Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua страница 17

Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua

Скачать книгу

hy swakkies sê: “Ek is so bly jy het gekom, my liefling … Ek het so oneindig baie na jou verlang … Jy moenie weer weggaan nie, skat, jy moet hier by my bly … Sal jy, my liefling?”

      “Ek sal, Pieter. Maar maak jou oë toe en rus.”

      Na tien minute verval Pieter in ’n rustige slaap, tevrede in die wete dat Rista by hom is. En nog steeds sit Rista voor sy bed met oë wat dof is van trane.

      Stadig sak haar donker kop af totdat dit voor hom op die bed rus. Toe bars sy eindelik in sagte snikke uit om uiting te gee aan haar oorstelpte gemoed.

      Dit is vir Rista se oorlaaide gemoed te veel dat hy haar soos ’n kind soebat om hom tog nie alleen te laat nie. O, Pieter, roep haar hart verdrietig uit, ek sal jou nooit weer alleen laat nie, my dierbare vriend, nooit weer nie!

      Byna ’n halfuur lank sit sy saggies by sy bed en huil. So tref Jurie en die Myburghs haar aan.

      Met die eerste oogopslag merk Chris dat sy broer rustig slaap. Hy is Rista innig dankbaar daarvoor, want hy besef dat dit net haar teenwoordigheid is wat Pieter daardie rus verskaf.

      Saggies neem Jurie die wenende meisie aan die arm en lei haar na haar motor.

      Gedwee stap sy langs hom sonder om ag te slaan op die Myburghs wat hulle vergesel.

      Toe hulle die motor bereik, help Jurie haar in asof sy ’n klein dogtertjie is, maak dan die deur toe en sê aan Chris: “Ou Chris, een van ons twee sal Rista se motor moet bestuur. Soos jy self sien, is sy op die oomblik in geen toestand om ’n voertuig te bestuur nie.”

      “Goed, Jurie, ek sal die juffrou se motor bestuur. Dit lyk my sy trek haar Pieter se toestand vreeslik aan.”

      “Ja, man, dis te begrype. Hulle was altyd sulke groot maats.”

      “Wel, as julle gereed is, kan ons maar gaan. Gee my net die motor se sleutel, Jurie. Jy kan voor ry, ek sal jou volg.”

      “Ek het nie die sleutel nie, Chris. Jy sal dit maar by Rista moet kry, ou maat.”

      Met ’n ligte tred stap Chris na Rista se motor, maak die deur oop en klim langs haar in.

      Met haar kop agteroor geleun en haar oë gesluit, hou Rista die sleutel na Chris uit, menende dat dit Jurie is.

      ’n Wyle rus Chris se oë liefkosend op haar skone gelaat. Dan vou hy die klein wit handjie wat die sleutel na hom uithou in sy eie en sê besorg: “Luister, Rista, ek besef dat jy bitter jammer voel vir Pieter, maar jy moet jou regtig nie so oorgee aan jou verdriet nie. Jy maak jou net siek daardeur en Pieter sal jou vriendskap nog baie nodig hê.”

      Met ’n skok maak Rista haar oë oop en kom orent. Droom sy? Die stem is mos nie Jurie s’n nie!

      Verbaas staar sy die man langs haar aan en stamel dan effens verleë: “O, ekskuus! Ek het my misgis. Ek het gedink dat Jurie my motor gaan …”

      “Alles reg, Rista. Ek neem aan dat jy ’n hoofpyn het, daarom het jy jou oë gesluit,” val hy haar sag in die rede, los dan haar hand en neem die sleutel.

      Chris voel aangenaam verras noudat hy ook met die skone Rista kennis gemaak het. Wat hy hier voor hom sien, oortref daardie foto in Ouma se losieshuis ver. Dit laat eintlik sy hart vir die eerste keer in sy lewe woes in hom te kere gaan, want ’n beeldskoner vrou het hy nog nooit met sy twee oë aanskou nie.

      Wat hy egter nie kan begryp nie, is dat Pieter wou selfmoord pleeg oor ’n ander meisie terwyl hy so ’n beeldskone meisie as vriendin het.

