Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua страница 21

Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua

Скачать книгу

sy beurt is Pieter weer so diep in sy gedagtes versonke dat hy Rista se sagte tred nie eens hoor toe sy die saal binnekom nie. Eers toe sy voor sy bed verskyn, word hy van haar teenwoordigheid bewus.

      Toe hy haar sien, wel ’n innige blydskap in sy binneste op. Dan val dit hom skielik weer by dat sy nie vir hom bestem is nie en ’n neerslagtigheid oorval hom plotseling. Aan haar liefde durf hy nie meer dink nie. Dit sal nooit aan hom behoort nie. O, Rista, ek sal jou altyd bemin. Ja, tot my dood toe sal ek jou bemin en ook daarna, skrei dit weemoedig in sy hart.

      Dan verwelkom hy haar vriendelik, dog effens afgetrokke, en sê: “Ek is jammer dat ek jou self nie ’n stoel kan aanbied nie, maar neem tog een en kom sit hier naby my. Daar is soveel vrae wat ek aan jou wil stel. Ek het eintlik gewens jy moet vanaand hiernatoe kom.”

      “Goed, Pieter, praat maar. Ek sit oorgehaal om jou vrae een vir een te beantwoord,” merk sy effens lughartig op toe sy voor hom gaan sit. Sy het dadelik sy afgetrokkenheid opgemerk. Dus sal sy maar lughartig optree in die hoop dat sy hom in ’n opgewekter stemming kan bring. Neerslagtigheid pas hom tog glad nie.

      Met sy gesonde hand streel hy liggies oor haar twee hande wat op haar skoot gevou lê terwyl hy haar afgetrokke lê en aanstaar. Dan vra hy sag: “Wanneer gaan jy terug Kroondal toe, Rista?”

      “Ek is nog nie seker nie, Pieter. Miskien oor twee weke, miskien eers later.”

      “Het Jurie al vir my ’n tikster gevind?”

      “Ja, sy het vanoggend begin. Ek is juis besig om haar touwys te maak,” sê sy.

      Pieter voel hoe sy hart vinnig begin klop, maar hy onderdruk die gevoel gou en vra: “Hoe lyk dit, is sy darem bekwaam?”

      “Wel, ja. Sy ken die werk, Pieter. Sy het tevore ook in ’n prokureurskantoor gewerk.”

      “Nou luister, Rista, as dit die geval is, wil ek hê dat jy dadelik Kroondal toe vertrek.” Meteens neem hy albei haar sagte handjies in syne terwyl hy haar verlangend aankyk en pleitend sê: “Doen my vir oulaas hierdie guns, Ristatjie, en vertrek sommer môre.”

      “Pieter!” roep sy teleurgesteld uit. “Ek het nie geweet jy voel só teenoor my nie. Jy haat my seker met ’n verskriklike haat.”

      “Nee, my liefling, dis maar net omdat ek jou so liefhet. Ek sal jou nooit haat nie, my ou Ristatjie, jy is te eerlik en opreg. Ek sal altyd net met liefde aan jou terugdink. Maar jy besef blykbaar nie hoe swaar dit vir my is om jou daagliks te sien in die wete dat jy vir my onherroeplik verlore is nie … Ek moet jou liewer glad nie sien nie, my skat. Daarom vra ek jou weer om tog maar so gou moontlik te vertrek.”

      Rista voel die warm trane in haar oë opwel. In haar binneste voel sy so innig jammer vir hierdie ongelukkige man voor haar.

      Dan buk sy vooroor, neem sy gesig teer tussen haar twee hande en sê stamelend terwyl haar trane oor sy hande drup: “Nee, Pieter, ek gaan nie nou al weg nie. Wanneer jy eers uit die hospitaal is, vertrek ons twee saam, want sien, ek het nou besluit om jou vrou te word … as jy my nog wil hê, Pieter.”

      In ’n oogwink vou hy haar in sy gesonde arm toe, druk haar liggies aan sy bors en soen haar lank en innig.

      Toe hy later tot verhaal kom, sê hy duidelik teleurgesteld: “Ek is jou innig dankbaar vir jou onselfsugtigheid en konsiderasie vir my. Maar ek durf jou onselfsugtige aanbod nie aanvaar nie, my skat. Ek kan jou jong lewe nooit so verwoes deur nou met jou te trou nie.”

