Elita en haar lewe met F.W. de Klerk. M Meiring

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elita en haar lewe met F.W. de Klerk - M Meiring страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Elita en haar lewe met F.W. de Klerk - M Meiring

Скачать книгу

waarin wit koloniste wreed uitgemoor is. Tony is vir verdere opleiding na King’s School in Engeland gestuur, en daarna het hy aan Oxford en Columbia gestudeer.

      Hy is bekend as ’n rustelose, dinamiese man wat vroeg al ’n fyn sakesin ontwikkel het. Teen die tyd dat hy en Elita getrou het, het hy reeds sakebelange oor die wêreld gehad, en ’n byna koorsagtige gereis was deel van sy lewe. Omdat sy as kind dikwels gereis het, het sy die reise saam met Tony baie opwindend gevind, want sy het gehou van nuwe en vreemde plekke.

      In haar nuwe lewe as getroude vrou het sy weelderige pelse gedra, en Tony het haar leer bestuur in sy duur Mercedes-sportmotor. Sy het vir die eerste keer in haar lewe ’n knoop aangewerk – aan ’n kortbroek van Tony – en hy het selfs ’n foto van dié deurbraak geneem!

      Tussen Elita en haar skoonsuster Katingo het gou ’n band gegroei, deels omdat hulle ’n verenigde front gevorm het teen hul nimmereindigend sosiale en energieke skoonma. Die twee mooi, jong vroue is kort voor lank as trofeevrouens van hul gesofistikeerde en aantreklike mans raakgesien.

      Ná hul besige wittebroodsvakansie het die paartjie in Tony se eenslaapkamer-woonstel in Carlyle Lodge in Chelsea ingetrek, en daarna het hulle ’n groter woonstel in Basil Place, in die skadu van Harrods, gekry. Maar Elita was swanger en Tony was haastig om ’n vaste vesting te kry voordat die baba gebore word. Toe koop hy ’n huis.

      Agt: Die paradys is te stil

      Die huis was tipies die soort ding wat Tony met sy besonderse geaardheid sou doen: dit was ’n herehuis. Die pragtige historiese woning het deels uit die sestiende eeu, die tyd van koning Hendrik die Agtste, gedateer. Genaamd The Stud House vanweë die aanliggende stalle vir die koninklike perde, is dit geleë in die eksklusiewe Hampton Court Park, ’n huis met agt slaapkamers, groot onthaalvertrekke, ’n glasomhulde conservatory en uitgestrekte tuine.

      Die Georgiadisse was onbewus daarvan dat die huis ’n verbintenis met Suid-Afrika het: dit het behoort aan lady Sarah Wilson, die dogter van die hertog van Marlborough en die tante van Winston Churchill. Haar man, luitenant-kolonel Gordon Wilson, was tydens die Anglo-Boereoorlog die aide de camp van kolonel Baden-Powell. In 1909 het lady Sarah in Stud House ’n boek, South African Memories, oor haar avontuurlike verblyf tydens die oorlog geskryf. Sy het Suid-Afrika deurkruis, en het onder meer vir Cecil John Rhodes goed leer ken en ook by sy huis in Groote Schuur gekuier.

      In Londen het Elita ’n toegewyde poging aangewend om haar Engels te verbeter. Sy het ’n “juffrou” gekry, wat haar uiteindelik veel meer as Engels geleer het. Soos sy met feitlik alle persoonlike verhoudings maak, het Elita nie geskroom om haar onkunde te wys en indringende vrae te stel nie. “Toe begin ons sommer met geskiedenislesse ook,” vertel Elita. “En op ’n manier het ek ook lesse in gasvrouskap gekry, want sy het my geleer hoe om na te lees oor die agtergrond van die mense wat by ons sou kom eet.”

      Gevolglik het die jong mevrou Georgiadis, wanneer Duitse gaste opdaag, geweet dat Duitsland ’n federasie is, en dat die Verenigde State ’n tweepartystelsel het. Gelukkig, erken sy, was sy nooit in ’n situasie wat sy enige van dié politieke stelsels moes kritiseer of verdedig nie!

