Een nag in Vegas. Elize Mitchell

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Een nag in Vegas - Elize Mitchell страница 7

Een nag in Vegas - Elize Mitchell

Скачать книгу

hulle trouery gee hom huweliksregte ook nie.

      Sy wens hy wil ophou om so intens na haar te kyk. Sy sug en maak haar oë toe, verlustig haar teen wil en dank in die warmte hier in sy arms. Sy wil net ’n oomblikkie langer hier in sy arms nestel, vir oulaas nog ’n bietjie van die warmte van ’n man teen haar voel. Veral vanaand het sy dit bitter nodig.

      Sy loer deur haar wimpers toe hy geen aanstaltes maak om haar neer te sit nie. Verbeel sy haar, of kom sy lippe ál nader? En die manier waarop hy na haar kyk! Sonder dat sy dit kan help, veroorsaak dit ’n vlammetjie wat ’n warmte in haar ingewande aan die brand steek. Haar asemhaling word hewiger, sodat sy bang is haar deinende borste gaan by die lae hals van die rok uitpeul. Sy moes nooit die dekselse ding aangetrek het nie, verwyt sy haarself toe sy sien hoe sy oë elke beweging volg. Alles ouma Lettie se skuld. Dis van haar dat sy haar vol borste geërf het wat altyd eerste aandag trek. Geen wonder haar vriendinne glo vas sy het borsinplantings gehad nie.

      “Wag, Simon,” gooi sy halfhartig wal en probeer haarself loswikkel. Teësinnig sit hy haar neer. “Ons moenie hierdie kammatroue te ver laat gaan nie. Ons . . .”

      Sy hande vou om haar gesig en sy oë is diep, potblou poele waarin sy besig is om hulpeloos weg te sink.

      “Telani,” fluister hy hees, “ons is dan getroud.”

      “O ja, ek het vergeet,” probeer sy ’n flou grappie maak terwyl sy verwoed watertrap.

      Hy troon bo haar uit en sy oë pen hare vas met ’n krag wat haar laat versteen terwyl sy lippe naderkom. So hulpeloos moes Lot se vrou gevoel het, flits dit deur haar kop.

      “Nee, Simon,” keer sy halfhartig toe sy mond oor haar halfoop lippe sluit. Sy voel hoe sy arms stywer om haar vou.

      Hoekom kan ek nie helder dink nie? wonder Telani verdwaas. Stop hom, nou dadelik, probeer ’n stemmetjie desperaat om haar te oortuig dat hulle besig is met ’n gevaarlike en verkeerde speletjie.

      Sy draai haar kop om weg te kom van sy lippe, maar sy tong skuur teen haar oor en begin met haar oorlel speel. ’n Siddering gaan deur Telani se lyf. Nou is haar ore ook aangetas, want die stemmetjie wat haar op koers moet hou, raak al flouer, sy kan dit skaars meer hoor. Sy probeer haar loswikkel sodat dit darem lyk asof sy bedoel wat sy sê, maar sy arms om haar is te sterk. Dis nou skone malligheid, haar hart is gebreek, sy het dan ’n ander man lief. Haar lyf kan onmoontlik reageer op die liefkosings van ’n wildvreemde. Of kan dit? vra die onnutsige stemmetjie weer, die een wat sy wil verwurg omdat hy nie sy werk doen nie. Dalk is ’n bietjie koestering net die medisyne om die pyn in haar hart mee te verdoof, hou die stemmetjie aan. Net vanaand, smeek haar hart terwyl sy in haar gedagtes verskoning maak vir die onheilige begeertes wat aan die kop uitsteek is. Sy sal sorg dat dit nie te ver gaan nie, probeer sy haarself oortuig, sy weet sy kan. Sy wil haar net aan die oomblik vergryp, vergeet wat eens was.

      Netnou as hy weg is, sal sy lag oor hoe maklik hy dit reggekry het om haar hormone deurmekaar te klits, net soos dié van ’n skoolmeisietjie wat die eerste keer deur haar skoolkys gesoen is, maar dit hoef hy nie te weet nie.

      Asof Simon heldersiende is, tel hy haar op en sy probeer nie eens teëstribbel nie. Met elke tree kom die koningsgrootte bed nader terwyl sy mooi oë hare vaspen sodat sy nie kan wegkyk nie. Vir ’n oomblik bly hy staan met haar in sy arms, dan lê hy haar neer. Sy hande druk weerskante van haar lyf terwyl hy oor haar buk. Sy kyk op, vas in sy oë wat haar uitdaag.

      “Moet jy nie liewer gaan nie, Simon?” probeer sy flou­tjies keer.

