Ingrid Jonker Versamelde Werke. Ingrid Jonker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker

Скачать книгу

alle waters sal jy kom

      alle oerwoude op alle paaie

      in elke droom waaraan ek my nie herinner nie

      jou hande wat hulself onteien

      en jou liggaam wat hom stort in die gewonde herfs

      Oggendstrale verwarm die kamer soos

      goue eekhorinkies op soek na verborge geheime

      Ek het gaan soek na my eie hart

      Ek het gaan soek na my eie hart

      en lank nadat ek verdwaal het

      in die dae wat verbytrek met hul lower

      in die lug blou van verte en afsydigheid

      het ek gedink dat ek my hart sou vind

      waar ek jou oë die twee bruin vlinders

      gehou het en ek het die swalu sien opvlieg

      en skaduwees spreeus

      Verlore stad

      In die reën wat verby is

      ver dag en verlore stad

      van akkers van duiwe vol dagbreek

      was my hande die ene eekhorinkie

      vinnig sku maar voorbereid

      ver dag en verlore stad

      deur al die mense het jy gekom

      met ’n eenvoudige glimlag

      soos van ’n lang reis

      en die reën wat verby is

      het hom verwarm aan my lyf

      die reën van rook en oker

      wat ruik na jou hande skoongewas

      na warm duiwe en die oop

      oranje papawer van die lug

      Herwonne land

      Ek het jou herwin van die see

      en waar die stormwaters was

      die aarde aan jou teruggegee

      saad van my begeerte son van my woord

      wat bome plant in jou vore

      teen die kus van die dood

      Ek het ’n hemel bo jou gerond

      fondamente laat sak en ’n stad

      laat bloei uit jou grond

      Ek het jou teruggegee aan die lug

      maar met die eerste sirenes

      van jou weggevlug

2 Intieme gesprek

      Moenie slaap nie

      Moenie slaap nie, kyk!

      Agter die gordyne begin die dag dans

      met ’n pouveer in sy hoed

      As jy na my roep

      As jy na my roep uit jou keel

      gaan daar ’n vogtige voetpaadjie oop

      in ’n ruie bos

      Ek weet

      Ek weet tog

      jou mond is ’n nessie

      vol voëltjies

      As jy lag

      Jou lag is ’n oopgebreekte granaat

      Lag weer

      dat ek kan hoor hoe lag die granate

      Toe jy ’n baba was

      Toe jy ’n baba was

      het jy sekerlik geruik

      na ’n bokrammetjie

      en blomme

      As jy slaap

      As jy slaap

      is jou voorkop ’n berg

      en jou slape

      soos lammers teen die hange

      Jou lyf

      Jou lyf is

      swaar van bloed

      en jou rug

      ’n singende kitaar

      Elke man het ’n kop

      Elke man het ’n kop

      ’n lyf

      en twee bene

      hulle probeer jou namaak

3

      Gistraand

      gistraand in jou arms

      by die perdeskoen maan

      pluk ons ’n klawer

      met vier blare aan

      vandag bly ek staan

      op die werf by die blik

      my hart agterdogtig

      soos ’n hoender wat pik

      aan een korrel ’n klip

      wat skeur deur die hange

      die liefde’s niks anders

      as die verlange

      Liedjie van die troebadoer

      Op die pad of by die huis

      oral is ek amper tuis

      in die kamer van die nag

      soms

Скачать книгу