Joe Speedboot. Tommy Wieringa

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Joe Speedboot - Tommy Wieringa страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Joe Speedboot - Tommy Wieringa

Скачать книгу

sy gevra. Soek jy vir Joe?

      – UH-JAAAAH.

      Ek het geklink soos Chewbacca, daai hairball uit Star Wars. India het binnetoe geloop en die deur laat oopstaan. Dit was soos ’n gloeiende ertsoond daar binne, so warm en lig was dit. Dit het dieselfde gloed afgegee as die elektriese verwarmer in ons badkamer. “Maak toe die deur!” het iemand gegil, waarskynlik die een wat die kragrekening betaal.

      – Joe! Hier’s iemand vir jou! het India geroep.

      Haar ouers het haar so genoem omdat sy in Indië verwek is, iets wat Joe my later vertel het. Haar tweede naam was Laksmi. Dit is ’n godin van geluk en wysheid, volgens die Hindoes. Ek het niks van Hindoes geweet nie, net van samoerai en nog ’n paar goed. Joe se ouers is in Indië getroud omdat hulle ’n spirituele band met die land gehad het. Tydens die huwelikseremonie het hulle vreeslik maagwerkings gehad. Terwyl ’n wolk lotusblare op hulle neergedaal het, het diarree langs hul bene afgestroom. Onder die sitarkonsert ter ere van die bruidspaar het Regina Ratzinger huilend op die toilet sit en skyt.

      Ek het gehoor hoe Joe by die trap afstorm. Toe kom staan hy voor my, besonder opgewek, het dit vir my gelyk.

      – Fransie, wat’s fout?

      Ek het stilswyend opgekyk na hom.

      – Oukei, wat is verkeerd en hoe gaan jy dit vir my verduidelik?

      Ek het met heftige gebare in die rigting van die dyk gewys en beduie dat hy moes saamkom.

      Lassie die slim kolliehond.

      – Gou skoene aantrek, het Joe gesê.

      Hy het my gestoot. Sy hande was gelaai met energie. Dit was die uur wanneer alles blou word, metaalagtig blou, wanneer alle kleure wegkwyn en die wêreld blou en hard en donker lyk, tot dit stadig wegsink in die duisternis.

      – Is dit ver? het Joe gevra.

      Ek het vorentoe gewys en Joe het begin met ’n storie oor die wonders van die moderne fisika, waarin hy toe baie begin belangstel het. Hy het ’n gawe vir monoloë gehad, hierdie ou.

      Iewers langs die pad het hy skielik gestop en gevra: “Wat is dit dié?” Hy het gewys na die koker waarin ek my teleskoop bêre. Ek het dit nog by Ma gekry, wat verstaan het dat ek deur te kyk dit sou regkry om enige neerdrukkende gedagtes oor my gebreke op die agtergrond te skuif. Die teleskoop het langs my rolstoel gehang en deel van my stadig groeiende wapenrusting uitgemaak. Joe het die dop van die koker losgedraai en die teleskoop in sy hand laat gly.

      – Wow, het hy gesê, en die loergat voor sy linkeroog gehou.

      Hy kon nou maklik tot oorkant die rivier sien, en selfs die huise agter die dyk. Ek het ’n juweel van ’n teleskoop gehad: die Kowa 823 met ’n zoemlens 20-60x en ’n wyehoek van 32x.

      – So dis wat jy doen, jy sit en bekyk ons almal, het hy gesê terwyl hy die instrument laat sak. Maar wat jy dink, bly jou geheim.

      Hy het die teleskoop soos ’n wysterstok op my gerig. My gesig het gevlam van skaamte; die kyker is bekyk. Ek wat gedink het dat ek onsigbaar was omdat niemand ooit langer as ’n halfminuut aan my aandag gegee het nie, het nie aan sy blik ontsnap nie. ’n Gevoel van dankbaarheid het my keel laat toetrek – ek is gesien, en dit deur die enigste een in die hele wêreld deur wie ek gesien wou word . . .

      – Wat is nou verkeerd?

      Asof ek dit kon help; ek was sommer net ontroer.

      Ek het beduie dat ons moes verder gaan; Sam kon enige tyd uit die boom foeter. Maar toe ons by die dam kom, was hy skoonveld. Ek het paniekerig op die grond langs gesoek, maar hy het nêrens met ’n gebreekte rug of met sy been in ’n snaakse kinkel gelê en kerm nie. Dit het gelyk of die rus weer oor die voëlkolonie neergedaal het. Miskien het Sam dit tog op sy eie ondertoe gemaak en deur die veld huis toe geloop. Nou het ek nog steeds nie ’n kraaitjie gehad nie.

