Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua страница 16

Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua

Скачать книгу

se gedagtes gou gaande en laat hulle bekommerd na hom opkyk.

      Dan is dit sy moeder wat eerste praat: “Wat makeer, Chris? Jy lyk so of jy slegte tyding ontvang het, kind.”

      “Ek het, my ou moedertjie. Julle twee moet vanoggend sterk wees, want die tyding wat ek vir julle bring is nie aangenaam nie … Pieter was verlede nag met sy motor in ’n ongeluk en sy toetand is sorgwekkend. Ons sal binne enkele ure moet vertrek. Ek het reeds vir ons plekke bespreek op die vliegtuig wat vanoggend vertrek.”

      “Ag, Chris, wat vertel jy ons, my kind?” roep sy moeder verslae uit en bars in trane uit.

      Sy vader aanvaar die nuus egter stil en gelate sonder om een woord te uiter. Maar Chris, wat al sy lewe lank so na aan sy vader leef, weet dat hy diep gewond is.

      Hy kry sy ouers innig jammer, aangesien hy goed besef wat hierdie nuus vir hulle moet beteken, hulle wat so lief is vir hulle enigste twee spruite.

      Dan is dit weer sy vader wat sag praat nadat Chris hom gehelp het om aan te trek. “Jy moet tog vir Oumatjie ook gaan verwittig van hierdie treurspel, my kind.”

      Toe Ouma die nuus verneem, haas sy haar dadelik na die moeder. Sy kan wel begryp hoe die ouerpaar vanoggend moet voel, aangesien sy self daardie beker al geledig het die tyd toe ook sy haar enigste kind en sy vrou moes afgee aan ’n afgryslike dood.

      Selfs in Ouma se losieshuis verloop die ontbyt daardie môre in stilte. Almal is bewus van die tragedie wat hom die vorige nag in Pretoria afgespeel het en in hoe ’n mate die nuus die Myburgh-gesin moes getref het.

      Met haar arms simpatiek om mevrou Myburgh se skouers, vergesel Ouma die vrou na die wagtende taxi wat die gesin na die lughawe moet neem.

      11

      Toe Rista by Pieter se lessenaar verbystap na die brandkas om vir Jurie die nodige lêers uit te haal, skiet haar oë opnuut vol trane. Die lessenaar lyk vir haar te verlate en leeg sonder die altyd opgewekte, netjies geklede Pieter daaragter. Net eergister het hy ewe opgeruimd op daardie selfde stoel agter sy lessenaar gesit.

      Met ’n sakdoekie vee sy die trane haastig weg. Sy sluit die brandkas oop, onbewus daarvan dat Jurie haar met innige jammerte staan en betrag.

      Jurie staan en wonder of Rista ooit hierdie tragiese treurspel te bowe sal kom indien Pieter dalk moet sterf. In sy hart bid hy vurig dat sy liewe vriend se lewe tog gespaar moet bly, ook ter wille van haar.

      Met ses lêers voor hom, neem Jurie later agter Pieter se deftige lessenaar plaas terwyl Rista met haar tikwerk voortgaan. Maar nie een van die twee is in staat om op enigiets te konsentreer nie, aangesien Pieter se toestand op die oomblik alle ander belangrike faktore oorskadu.

      Toe die horlosie twaalfuur slaan, staan Jurie op en gee die lêers weer vir Rista. “Ek sal nou moet gaan, Rista. Eenuur moet ek die Myburghs by die lughawe gaan ontmoet. As jy vandag nie lus voel vir werk nie, sluit maar gerus die kantoor en gaan huis toe. Ek sal jou nie in die minste kwalik neem nie, want selfs ek is nie by magte om vandag op enigiets te konsentreer nie.”

      “Goed, Jurie, ek wil net hierdie werkie afhandel en dan nog die vier afskrifte van daardie kontrak maak, dan sal ek maar toesluit en huis toe gaan.”

      Nadat Rista die laaste vel uit die drukker verwyder het, merk sy dat dit reeds halfvyf is. Dan besluit sy om ook maar huis toe te gaan, ofskoon dit nog ’n halfuur voor sluitingstyd is.

