Saartjie Omnibus 1. Bettie Naudé

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Saartjie Omnibus 1 - Bettie Naudé страница 20

Saartjie Omnibus 1 - Bettie Naudé Saartjie

Скачать книгу

skedel met die twee holtes waar die oë was, kyk reguit na Saartjie. Dit voel vir haar hulle staar soos twee kole vuur na haar!

      Sy skakel die lig af en sidder.

      “Wat’s dit, Saartjie?” vra Muggie wat nie die geraamte gesien het nie.

      “Dis . . . dis . . . niks nie,” stamel Saartjie. “Probeer bietjie slaap. Die mense is nou-nou hier om ons te kom haal.”

      Saartjie hoop van harte die mense neem nie te lank nie. Dit voel vir haar hulle is nou al ure lank in hierdie grafkelder met net die geraamte as geselskap.

      Kort-kort verbeel sy haar sy hoor iets: die dooie beendere wat kletterend na hulle toe aangeloop kom! Dan skakel sy die flits weer vinnig aan en lig na die hoek. Maar die aaklige kopbeen lê nog gelukkig in dieselfde posisie.

      “My been is baie seer,” begin Muggie later weer huil.

      Saartjie versit haar effens en laat die kleintjie meer gemaklik in haar arms lê.

      “Moet ek vir jou ’n storie vertel?” vra Saartjie. Sy hoop dit sal sommer haar gedagtes ook aflei van die geraamte wat lyk of hy hulle so belangstellend dophou. Saartjie wens sy kan die flits die hele tyd aanhou, maar sy weet die batterye sal dan nie lank hou nie.

      Muggie is lus vir ’n storie. Saartjie vertel vir haar van ’n pragtige prinses wat deur ’n skurk in ’n groot kasteel gevange gehou word. Toe hoor ’n prins eendag van die prinses en hy besluit om haar te red. Saartjie dink die een insident na die ander uit – al die gevare wat hy moes trotseer.

      “En toe,” besluit Saartjie uiteindelik die verhaal moet endkry, want sy weet nie meer weet wat om verder uit te dink nie, “ry die prins met haar op sy wit perd weg. Hy neem haar na sy kasteel en trou met haar. En daar het hulle vir ewig en altyd gelukkig saam gelewe.”

      “Dankie,” sug Muggie. “Dis ’n mooi storie.” Ewe verontwaardig voeg sy by: “Die prins moes daai skurk nie net een keer met sy swaard doodgesteek het nie, maar sommer twee keer.”

      Saartjie se skouer pyn erg. Dan voel sy iets skerps teen haar rug. Sy lig haar op en sien dit is ’n stuk yster. Fronsend kyk sy daarna. Sy krap die sand met haar een hand weg en kom af op die hoek van ’n groot ystertrommel. Saartjie wonder wat daarin is. Maar sy kan nie nou verder ondersoek instel nie, want haar skouer kry te seer as sy so omdraai.

      Sy lig weer een keer in die hoek waar die doodsbeendere is en begin nou ’n bietjie beter voel. Sy en Muggie kan nie beweeg nie, maar dit lyk vir haar of die geraamte ook nie ’n voet kan verroer nie. Dis reg, dink sy, dis mos hoe dit moet wees. Sy glo tog nie aan spoke en sulke klas goeters nie. Maar nogtans, ’n mens weet nooit.

      Skielik is daar voetstappe bo haar kop!

      “Saartjie, ons is hier!” hoor sy Anna skree.

      “Dankie tog,” prewel Saartjie. Haar senuwees is teen hierdie tyd al gedaan.

      Flitsligte skyn op die twee meisies en die pop af.

      “Ons is nou by julle, my kind,” hoor sy haar pa se stem.

      “Ja, Pappa,” sê sy sag.

      Anna en Lina het ’n hele paar mans saamgebring: twee konstabels, ’n sersant, Saartjie se pa en meneer Strydom, Anna en Muggie se pa wat ’n bankbestuurder op Lynnekom is.