      “Dis te laat, Telani, moenie dit nou van my verwag nie,” fluister hy hier by haar mond terwyl sy lippe oor haar gesig soek.

      Dis te veel vir haar uitgehongerde liggaam om sy sensuele lippe langer te weerstaan. Haar hande vou krampagtig agter sy nek en sy soen hom driftig. Sy is net vaagweg bewus van hoe sy hande oorhaastig sukkel met die knopies van haar rok.

      Sy dink nie meer logies nie. Dis asof ’n sluier oor haar verstand getrek is. Al wat op hierdie oomblik saak maak, is dat daar iemand is wat haar begeer, ’n man wat met sy aantreklike voorkoms en lenige lyf enige meisie kan kry, en hy kies om by haar te wees. Vir haar gekneusde ego is dit soos salf op ’n rou wond.

      “Jy is onweerstaanbaar, Telani.”

      “Moenie, Simon, jy hoef nie nice te wees nie.”

      “Jy praat te veel,” fluister hy hees terwyl hy sy klere af­ruk.

      Sy moet hom keer, nou, voor al haar goeie voornemens daarmee heen is, maar sy klou hom vas, wil hom nie laat gaan nie, wil nie dink aan môre nie. Sy wil net hier wees met sy warm liggaam styf teen hare, haarself in ’n see van vergetelheid verdrink. Sy wil vergeet dat hierdie nag haar huweliksnag sou gewees het met die man wat sy liefhet, dat hulle nou op hulle wittebrood moes gewees het. Sy wil alles in haar wat so seermaak, haar versmade liefde, die vernedering dat sy verwerp is, doodsmoor.

      Vannag gaan sy die pyn van haar seerkry met ’n erotiese liefdespel uitwis, belowe sy haarself. Al die liefde en teerheid en passie wat sy geglo het behoort aan daardie een spesiale nag van ’n leeftyd saam met haar geliefde, gaan sy vir oulaas in al sy vorms beleef. Daarna sal sy elke emosie wat deel is daarvan in haar hart begrawe, sodat die seerkry wat dit veroorsaak, eens en vir altyd kan verdwyn.

      Sy arms vou beskermend om haar en die streling van sy hande op haar lyf is teer, gerusstellend, maar word al dringender toe hy voel hoe haar weerstand verkrummel. Sy is intens bewus van hoe warm Simon se hand op haar bobeen is terwyl hy haar rok al hoër opskuif. Hy vroetel met haar broekie en op daardie oomblik flits Paul se gesig helder voor haar, voel dit asof hy tussen hulle kom staan.

      Telani verstar. Wat is sy besig om te doen? Hoe kon sy gedink het dat dit die antwoord is? Sy voel hoe die trane in haar oë opwel.

      “Telani,” fluister Simon teer, “dis als reg. Daar’s niks om oor skuldig te voel nie, ons is mos getroud.”

      Sy beur weg, trek haar rok af. “Ek is jammer, Simon. Ek kan dit nie doen nie.”

      Hy byt sy lip en sy sien die vrae in sy oë, hoe die passie uit hom vloei, en sy voel soos ’n skurk.

      Hy buk oor haar, streel ’n haarstring van haar wang af weg. “Hoekom?”

      “Omdat dit nooit so ver moes gegaan het nie. Alles gebeur net te vinnig, veral vanaand is ek broos, ek kan nie . . .”

      Haar hande vou oor haar gesig sodat sy nie na hom hoef te kyk nie. Sy wil nie hoor wat hy van haar dink nie, hoe kinderagtig haar impulsiewe gedrag vir hom moet lyk nie. Sy het saamgespeel, hom uitgelok, en hom toe soos ’n wispelturige bakvissie die rug toegedraai.

      Dis stil tussen hulle. Dan, soos sy verwag het, voel sy hoe hy wegskuif en opstaan. Sy loer onderlangs en sien hoe welgevorm sy lyf is, soos dié van iemand wat ure in die gim deurbring. Sy ferm sitvlak steek wit af teen sy bruingebrande lyf.

      Sy byt op haar tande en trek die laken oor haar soos wanneer die gordyn aan die einde van ’n emosievolle drama sak. Toe Simon sy klere optel, wag sy gelate vir hom om te begin aantrek, vir die beleefde totsiens sê – dankie vir ’n lekker dag.

      Sy draai haar kop weg. Sy wens hy wil loop sodat sy haarself kan oorgee aan selfbejammering. Sy wil haar hart uithuil oor wat hy van haar moet dink, dat hy die tevredenheid moes smaak dat sy sy liefkosings geniet het. Sy knyp haar oë toe en haar wange brand van skaamte.

      “Telani,” praat hy saggies hier agter haar, sy hand druk

Скачать книгу