Susanna M Lingua-keur 10. Susanna M. Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 10 - Susanna M. Lingua страница 15

Susanna M Lingua-keur 10 - Susanna M. Lingua

Скачать книгу

weke getroud …” glimlag sy.

      Dewalt se hartlike lagbui laat haar meteens stil word. “Jy laat die vier weke klink asof dit vier jaar is, my vrou,” laat hy nog steeds laggend hoor. “Ons huwelikslewe het maar pas begin, jong. Daar lê nog ’n hele leeftyd voor.”

      Dewalt is die hele ent pad in ’n vrolike luim. Vol grappies en gelag hou hulle die middag voor hul tuiste in die Drakensberge stil.

      Mevrou Hugo is baie bly dat hulle eindelik weer tuis is. Sy bedien hulle met tee en daarna gaan pak Natasha hul tasse uit terwyl Dewalt sy pos nagaan.

      Sy is nog besig met die laaste tas, toe hy hul slaapkamer met ’n breë glimlag binnestap. “Natasha, my meisie, jy sal nooit raai watter goeie nuus ek pas ontvang het nie!”

      “Wag, laat ek raai,” glimlag sy. “Jou draaiboek word verfilm en –”

      “Nie net die draaiboek nie,” val hy haar opgewonde in die rede, “ook die ander manuskrip is vir televisie aanvaar. Besef jy wat dit vir my beteken, ou kleintjie?”

      “Ja, ek besef dat jy oornag feitlik ’n miljoenêr geword het,” sê sy, self ook opgewonde. “Baie geluk!”

      “Meisiekind, jy is my gelukbringertjie,” lag hy en soen haar op die punt van haar fyn neus.

      Natasha wil net weer voortgaan met die uitpakkery, maar Dewalt maak dadelik beswaar en stel voor dat sy eers ’n glas vonkelwyn saam met hom geniet. Dit is mos darem nie elke dag dat ’n draaiboek van hom in Amerika verfilm word nie!

      Terwyl Natasha later weer besig is om hul tasse verder uit te pak, bel Dewalt sy pa om hom die goeie nuus mee te deel. Hierna bly Dewalt se telefoon aanhoudend lui, want Irene het al hul vriende van die groot nuus vertel.

      Die koerante is die volgende dag vol van die bekende Afrikaanse skrywer se groot deurbraak. Ook die radio saai die opwindende nuusflits uit.

      Die tweede dag na hul tuiskoms lui die telefoon, wat die hele oggend stil was, meteens. Dewalt, net mooi op die punt om sy lessenaar op te ruim, frons onthuts oor die ontydige oproep so vroeg in die oggend, maar hy tel nogtans die gehoorbuis op. “Dewalt de Meyer hier,” sê hy kortaf.

      “O, Dewalt, my skat, dis wonderlik om weer jou stem te hoor.”

      “Esna …!” roep hy verdwaas uit.

      “Jou eie Esna, my skat,” lag sy saggies. “Jy klink baie verbaas, jong.”

      “Ek is uit die veld geslaan,” sê hy effens verward. “Trouens, enige man sal omtrent op sy rug val as ’n ander man se verloofde hom bel en sê dit is wonderlik om weer sy stem te hoor en dat dit sy eie Esna is.”

      Natasha, wat die telefoon in die eetkamer hoor lui het en onder die indruk is dat Dewalt gaan stap het, steek geskok ’n tree van die oop deur af vas toe sy hoor van wie die oproep kom. Sy het nog nooit in haar lewe luistervink gespeel nie, maar Dewalt is immers haar man en sy wil weet waarom Esna hom nou ewe skielik bel. Toe sy hom destyds kon kry, het sy ’n ryker man se geld bo hom verkies. ’n Ryker man se geld … ’n Ander gedagte skiet Natasha te binne en sy weet meteens helder en seker waarom Esna vir Dewalt gebel het.

      Sy het ongetwyfeld in gister se koerante gelees dat Dewalt waarskynlik baie ryk gaan word, dink Natasha, en nou wil sy Dewalt natuurlik terughê – die gewetenlose fortuinsoekster!

      Terwyl Natasha nog hierdie moontlikheid oorweeg, hoor sy die spanning in Dewalt se stem. “Presies waarom het jy my vanoggend gebel, Esna?” vra hy.

      “Jy klink so … so ernstig en kortaf, my skat,” lag Esna ietwat onseker, want dit is presies hoe sy voel – onseker of sy nog dieselfde aantrekkingskrag het as toe hy haar destyds feitlik aanbid het.