      Die konstabels sit gou ’n lang leer in posisie en dokter Baumann klim eerste af.

      Sorgvuldig ondersoek hy die twee meisies. Muggie se enkel is verstuit en Saartjie het ’n spier in haar skouer verrek. Verder het albei net baie skrape en kneuswonde opgedoen.

      “Niks om oor bekommerd te wees nie,” sê Jan Baumann. “Dit sou baie erger gewees het as dit nie vir hierdie sagte kol sand was nie.”

      Hy gee vir elkeen ’n inspuiting en dan word hulle uit die kelder op boontoe gedra.

      “Daar is ’n geraamte daar onder, Pappa,” sê Saartjie. “’n Verskriklike lelike ou met sulke groot, hol oë. En net waar ek gelê het, is daar ’n groot ystertrommel begrawe. Miskien is dit waarin die kluisenaar sy geld gebêre het.”

      Dokter Baumann en meneer Strydom neem vir Saartjie, Muggie, Anna en Lina met die motor huis toe. Die twee beseerdes praat nie veel nie. Hulle is moeg en die inspuiting het hulle vaak gemaak.

      Hulle sal later begin praat – baie praat!

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RgzRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABAgAAAAEBAAMAAAABAtIAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzow OToyNCAxMjowNzowNgAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAFq0AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC EQMhMRIEQVFhcSITBTKBkRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RF VTZ0ZeLys4TD03Xj80aUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMB AAIRAxEAPwDTZWwEBx1Ks11MP0CAmON6mOLAfc0CfklQa9210gO105B/eCipvHUb7Nmlnug8qv1D quN09wrexz7HCRPtZ8PVP0nafQYtKjHsdWX0tNwB1LRP+rk92Nj5VJpyK23Uu1LHiRI/O/kuRlEk aGj3YuKPFqLHXo4fQWWZObk59kEubtkcbnnfDf6jK1ubE+Pg04dPoUU+jVVqWAHSfzn7vd7v5aM+ lzHbHt2uHb4oY8fDGjqepRkmJSJGg2A8Ag2JbEf0nkbg0lshsxpJ/NSNZaS1wgjkFOpZaAsUSxWN if0X+2Gk7/oeceCVJtqFg18VG2hzHFj2lrhEtPOo3BaVV7a6jXbX6hqO6hsQd8zDn/mbXIGQfWvs tggPIgGCQAA1LhUJG3P9LVJW/T1SQ4V3E//Q6jCqBYa+57ILsV7XOaGE+nLiQOG+J/ktV2hhbbMc crVxWMY+y1xaGlgD500Bn/N/eR4dG1KZiSe7W6U6mvFY176w71nWOaXw4QPTZsrb9Pj85EAx2MYT tcXFrnufG7eX7rS5sb/+l6SHZgY+LSS+xxt19JjYE/uNDTuc7+W5NWfZtvhoH5xMD8UQGMgEkju3 HuDxe2a/0j2iR3Zp7p/Oe3/oJnNx4scA2SXCNBoBFfp6f+e1WbYxp2OcJ7GeR2RwAUuFaY0zxnVs qZW+CHuLn/ySDLC7/NUXCkssd7C94sOurtxP6Lb/AGUtiWxKkUydXi7+WFpeOI+iGcE/8YkPRJaX emXMYwCIDOT6u3cNqjsTiskgASSlSq8WsaxJ2iBJgeA7BRNSuPpLHAHWRIjy7KPppUE21PS1SVv0 0kqCbf/R65nUMGx4+z5NTmH3OsJkAfmhg03ud/0FjdS+tnWen2td9jqyMMuID7K31SJ2s9O7c5nu /wCLXL0ZlrLv5xwYxxEN/dBXTUNxeq4duKzKtyBbQ+sMyCYqcffS+v8AlMuYxMM5S0ArxB6t8nEN BEyvrP8AR8RwoMr68dVzBGJTViEDaHvJvcAf3NKWf53qKNPXaHVC7q/rWXs0c1jC5k9rGu9tTWvW Biu0BIh

Скачать книгу