      Joe het langs my gestaan, sonder ’n idee van wat aangaan. Ek het aan sy mou getrek en hy het oorgeleun na my toe.

      – Wat gaan ons doen?

      Met my hand het ek so goed as wat ek kon ’n vlerkslag nageboots – mens sou daarin netsowel ’n sandgryper of ’n happende pacman kon lees – en na die bome gewys. Joe het na die voëls gekyk wat af en toe verbyvlieg en na die hemel agter hulle wat ál verder toetrek, en gesê: “Verstaan ek jou reg dat jy ’n kraaitjie wil hê?”

      Ek het gegrynslag soos ’n aap.

      – Moet ek so ’n dingetjie vir jou uit die nes haal; is dit hoekom ons hier is?

      Hy het sy kop geskud, maar sonder verdere protes teen die helling afgegly, lenig soos ’n ninja in die boom geklim en dadelik weer afgekom. In sy hand het hy ’n verkrimpte kuikentjie vasgehou. Die diertjie het skigtige, flitsende ogies en ’n plat, breë snawel gehad. Jong veerpuntjies het rond en bont deur sy rooi-blou vel gesteek, met ’n olierige donsigheid tussenin. Dit was die lelikste wat ek in ’n lang tyd gesien het.

      – Is dit wat jy wou gehad het? het Joe ongelowig gevra.

      Hy het die dingetjie op my skoot gesit en ek het my hand versigtig daarom gevou.

      – Pasop met daai sterk klou van jou.

      Die voëltjie het warm en effens klam gevoel, en al was hy so klein, het hy my laat dink aan ’n groot, kloppende hart wat in die holte van my hand bons.

      – Nou ja, het Joe gesê en sy skouers opgetrek, almal moet seker iets hê om te troetel.

      Hy het die handvatsels van die rolstoel vasgevat en my in die rigting van Lomark gedraai. Ek het die voëltjie versigtig in die kromming van my hand gehou. Hy sou my Oë op die Groot Hoogtes word en sy naam sou Woensdag wees, die dag waarop ek hom gekry het. Dit het saggies begin reën. Ek was dolgelukkig.

      Hoofstuk 8

      Toe ek vyftien was, het ek my ouers laat verstaan dat ek by die tuinhuisie agter ons huis wou intrek. Ek kon nou ’n hele klompie dinge self doen, en dit sou maklik genoeg wees om ’n blikkie worsies warm te maak. Ma was daarteen; Pa het die huisie weerbestand gemaak en ’n gasverwarmer, ’n kombuishoekie en ’n toilet ingesit. Bokant die deur het hy ’n perde-skoen vasgespyker, vir geluk. Van toe af het my ouers oorkant my gewoon; daar het ek gestort en soms televisie gekyk. Vir Woensdag was daar ’n voëlkou langs die huis. Bedags het ek hom dikwels op my skouer saamgeneem, soos ’n seerower met ’n papegaai maak. Hy kon nou vlieg en soms was hy ’n halfuur of wat weg, maar as hy my fluit gehoor het, was hy dadelik terug.

      In hierdie huisie het ek begin om alles neer te skryf. En ek bedoel alles. Vir party mense is dit moeilik om te glo dat ek hierdie lewe byna letterlik op papier kan weergee. In my dagboeke kan jy sien hoe die tyd verloop – so lyk 365 dae, en so tien maal 365 dae, of vyftien, of twintig. Jy kan dit byna nie meer miskyk nie, dis ’n berg wat agtertoe die geskiedenis in groei. En alles staan daarin; ten minste, as dit in my buurt afgespeel het, of as ek by iemand anders daarvan te hore gekom het. As jy byvoorbeeld vandag hier sou uitslaan, sou ek dit neerskryf. Iets soos: vir so en so gesien, so laat of so laat, op hierdie of daardie dag. En as iets aan jou my sou opval, jou snaakse ore of jou mooi neus, sou ek dit ook opskryf, waarom jy hier was en wat jy aangevang het. Maar ook ander dinge: hoe die herfsreëns byvoorbeeld die blondheid uit ons hare spoel en die donker winterhare daaronder uitgroei, en oor die rivier wat deur ons lewens stroom soos die bloedsomloop deur

Скачать книгу