      “Jy maak ’n fout. Ek is nie ernstig of kortaf nie. Ek is maar net nuuskierig om te weet waarom jy vanoggend met my wil praat,” sê hy met ’n effense laggie in sy stem.

      “Ek het na jou verlang, Dewalt. Daarom het ek gebel. Ek besef dat ek ons destyds albei ’n onreg aangedoen het … toe ek ons verhouding tot niet gemaak het. Dit is tog vir jou wat ek liefhet. Ek het gister my verlowing verbreek –”

      “Wag ’n bietjie, ou meisietjie,” keer Dewalt voordat sy meer kan sê, “jy praat asof ons maar net weer die drade kan optel waar jy dit maande gelede laat val het. Dit baat my hoegenaamd niks dat jy jou verlowing verbreek het nie, want ek is ’n maand gelede getroud.”

      Die nuus dat Dewalt getroud is, is vir Esna ’n geweldige skok. Sy het beslis nie verwag om dit te hoor nie. Trouens, sy was nog altyd onder die indruk dat hy oor haar treur. Sy besef meteens dat sy vinnig maar oordeelkundig sal moet optree as sy Dewalt en sy nuwe rykdom vir haarself wil inpalm.

      “Ek kan nie glo dat jy getroud is, dat jy iemand anders bo my kon verkies het nie, my skat. Het jy my dan nie meer lief nie?” wil sy onbeskaamd weet.

      “Dit is baie onbillik van jou om so ’n vraag aan my te vra,” sê hy stroef, onbewus daarvan dat hy reeds sy liefde met hierdie ontwykende antwoord aan haar verraai het.

      Die wete dat Dewalt haar nog steeds liefhet, laat Esna se hart meteens opgewonde klop en in haar gedagtes sien sy reeds die duur pelse, juwele en oorsese reise.

      “Ag, toemaar,” koer sy verleidelik in sy oor, “ek weet jy het my nog steeds lief, my skat. Jy kan maar ophou om so ontwykend te wees en my liewer vertel wat jou besiel het om te gaan staan en trou. Ek glo nie jy is lief vir die vrou met wie jy getroud is nie, Dewalt, my liefling,” sê sy.

      Hoe kan hy ’n ander vrou liefhê terwyl hy haar liefhet? Sy mag nou wel nie van sy stand wees nie, soos sy pa en sy suster beweer, maar sy is darem ook nie onnosel nie. Sy vermoed dat hy in hierdie huwelik gedwing is. Terwyl Esna nog hierdie nuwe verwikkeling verwerk, onderbreek Dewalt se stem haar gedagtes.

      “Ek is nie bereid om my huwelik met jou of enigiemand anders te bespreek nie, Esna,” sê hy ietwat kortaf. “Jy sal my nou moet verskoon. Ek het dringende werk wat afgehandel moet word –”

      “Dewalt, my liefling,” val sy hom in die rede, ’n ondertoon van hartseer en kwesbaarheid in haar stem, “jy kan nie so wreed wees om my so … so harteloos opsy te stoot nie. Ek moet jou net sien. As jy my nie vanoggend om elfuur in Leliesvlei se koffiekroeg kan ontmoet nie, sal ek na jou huis toe kom –”

      “Onmoontlik,” val hy haar haastig in die rede. As hy Esna net een keer weer sien, sal al sy voortreflike voornemens om ’n toegewyde man vir Natasha te wees iets van die verlede wees. Hy ken sy liefde vir Esna – en hy weet ook hoe ’n swakkeling die liefde van ’n man kan maak.

      Nee, besluit hy, sy huwelik mag nie skipbreuk ly nie. Natasha het genoeg vertroue in hom gehad om haarself aan hom toe te vertrou. Hy kan nie nou haar vertroue in hom so wreed skok nie.

      “Niks is onmoontlik nie, my skat,” pleit Esna. “Ek móét jou sien. As ek jou nie elfuur by Polfyntjies kry nie, kom ek na jou huis toe. Ek gee nie ’n flenter om wat jou sogenaamde vrou van my besoek dink of sê nie.”

      “O, nou goed dan,” stem hy radeloos in. “Ek sal jou dan maar elfuur daar ontmoet. Tot siens, Esna!”

      Dewalt is bleek en duidelik moeg toe hy die gehoorbuis op die mikkie terugsit. Natasha is bitter teleurgesteld in hom toe sy stil omdraai en wegstap. Sy weet nie wat Esna vir hom oor die telefoon gesê het nie, maar sy

Скачать книгу