Daan Dreyer se blou geranium. Derick B van der Walt

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Daan Dreyer se blou geranium - Derick B van der Walt страница 8

Daan Dreyer se blou geranium - Derick B van der Walt

Скачать книгу

die begroting soos jy dink dit moet wees en mail dit vir my.”

      Hy draai verbaas om. Dit was nie die gewone uitputtende gestry en eindelose redenasies nie. Vanessa se kop is by ander dinge. Meer ambisieuse dinge, vermoed hy. Sy het nog nie eers gevra oor sy planne vir nuwe stelsels nie.

      Nie dat hy het nie.

      Etenstyd kry hy soos gewoonlik vir Neels op die stoep voor die kafeteria.

      “Hoe vorder dit met die spanbouplanne?”

      “Mmm . . .” kou Neels. “Ek soek na iets wat ons nog nie gedoen het nie. Ek het mos ’n lekker begroting.”

      Hy lag. “Jy weet mos. Jy het die spulletjie self goedgekeur.” Kou. “By ’n moerse lekker plek.” Kou. “Waar ons kan kuier dat die byle huil.”

      Hy haal nog ’n dik toebroodjie uit sy kosblik.

      “ ’n Ou het my gebel.” Kou. “Ek kan vir ’n maand verniet by die yuppie gym hier om die hoek gym sonder om te betaal.” Kou. “Kyk of ek daarvan hou voordat ek aansluit. Ek kan iemand saambring.” Sluk. “Hoe lyk dit? Ek gaan vanmiddag kyk. Kom jy saam?”

      Hy vee die krummels van sy bors af en beduie na sy maag. “Ek dink ek sal ’n plan moet maak. Die kinders sê ek begin soos die Oros-mannetjie lyk.”

      Daan knik. “Ek sal bel.”

      Maar hy dink nie so nie. Hy is nie lus vir ’n rondspringery en ’n gesweet nie. Hy is net lus om by sy vrou te wees. Net dit. En dit sal genoeg wees, soos dit altyd was.

      Teen vieruur kry hy ’n e-pos van Neels: Die gym sal moet wag. Moet vir Renier by die krieket gaan oplaai. Amanda val vas.

      Hoofstuk 4

      Hoofstuk 4

      “Ek wil wegkom,” sê Karen terwyl sy kos in Napoleon se bak krap.

      “Hoe bedoel jy?” vra Daan.

      “Dit het rof by die werk gegaan die laaste paar weke en nou het ek ’n breek nodig. Alleen.”

      “Hoe bedoel jy?”

      “Daan, ek wil net die naweek iewers alleen gaan sit. Sonder jou en die kinders en die hond.”

      Alleen. Hy voel afgehaal.

      “Dis maar net . . .” Sy gaan sit op een van die stoele by die eetblad.

      Hy gaan sit oorkant haar.

      “Ek wil iewers alleen gaan asemhaal.”

      Hy kyk net na haar.

      “Iemand by die werk het ’n plek by die Hartbeespoortdam.”

      “Hoekom alleen?” vra hy versigtig.

      Sy antwoord nie.

      Toe Gloria Woensdagmiddag om sy kantoordeur loer, is Daan reg vir haar.

      Hy kan sy stelsels verduidelik en waar dit vandaan kom. Wie nou wat daaroor wil sê, maak nie saak nie; hy weet hy is reg. Dis nié onnodige rompslomp nie. As jy met geld werk, moet daar strukture wees.

      Sy groet en gaan sit op een van die gastestoele voor sy lessenaar. Kyk stip na die skildery wat teen die regterkantse muur hang.

      Sy staan op en gaan staan voor die skildery. “Ek ken nie die kunstenaar nie, maar ek hou baie hiervan.”

      Hy voel ongemaklik. Hy ken ook nie die kunstenaar nie. Karen het dit gekies omdat die kleure daarin die kleur van die mat optel of so iets.