      Dat daar ’n aantrekliker meisie bestaan as Rista, wil Chris nie glo nie. Vir hom is sy ’n meesterstuk uit die hand van die Skepper. En dat dit oor haar is wat Pieter sy lewe wou neem, kan hy nooit dink nie. Uit alles wat hy al van haar gehoor het, blyk dit geensins dat sy die soort meisie is wat ’n man op haar verlief maak net om hom vir die gek te hou nie.

      Dan luister hy weer aandagtig na Rista se pragtige stem toe sy sê: “Jy is seker Pieter se broer, dokter Chris Myburgh?”

      “Reg geraai. Ek ís Chris.”

      “Vertel my, dokter, sal Pieter ooit weer herstel met al daardie gebreekte bene in sy liggaam?”

      “Waar daar lewe is, is daar hoop, Ristatjie. Ons sal eers oor ’n paar dae weet hoe sake met hom gesteld is. Die verpleegster vertel my dat hy jou herken het.”

      “Ja, hy het,” antwoord sy sag en byt dan op haar onderlip wat al weer begin bewe.

      Maar Chris se oë is noulettend en hy neem dadelik sowel die ligte bewing van haar lip as die gebaar om dit te stil, waar. Dan sê hy egter bemoedigend: “Nou ja, dit op sigself is al ’n goeie teken, Rista. Dit toon altans dat sy brein nie beskadig is nie.”

      Toe hulle later voor Jurie se huis stilhou, sê Chris weer met ’n besorgde stem: “Luister, Rista, jy het ’n paar vermoeiende ure agter die rug. Ek meen jy behoort nou eintlik twee hoofpynpille te drink en ’n bietjie te gaan rus, weet jy. Dit sal ook verkiesliker wees dat jy liewer nie vanaand hospitaal toe gaan nie. Jy kan Pieter maar môremiddag weer besoek. Ek sal hom vanaand sê dat jy nie te wel is nie.”

      Toe klim hy uit, maak die deur aan haar kant oop en help haar galant uit. Met een oogopslag neem Chris haar van kop tot tone waar. Hy trek sy asem vinnig in, want sy is vir hom verruklik mooi en begeerlik.

      Nog nooit het hy aardse dinge begeer nie. Maar Rista begeer hy met elke asemteug, met elke klop van sy hart. Om haar te besit, sal vir hom louter geluk beteken. Dit sal sy beker van geluk laat oorloop. Dit sal vir hom die heuglikste dag van sy lewe wees, die dag as Rista sy eie vrou word.

      Stadig stap hulle met die paadjie op wat na die voorste stoep lei, elkeen onbewus van die ander se gedagtes.

      Rista het hom nog net deur betraande oë aanskou en kan nog geen opinie omtrent hom vorm nie. Wat haar wel aangenaam getref het, was sy diep, ryk gemoduleerde stem en die perfekte wyse waarop hy sy woorde uitspreek. Op sy persoon het sy feitlik nog geen ag geslaan nie. Sy het egter nog nooit ’n kans daartoe gehad nie, want met haar hele wese ly sy nog saam met die ongelukkige Pieter.

      In die sitkamer val dit Jurie vir die eerste keer by dat hy Rista en die Myburghs nog nie aan mekaar bekendgestel het nie.

      Weer eens word Rista se skoonheid deur twee Myburghs bewonder. Maar hierdie keer kan dit geen skade berokken nie, want dit is die ouerpaar.

      So, sit mevrou Myburgh en dink, moes my dogter gelyk het, die een op wie ek al die jare gewag het en op wie ek nog steeds wag, ’n dogter om op trots te voel.

      Dan wonder sy weer wie die gelukkige man gaan wees wat Rista eendag as vrou gaan kry. Sy hoop egter dat die geluk een van haar seuns gaan tref, want kyk net hoe mooi pas sy en Chris by mekaar, daar waar hulle langs mekaar op die bank sit – sy met haar raafswart krulle, donker oë en klein gestalte, en Chris met sy blonde krulkop, koringblou oë en forse gestalte. Hulle is ook albei stil en besadig van geaardheid en stel albei belang in die welvaart van hulle medemens. Volgens Ouma wou Rista ’n maatskaplike werker word. Hulle twee sal ’n ideale paar uitmaak, aangesien hulle feitlik alles gemeen het. Selfs haar eie lewenslange wens sal dan ook vervul wees as sy Rista as skoondogter kry.

      12

      Op kantoor die volgende oggend gaan

Скачать книгу