      Nou sal sy net genoeg tyd hê om haar te verklee voor ete en dan hospitaal toe te gaan om Pieter te gaan besoek. Sy hoop net dat Jurie nie straks vergeet het dat hy haar en Brenda vanaand hospitaal toe moet neem nie. Wel, as hy sewe-uur nog nie tuis is nie, sal ek en Brenda maar alleen moet gaan, besluit Rista toe sy die deur van haar motor agter haar toeklap en vinnig wegtrek. Ek moet Pieter vanaand sien. Ek wil met my eie oë sien hoe dit met hom gaan.

      Tuis staan Brenda reeds op haar en wag. “Vanaand is ek en jy alleen, ou maatjie,” verduidelik sy aan Rista toe sy merk hoe laasgenoemde na die tafel staar wat net vir twee gedek is. “Jurie het gebel om te sê dat hy onmoontlik voor agtuur tuis kan wees, aangesien hy die Myburghs sewe-uur eers by hul blyplek wil besorg. Dus, ons twee sal maar alleen moet gaan. Dit sal hopeloos te laat wees as ons op Jurie moet wag.”

      “Ja, ek dink ook so,” kom dit instemmend van Rista.

      “Nou goed, gaan verklee solank. Ek sal in die tussentyd vir ons opskep, dan kan ons gaan sodra ons klaar geëet het.”

      Sewe-uur op die kop is die twee vroue gereed om te vertrek.

      By die hospitaal aangekom, moet Brenda eers vra in watter kamer Pieter opgeneem is.

      Vir Rista is dit hartroerend om Pieter so bleek en stil te sien met al die wit verbande om sy kop en arm.

      Soos Jurie vroeër die oggend, gaan ook sy voor die smal bed sit, neem Pieter se gesonde hand in hare en druk dit teer teen haar wang. Met haar een hand streel sy liggies oor sy wang terwyl die trane vrylik oor haar wange rol.

      Dis vir haar uiters pynigend om te dink dat hy haar liewer gehad het as selfs sy eie lewe, dat hy liewer dood wou wees as om die lewe deur te gaan sonder haar.

      “O, as hy tog maar net gesond word,” kreun sy dit saggies uit, “sal ek alles in my vermoë doen om hom weer gelukkig te maak. Ek sal my lewe opoffer vir sy geluk.” Dan vee sy die trane af wat op Pieter se hand gedrup het.

      Brenda sit swyend teenoor Rista aan die ander kant van die bed. Vir haar is dit net so pynigend om die opgewekte Pieter in ’n bewustelose toestand te aanskou. Hy wat so aktief en vol grappe was.

      Na ’n halfuur moet Brenda en Rista vertrek om agtuur tuis te wees wanneer Jurie terugkeer van die Myburghs af.

      Tuis gaan Rista sommer dadelik bed toe. Die gebeure van die vorige nag, en daarmee saam heeldag se werk op kantoor, het haar totaal uitgeput en sy raak byna onmiddellik aan die slaap.

      Eers ’n dag na die aankoms van sy ouers en broer herwin Pieter sy bewussyn. In sy ylhoofdige toestand is die eerste woorde wat oor sy koorsige lippe kom ’n aanhoudende geroep na Rista.

      Sy ouers en broer herken hy nie een nie, selfs nie vir Jurie wat saam met die Myburgh-gesin langs sy bed staan nie.

      Gelukkig dat Jurie teenwoordig is, want hy ontbied Rista dadelik hospitaal toe.

      Sy het nou skoon die bewerasie van angs by die gedagte dat sy weer eens met Pieter gaan praat. Net die wete dat hy eerste na haar verneem het, bring opnuut trane in haar oë.

      Toe sy in die lang gang van die hospitaal afstap, voel haar gemoed so vol dat sy telkens moet sluk om die knop uit haar keel te kry. En toe sy eindelik die privaat kamer bereik, is haar oë weer so mistig van die trane dat sy die verpleegster langs Pieter se bed byna nie eens raaksien nie.

      Dan hoor sy hoe hy sag en aanhoudend na haar roep.

      Vinnig beweeg sy na die bed, buk vooroor en soen hom liggies op sy een brandende wang, terwyl sy met albei haar hande aan sy een hand vasklem.

      “Ek het gekom, Pieter,” sê sy met droefheid in haar stem. “Dis Rista wat met jou praat.” Dan streel sy hom saggies oor sy regterwang en sê weer: “Pieter, kan jy my hoor? Dis Rista wat met jou praat, Pieter.”

      Stadig gaan sy moeë

Скачать книгу