      Gloria gaan sit weer en vou die dik lêer op haar skoot oop. Sy vra of hy verkies dat sy Afrikaans praat en of hy sal omgee as sy na Engels oorslaan.

      “Maak nie saak nie,” sê hy.

      Sy blaai in die lêer rond en maak dit dan toe.

      “Ek het nog altyd in syfers belanggestel. Ek dink dis omdat dit een van die min dinge in die lewe is wat presies is. Dis nie subjektief nie. ’n Mens weet waar jy staan. Daar is nie kans vir misverstande nie.”

      Sy praat stadig. Dink wat sy sê. Hy kyk woordeloos na haar. Hy wag.

      “Ek het julle state van die afgelope vyf jaar noukeurig nagegaan. Ek is beïndruk. Ek sien jy het ’n ferm hand. En jy speel ’n groot rol agter die skerms om dié skip op die water te hou. Ek vermoed ook jy kry nie die erkenning wat jy verdien nie. Maar glo my, dis maar orals so. Die mense wat die tjeks teken, is nêrens gewild nie.”

      Sy glimlag effens. Hy knik, speel met sy pen.

      “My deur staan altyd vir jou oop, selfs na-ure. Ek het nog nie ’n nuwe visitekaartjie nie, maar hier is my besonderhede.” Sy skuif ’n kaartjie oor die lessenaar.

      “Bel my as jy moet. En jy hoef nie die kanale te volg nie. Jy kan direk met my praat as dit nodig is. Wat jy doen, is belangrik.”

      Sy staan op en stap met ’n hoflike kopknik uit.

      “Slaan my dood,” sê hy vir die verspotte beeldjie wat Karen vir sy lessenaar gekoop het, half mens, half dier.

      Ek kom saam, e-pos hy vir Neels toe dié laat weet dis vanmiddag tyd vir die draai by die gym.

      Neels is soos gewoonlik laat.

      Daan sit en wag in sy kar voor die gebou. Hy hou die mense wat in en uit by die groot glasdeure loop in sy truspieëltjie dop. Almal het gymsakke in die hand. Almal lyk so jonk. En gesond. G’n bier en rooiwyn en pasta met ’n ryk roomsous vir hulle nie, vermoed hy.

      Dit gaan nie werk nie. Hy voel op ’n manier verlig. Neels sal besef hulle gaan uit hulle diepte wees hier. Dalk moet hy maar weer die gholfstorie saam met Riaan-hulle oorweeg.

      Neels tik teen sy ruit. “Kom ons gaan kyk wat maak die mense hier,” sê hy.

      By die ontvangstoonbank vra Neels vir Corné. Die vriendelike ontvangsdame (ook jonk) sê iets onhoorbaars in ’n nasale stem oor ’n mikrofoon op die toonbank. Daan wonder of Corné ’n mannetjie of ’n meisietjie gaan wees. Definitief jonk. Dis wat hulle hier verkoop. Die ewigdurende jeug van die lyf.

      Hy en Neels vergaap hulle aan die reuse-vertrek waarin mense allerhande gesonde goed doen. Soos ’n vliegtuigloods, dink Daan. Verskriklike musiek pols oorverdowend. Dit ruik effens na sweet en Deep Heat en na iets wat hy nie ken nie, maar wat hom heeltemal intimideer.

      Daar is apparate waarop jong lywe dinge doen wat lyk asof dit jou ’n ledemaat kan kos as jy nie jou storie ken nie. Hy sien ’n groot swembad aan die agterkant waarin mense met verskillende kleure swempette lengtes doen.

      “Pappie! Kyk al die lywe,” fluister Neels.

      Corné is toe ’n mannetjie, ’n bemarkingsmannetjie met ’n blonde kuif en ’n blou sweetpak.

      “Welkom, menere!” sê hy met ’n uitgestrekte hand. “Kom ek wys julle eers rond voordat ons na die admin in my kantoor kyk. Ons focus dié maand op ons meer

Скачать книгу