      “Jy sou beslis navraag kon doen oor ’n tafelgenoot se kinders, maar maak eers seker of hy wel getroud is en kinders het,” het sy ook haar ma se voorskrif vir sosiale gesprekke onthou. Met haar liefde vir kuns het sy soms oor bekende skilders gepraat, en gou agtergekom as die onderwerp nie die tafelgenoot pas nie.

      Ook het sy klein truuks geleer om mense uit te lok. Waar die Georgiadisse later ’n goeie verhouding met Margaret Thatcher opgebou het, het Elita aanvanklik sterk aangevoel dat die ouer vrou nie eintlik ander vroue raaksien nie, maar veel eerder ’n “man se vrou” is. Haar deurbraak met lady Thatcher het gekom toe sy op ’n onthaal spontaan vir die ouer vrou gesê het: “U lyk pragtig in daardie rok.”

      Nie juis iets wat ’n mens vir so ’n politikus sê nie, en ook nie eintlik in Elita se aard om sulke persoonlike opmerkings te maak nie, maar die gedugte lady Thatcher het onmiddellik vermurwe en ’n nouer band het tussen die twee vroue ontstaan. “Ons kon selfs later oor wêreldsake praat,” onthou Elita prettig.

      Klein Clio Georgiadis is in April 1972 gebore, kort ná die intrek in Stud House. Tony het gou gesorg dat ’n personeel aangestel word, onder wie ’n Portugese egpaar, Alice en José. Ondanks die opwinding van ’n nuwe baba en ’n nuwe huis en probeer vastrapplek kry in ’n nuwe land, het iets aan Elita geknaag – iets wat sy nie onmiddellik kon peil nie.

      ’n Terloopse opmerking van lady Crawford het haar skielik laat besef dat Katingo, die dogter van die skeepsmagnaat Nicos Pateras, baie gemakliker in die Georgiadis-familie voorgekom het as sy. Waarom voel Katingo so tuis en ek nie? het Elita gewonder.

      Toe, danksy haar skerp waarnemingsvermoë, snap sy dat die probleem dalk is dat sy nie ’n bruidskat na die huwelik gebring het nie! Iets wat Katingo beslis sou gedoen het.

      Reg of verkeerd, George Lanaras het hard gelag oor sy dogter se “ontdekking”. En dadelik toegegee dat hulle Lanarasse darem baie onnadenkend was in dié opsig, selfs ploerterig. Terwyl dit vir Elita ’n uiters belangrike en sensitiewe saak was, het hy geskater daaroor, maar onmiddellik ’n yslike bedrag geld in sy dogter se huwelik gestort.

      Nog iets het gehaper. Alice, Elita se huishoudster, het saamgestem: in dié vredige, eg Britse landskap van rose en grasperke en hoewegeklap van ruiters het hulle die ewige gedruis van motorverkeer gemis!

      Hierdie paradys is te stil, het die twee vroue mekaar verseker. Nie een van hulle sou ooit heeltemal tuis voel in Engeland nie.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R23RXhpZgAATU0AKgAAAAgADQEAAAMAAAABD58AAAEBAAMAAAABCxoAAAECAAMAAAADAAAA qgEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAAsAEbAAUAAAAB AAAAuAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAwAEyAAIAAAAUAAAA3gE7AAIAAAAHAAAA8odpAAQA AAABAAAA/AAAATQACAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNp bnRvc2gAMjAxMzoxMDowMiAwOToxNjo0NABuYXpsaWoAAAAAAASQAAAHAAAABDAyMjGgAQADAAAA Af//AACgAgAEAAAAAQAABv+gAwAEAAAAAQAACkgAAAAAAAAABgEDAAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAAB AAABggEbAAUAAAABAAABigEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAABkgICAAQAAAABAAAcHQAAAAAA AABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9iZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJ CAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM DAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAbQMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAAD AAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkKCxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwz AQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWSU/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXC o3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3 EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGxQiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNz NPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVN

Скачать книгу