Schalkie van Wyk Keur 9. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Schalkie van Wyk Keur 9 - Schalkie van Wyk страница 4

Schalkie van Wyk Keur 9 - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

haar het nie.”

      “Soos ’n skilpad,” stel Peet voor.

      “Of ’n akkedis,” meen Gerrie.

      “Slange kan ook troeteldiere wees, nè, Sanet?” vra Peet onskuldig.

      Sanet wens sy kan omkyk na hom, want as Peet klink asof hy op pad is om in die kerkkoor te sing, weet almal daar kom moeilikheid.

      “Slange is gevaarlike troeteldiere, Peet,” antwoord sy.

      Die tweeling bars uit van die lag, flap op die agterste sitplek rond en skop met hulle bene in die lug om te wys hoe uiters vermaaklik hulle haar antwoord vind.

      “Is dit só snaaks?” vra Sanet vies.

      “Nie regtig nie, Sanet, maar meisiekinders kan sulke dom dinge sê. ’n Ou klein tuinslangetjie is niks gevaarlik nie. As ek ’n ou tuinslangetjie … haai, kyk, ons is klaar op die dorp!” roep Gerrie verras uit en druk sy neus plat teen die motorruit.

      Sanet bring haar motor voor ’n kafee tot stilstand en soek na haar handsak op die sitplek langs haar.

      “Waar is my …?” begin sy, draai om en sien Peet met haar handsak op sy skoot sit. “O, jy het dit. Gee my handsak asseblief aan, Peet. Ek wil vir julle ’n groot bottel koeldrank gaan koop, net ingeval oom Lukas nie koeldrank in die huis het nie.”

      “Ek sal vir ons koeldrank …” bied Gerrie gretig aan, maar Sanet raap haar handsak op en klim uit die motor.

      Sy swaai haar handsak oor haar skouer, loop die trap op na die sifdeur van die kafee en bly staan wanneer ’n lang, donker man dit oopstoot en dan in die deur vassteek, sy oë vasgenael op haar linkerskouer.

      “Sê my, juffrou, weet jy van hom, of is hy ’n ongenooide kuiergas?” vra die man. Hy sien die vraende uitdrukking op haar gesig en verduidelik: “Die molslang,” juis wanneer sy bewus raak van iets kouds en glibberigs wat om haar nek krul.

      2

      Die groot, donker man in die kafeedeur voor haar het nie regtig van ’n molslang gepraat nie. Die koue, glibberige gewaarwording om haar nek is net haar verbeelding, maak Sanet haarself wys. Sy knyp haar oë styf toe, maak haar mond oop om te gil, maar sluit dan weer haar lippe ferm opmekaar.

      “Ek … s-sal nie gil nie, want dan p-pik hy my,” stotter sy en haar oë pleit om hulp terwyl sy opkyk na die vreemdeling.

      “O, ’n ou molslangetjie se byt is onskadelik,” stel die man haar gerus. “Maar het jy geweet jy het twee oulike, goudbruin spikkels in die irisse van jou oë, juffroutjie? Stukkies goud … net soos die sproetjies op jou neus. Hmm, ek hou daarvan … ek hou werklik daarvan. Ek is Jean-Pierre du Pont, en jy is …?” stel hy homself bekend en steek sy regterhand na haar uit om te groet.

      “Meneer Du Pont,” fluister sy, te bang om hard te praat en die slang om haar nek te laat skrik, “ek lyk dalk nie so nie, maar ek kan sterf van vrees! Vat die slang weg en maak hom dood voordat ek ’n toeval kry!”

      “Maar juffroutjie, waarom sal ek ’n onskuldige molslangetjie doodmaak, as …” begin die man, maar hy kry nie die kans om sy sin te voltooi nie.

      “Sê haar, oom!” skree Gerrie met skrille verwyt in sy stem langs haar, steek sy hand uit en laat die molslang toe om oor sy hand en om sy arm te krul. “So ja, jy is nou weer veilig, ou Jannie. Sy naam is Jannie, oom, maar my … my ma sal hom vermoor. Sal oom asseblief vir my ma sê klein slangetjies soos ou Jannie is nie giftig nie?”

      Sanet, wat nog roerloos voor Jean-Pierre bly staan, te bang om asem te haal selfs nadat Gerrie die molslang verwyder het, sien verwonderd hoe die glimlag op Jean-Pierre se gelaat vinnig plek maak vir wisselende uitdrukkings van teleurstelling, ongeloof en afkeer.

