan woon.

      Voor die burgerlike troue in Londen se Caxton Hall in Mei kon plaasvind, moes Elita eers die – vir haar – uitmergelende proses deurmaak van trousseau koop saam met die geesdriftige Nitsa. Daar is na Parys, Milaan, Londen en Genève gevlieg vir tallose inkope. Moeder en dogter het, soos te verwagte voor ’n troue, vasgesit, opgemaak, vasgesit, opgemaak en uiteindelik doodmoeg saamgestem oor die klere, kleure en juwele.

      Kort voor lank het Elita haar in Londen bevind, waar Alexander en Katingo as getuies opgetree het by hul burgerlike huwelik. Alexander-hulle het ook gesorg vir die onthaal daarna, en toe eers het die bloedjong Elita besef dat dinge in Engeland anders gaan wees as in Griekeland. Nóg sy, nóg haar ouers het gedink die siviele seremonie sou meer wees as net dit, en hulle het glad nie voorsiening gemaak vir ’n viering nie. Nitsa het die onthaal bygewoon, maar by dié gulle geleentheid het Elita ’n ernstige toeval van heimwee beleef, en veral ’n intense verlange na haar pa wat nie daar kon wees nie. Dit sou nie die laaste keer wees dat sy sou vind dat die Engelse manier van doen en die Griekse manier om dit te begryp bots nie.

      In Junie is die groot, luisterryke Griekse troue in die Gholfklub in Athene gehou. Vierhonderd gaste was teenwoordig, en die lang, skouspelagtige seremonie het met gepaste Griekse religieuse simbole en emosie afgeloop.

      Vir Elita was haar huwelik heimlik ’n kans om van haar ma weg te kom, maar die werklikheid dat sy die huis finaal verlaat, het haar behoorlik getref toe haar vriendinne met ondeunde grappies kom afskeid neem het voor die jong egpaar op hul wittebroodsreis sou vertrek. Haar kinderlike mistroostigheid moes gou verdwyn toe sy en Tony Rome nader, en ná ’n paar dae in die Algarve aan die Portugese kus het hulle na Harare gevlieg om by haar nuwe skoonma en sir Frederick te gaan kuier.

      Dit was Elita se eerste besoek aan Afrika, terwyl Tony daar gebore is toe sy vader en Clio nog ’n vooruitstrewende tabakboerdery en uitvoerbesigheid in Kampala in Uganda gehad het. Vader Vassos was die derde seun van Hippocrates en Annie Georgiadis, gesiene inwoners van Smirna in Klein-Asië, waar ’n ryk Griekse gemeenskap reeds geslagte lank gevestig was en waar Hippocrates verbonde was aan die tabaknywerheid. In 1920 het die Turke in hul bloedige stryd teen die Grieke Smirna binnegeval en dit totaal verpletter, en die Griekse bevolking het en masse gevlug. Baie Grieke uit daardie streek het in dieselfde groot volksverskuiwing as Menelaos en Martha Zotiadis in Athene aangekom.

      Ná Annie Georgiadis se dood het Hippocrates die gesin in Kaïro gevestig, waar hulle deel geword het van die groot Griekse gemeenskap. Daar het Vassos volgens die gebruik van die tyd ’n gereëlde huwelik met die jong Clio Colocotronis

Скачать книгу