Susanna M Lingua-keur 10. Susanna M. Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 10 - Susanna M. Lingua страница 16

Susanna M Lingua-keur 10 - Susanna M. Lingua

Скачать книгу

vrou te skei en om dan met haar te trou. Sy ken Esna se soort. Hulle is almal eenders.

      Daar is ’n hartseer trekkie om Natasha se mond toe sy Dewalt se motor met die bergpad af hoor ry, onderweg na Leliesvlei en Esna se ope arms. Sy weet dat sy reeds teen Esna verloor het. Sy is immers Dewalt se groot liefde.

      Natasha staan ’n lang ruk voor die venster en peins oor haar en Dewalt se huweliksbootjie wat so onverwags in stormagtige waters beland het. Dan stap sy na die klein sitkamer om ’n koppie tee saam met mevrou Hugo te drink.

      Vir Rina Hugo, wat die jong vrou nou al goed ken, is dit duidelik dat Natasha rusteloos en ongelukkig is. Sy wonder heimlik wat gebeur het, want vroeër, aan die ontbyttafel, was sy en Dewalt albei opgeruimd en gelukkig. Nou lyk dit ewe skielik of die wêreld onder haar padgegee het.

      “Ek dink ek sal ’n ent gaan ry, mevrou,” sê Natasha afgetrokke terwyl sy van die stoel af opstaan. “Hierdie wind wat so deur die bosse en om die hoeke van die huis huil, is genoeg om ’n mens gek te maak. Ek weet nie of ek vir middagete tuis sal wees nie.”

      Natasha verlaat die vertrek en ’n rukkie later seil haar motor met die bergpad af. Die huishoudster, wat Natasha se motor deur die sitkamervenster dophou, skud haar kop en wonder wat vanoggend in die twee De Meyers gevaar het. Meneer De Meyer was so bleek soos die dood toe hy vroeër die huis verlaat het.

      Natasha draai haar motor se neus in die teenoorgestelde rigting van Leliesvlei. Sy het geen sinnigheid daarin om Dewalt en sy minnares raak te loop nie. Maar dan skiet ’n ander gedagte haar te binne, en sy draai net daar om en ry Leliesvlei toe.

      Dewalt het nie die vaagste vermoede dat ek bewus is van Esna se telefoonoproep nie en dat ek weet sy wag nou vir hom in Polfyntjies nie, praat Natasha met haarself. Ek kan ook kwalik vir hom sê dat ek sy telefoongesprek afgeluister het en van hul geheime afspraak in die koffiekroeg weet. Ek sal hulle dus op heter daad moet betrap as ek wil hê hy moet weet ek is bewus van sy ontrouheid.

      Na sy gesprek met Esna is Dewalt nie net bleek nie, maar ook sy hande bewe sigbaar. In sy gemoed is daar ’n onkeerbare botsing van emosies. Sy hart juig omdat Esna hom gebel het, omdat sy na hom verlang het en hom dringend wil sien, maar sy verstand waarsku hom dat hy getroud is. Al koester hy nie daardie hartstogtelike liefde, wat hy nog steeds vir Esna voel, vir sy vrou nie, is daar nog sy huweliksbelofte, sy beginsels waarmee hy rekening moet hou. Hy durf nie toelaat dat Esna sy huwelik verongeluk nie.

      In Dewalt woed ’n onbeskryflike storm. Dit voel of hy in twee rigtings getrek word, en of die krag daarvan hom in twee wil skeur. Maar dan maak sy hart allerhande verskonings waarom hy sy afspraak met Esna moet nakom … Hy verkies dat Esna liewer nie na sy huis toe moet kom nie, want dit kan net ’n onsmaaklike affêre tot gevolg hê. Dit sal ook nie billik teenoor Natasha wees om haar in hul huis te ontvang nie. Daar is vir hom dus net een weg oop: hy sal sy afspraak met Esna moet nakom en aan haar verduidelik dat hy getroud is en dat sy hom asseblief nie weer moet bel of probeer besoek nie.

      Met hierdie goeie voornemens ry hy Leliesvlei toe. Ondanks sy besluit bruis daar egter ’n gevoel van opgewondenheid in sy hart omdat hy Esna spoedig weer sal sien. Sedert sy huwelik het haar beeld in sy geheue aansienlik vervaag, maar darem ook nie genoeg om sy liefde vir haar heeltemal te laat sterf nie.

      Dewalt dink aan die brief wat hy vanoggend van die rolprentmaatskappy ontvang het en dit val hom by dat hy Natasha nog nie eens van die brief vertel het nie.