      “Jou ma? Genugtig, jy was seker ’n kinderbruid … of liewer, ’n kleuterbruid,” sê hy misnoeg.

      Wat ’n onopgevoede lummel om so ’n persoonlike aanmerking te maak, dink Sanet terwyl ’n gloed van verontwaardiging oor haar nek en gesig kruip. As Gerrie net wil padgee met sy molslang, sal sy haar genoeg vererg om die verwaande vreemdeling op sy plek te sit.

      “Gerrie meen sy is ons stiefma, oom,” verbeter Peet op Gerrie se leuen, klim uit die motor en draf nader. “Oom weet mos hoe kwaai is ’n stiefma, maar ou Sanet is boonop verskriklik wreed! Oom se ma sou mos nooit ons arme ou Jannie vermoor het nie, nè, oom?”

      Sanet merk hoe snel die uitdrukking van misnoeë van Jean-Pierre se gesig verdwyn terwyl hy beurtelings na haar en die tweeling kyk. Hy glimlag hartlik vir haar en sy sluit haar oë vinnig sodat sy nie na hom of die molslang hoef te kyk nie.

      “Dan is die molslangetjie jul troeteldier?” verneem hy belangstellend.

      “Ja, oom, want hy het nie hare nie, sien?” verduidelik Gerrie. “Ons oom Lukas Grové kry hooikoors, daarom mag ons nie ’n kat of ’n hond of … haai, Sanet, wat van ons? Moet ek en Peet ook al ons hare afskeer, of sal ons nie vir oom Lukas hooikoors gee nie?” vra hy bekommerd.

      Sanet hou haar oë styf toegeknyp en ril aanhoudend, nie seker of dit net haar verbeelding is wat haar nek nog koud en glibberig laat voel nie. Sy is nog haar lewe lank bang vir alle reptiele. Selfs paddas maak haar half waansinnig van vrees, maar ’n werklike, lewendige molslang …!

      Sy sluk droog, ineens naar, en veg om haar gevoelens onder beheer te kry. As die tweeling maar weet hoe sy slange vrees, sal hulle haar lewe ondraaglik maak, daarom mag sy nie vir hulle wys hoe bang sy is nie. As die vreemdeling net wil padgee, sal sy moontlik weer dissipline oor die seuns kan handhaaf, want hy is klaarblyklik hulle bondgenoot.

      Gelukkig het sy nog altyd geweet hoe om van lastige mans ontslae te raak, dink sy, maak haar oë oop en kyk vas in Jean-Pierre se glimlaggende gesig. Sy is woedend.

      “Kinderbruid … gmf!” snou sy, maar merk uit die hoek van haar oog dat Gerrie sy arm met die molslang na haar uithou en vergeet van haar besluit om van Jean-Pierre ontslae te raak. Sy swaai vinnig om en slaag daarin om met ’n vertoon van verontwaardiging na haar motor te stap en die deur agter haar toe te slaan en te sluit.

      “En julle twee bly net daar totdat julle van daardie molslang ontslae geraak het!” roep sy dreigend deur die oop motorvenster, draai dit dan vinnig toe en gluur Jean-Pierre en die tweeling deur die voorruit aan.

      Sy sien hoe die tweeling na die molslang en dan na haar beduie, sien hoe Jean-Pierre iets sê en wens sy kan hoor wat hulle te sê het oor haar. Stiefma … verbeel jou! Wat het in die twee seuns gevaar? En dat ’n vreemde man die vermetelheid het om haar ’n kleuterbruid te noem!

      Sy kyk met halfhartige belangstelling na Jean-Pierre du Pont. Hy is ’n baie lang man, breedgeskouerd en met die voorkoms van ’n donker Fransman, soos sy naam aandui. Sy neem aan ’n Hugenote-voorouer het vir sy swart hare, swartbruin oë en sterk aristokratiese gelaatstrekke gesorg, maar dit was beslis ’n Hollandse of Duitse voorvader wat vir sy forsheid van gestalte verantwoordelik is. Sy skat hom nie jonger as vyf-en-dertig nie, hoewel sy glimlag hom baie jonger laat lyk. Sy hou van sy glimlag, flits die besef deur haar bewussyn en sy vererg haar onmiddellik vir haarself. Heel waarskynlik is hy jare lank reeds getroud, loop haar gedagtes verder en sy merk met verligting dat hy nie ’n troupand aan sy ringvinger dra nie. Baie mans dra nie trouringe nie, wys sy haarself tereg, en ’n man soos Jean-Pierre wat ’n vreemde meisie trompop loop en vertel sy het stukkies

Скачать книгу