      “Maar, Pieter, wat praat jy nou, ou maat? Jy gaan my tog seker nie mishandel as ons getroud is nie!”

      “Nee, my liefling, dit sal ek nooit doen nie.”

      “Nou waarom praat jy dan van my lewe verwoes? Nie een van ons twee se lewe sal daardeur verwoes word nie.”

      “Luister, my skat, jy het my tog nie lief nie. Daarvan is ons albei oortuig. En wat gaan die lewe jou bied as die vrou van ’n man wat jy nie bemin nie? As my vrou sal jy tog intiem saam met my moet leef. Jy sal al die veelvoudige pligte van ’n vrou moet nakom, en elke regdenkende man verlang tog ’n kindjie. Dit sal mos nie regverdig wees teenoor jou nie, my liefling. Ek begryp wel dat jy vir my op die oomblik bitter jammer voel in daardie teer hartjie van jou. Maar jy begryp tog dat ’n huwelik nie gebou kan word op jammerte nie, maar alleen op egte liefde.”

      “Jou besware is veelvoudig. Maar ten spyte van dit alles is ek nog bereid om met jou te trou. Ek wil jou so graag weer gelukkig sien, Pieter.”

      “My skat, jy sal my nie só gelukkig maak nie. Alleen die wete dat jy nie gelukkig is nie, sal my altyd ongelukkig maak. Gaan maar gerus Kroondal toe sodat ek jou liewer nie meer sien nie. Dit sal vir my bitter swaar wees, want jy het so diep in my hart gekruip, Ristatjie. Maar dit kan nou nie anders nie – ons weë moet skei. Vir my is dit swaarder om jou elke dag te sien as wat dit sal wees indien ek jou glad nie sien nie. Jy moet liewer teruggaan, my liefling,” verduidelik hy pleitend.

      “Goed, Pieter, dan sal ek nou maar gaan,” sê sy sag en staan op.

      “Soen my nog net een keer voor jy gaan, Ristatjie … my eie liefling!”

      “O, Pieter, ek sal jou altyd liefhê as ’n dierbare vriend,” snik sy dit byna uit.

      “En ek sal jou altyd bemin met die liefde van …”

      Haar lippe doof sy laaste woorde uit.

      Buite die hospitaal sit Rista minute lank in die motor sonder om enige aanstaltes te maak om te vertrek.

      In stilte sit sy Pieter se woorde en besware en oorweeg. Wat hy alles daar binne aan haar verduidelik het, is wel oortuigend, al wou sy dit vroeër nie erken nie.

      Afgesien daarvan dat hy aan haar verduidelik het wat ’n huwelik sonder liefde vir haar sal inhou, is sy tog oortuig dat sy ’n sukses sou gemaak het van ’n huwelik met hom. Sy was bereid om alles op te offer vir sy geluk. Maar Pieter is te edel om haar so ’n onreg aan te doen net om sy eie geluk te verseker.

      Haastig sluit sy die enjin van haar motor aan en ry weg. Brenda en Jurie is seker al tuis, dink sy toe sy die motor se neus in die rigting van hulle huis stuur.

      15

      Drie dae nadat Rista Pieter die aand in die hospitaal gaan besoek het, besluit sy dat die nuwe tikster nou genoeg weet om sake alleen te behartig en dat haar hulp nie meer nodig is nie.

      Met ’n vriendelike handdruk groet sy Elise die môre toe sy die kantoor verlaat.

      Sy het klaar besluit om nog dieselfde middag Kroondal toe te vertrek. Net eers gou vir Jurie gaan groet en dan gaan inpak. Op pad sal ek sommer vir Oumatjie laat weet dat ek môremiddag tuis sal wees, staan sy en prakseer terwyl sy met die hysbak na die grondverdieping ry.

      Dan wonder sy weer of sy Pieter ook moet gaan groet voor sy vertrek. Dalk sien sy hom nooit weer nie.

      Maar sy besluit om dit liewer nie te waag nie. Teen hierdie tyd is hy straks al versoen met die gedagte dat hy haar nie weer sal sien nie en dan gaan krap sy net weer ou wonde oop.

      Nadat sy Jurie gegroet het sonder om ’n verduideliking te gee vir haar skielike haas terug Kroondal toe, ry sy reguit huis toe. Nou is sy haastig om te gaan inpak.

      Tuis

Скачать книгу