      Ek sal die opwindende nuus vanaand met haar bespreek, besluit hy. Sy sal beslis die paar maande in Amerika geniet …

      Dewalt hou voor die koffiekroeg stil en klim uit. Die volgende oomblik is Esna by hom. Met ’n uitroep van blydskap gooi sy haar arms om sy nek en soen hom net daar langs sy motor. Dewalt moet hom met alle mag staal teen die drang om haar in sy arms te neem en haar soen met vuur en hartstog te beantwoord.

      “O, ek het so baie na jou verlang, my skat,” jok sy sonder om ’n oogspier te trek. “Ek kon nie anders nie, ek moes my verlowing met Pieter verbreek. Ek sien nie meer kans om sonder jou te lewe nie, Dewalt, my liefling. Aanvanklik het ek gedink dat dit Pieter is wat ek liefhet, maar dit was nie –”

      “Laat ons liewer binne toe gaan, Esna,” val hy haar sag in die rede en dwing homself om haar arms, wat nog steeds om sy nek is, weg te neem. “Niemand moet sien hoe lieftallig jy my omhels nie. Die mense op Leliesvlei weet dat ek getroud is, al het jy dit miskien vergeet.”

      Hulle stap die koffiekroeg binne en neem eenkant by ’n tafeltjie plaas.

      “Jy dink tog seker nie dat ek my aan jou sogenaamde huwelik steur nie, my skat,” laat Esna stroperig hoor. “Ons het mekaar lief en dit is al wat van belang is.”

      “Ek verstaan nou glad nie wat jy bedoel nie, Esna …”

      Die kelnerin kom neem hul bestelling en albei swyg totdat hulle bedien is.

      “Jy sê jy verstaan nie wat ek bedoel nie, my skat?” glimlag Esna so verleidelik dat Dewalt se hart sommer bollemakiesie slaan. “Dit is tog baie duidelik. As twee mense mekaar liefhet, trou hulle gewoonlik.”

      “Maar ek is reeds getroud, ou meisietjie,” help hy haar reg.

      “Ja, met ’n vrou wat jy nie liefhet nie. Watse geluk kan so ’n huwelik jou bring, Dewalt, my skat?” Sy kyk hom aan met haar groen oë wat lyk of hulle elke trek op sy gesig liefkoos. “Het jou vrou al ooit haar arms om jou nek gegooi en jou gesoen totdat die bloed warm en onstuimig deur jou are bruis? En wanneer jy haar soen –”

      “Ek het jou vroeër oor die telefoon gesê dat ek nie bereid is om my vrou of my huwelik met jou te bespreek nie, Esna,” knip Dewalt haar dadelik kort voordat hy sy voornemens heeltemal vergeet.

      “Is jy nou kwaad vir my, my skat?” vra sy met so ’n soet stemmetjie dat die streng uitdrukking in Dewalt se oë dadelik versag.

      “Nee, ek is nie kwaad vir jou nie, my groenoog,” glimlag hy met ’n warmte wat uit sy hele wese straal. Hy neem haar sagte hand in syne en druk sy lippe saggies teen haar handpalm. “Jy weet dat ek nooit vir jou kan kwaad word nie. Dit is net … Wel, jy maak dinge vir my baie moeilik.” Hy sug moedeloos en los haar hand. Dan sluip ’n verdwaaldheid in sy blou oë. “Hierdie ding wat vandag met ons gebeur het, is ’n groot ramp.”

      “Watter ding, my liefling?” vra sy en vly haar blonde kop lieftallig teen sy skouer.

      Op dieselfde oomblik, terwyl Esna so intiem met haar kop teen Dewalt se skouer leun, stap Natasha die koffiekroeg binne. Haar donker blik dwaal vlugtig deur die vertrek – totdat dit eindelik op Dewalt en Esna rus. Sy voel hoe ’n hewige opstand in haar bruis. Sy wil eers omdraai en vlug, maar bedink haar dan en besluit om liewer verby Dewalt se tafel te loop sodat hy kan weet sy het hulle daar gesien … Sy sal maak asof sy salig onbewus is van hul teenwoordigheid, asof sy toevallig hier op hulle afgekom het.

      Dewalt, totaal onbewus van Natasha se teenwoordigheid, streel die blonde kop teen sy skouer liefdevol. Die volgende oomblik kyk hy reg in Natasha se donker oë waar sy langs hul tafeltjie vassteek asof sy verbaas is om hom hier in die geselskap van ’n meisie aan te tref.

      “Natasha!” roep hy sag uit met ’n mengsel van skok en verleentheid. Hy vergeet skoon van Esna se kop teen sy skouer en staan so vinnig op dat sy byna van haar stoel afval.

      Natasha se wenkbroue lig vraend; hartseer en verwyt lê onverskuild in haar oë.

      “Ek dink jy moet liewer gaan sit, Dewalt. Jy trek almal in die

Скачать книгу