Anton Rupert: 'n lewensverhaal. Ebbe Dommisse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse страница 3

Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse

Скачать книгу

vrou is reg deur sy loopbaan, van hul stu­dentedae af, sy steunpilaar en klankbord, die lewensmaat met wie hy ’n week te­vore op 27 September 2001 hul diamantbruilof, die sestigste herdenking van hul huwelik in 1941, gevier het.

      Rupert sê meermale die idee is sterker as die mens. Sy oortuiging dat niks so onstuitbaar is soos ’n idee waarvoor die tyd aangebreek het nie, is vroeër ook waargeneem deur die ekonoom John Maynard Keynes: “The ideas of economists and political philosophers, both when they are right and when they are wrong, are more powerful than is commonly understood. Indeed, the world is ruled by little else. I am sure that the power of vested interests is vastly exaggerated compared to the gradual encroachment of ideas.”7

      Vir Anton Rupert val dit in sy tagtigerjare te beurt dat die idee van vredes­parke al hoe wyer posvat – ’n idee wat vir hom, die sakeleier wat deur ’n internasionale handelsmerkdeskundige as die orakel van handelsmerke beskou word, miskien sy grootste en blywendste handelsmerk kon word. Niks sou hom groter bevrediging gee nie as dat so ’n begeesterde, hoopgewende idee internasionaal uitbrei vanuit Suid-Afrika, sy vaderland; die tuiste waarheen hy pal teruggekeer het nadat hy feitlik die hele wêreld deurkruis het.

      Hy put inspirasie uit die denke van Albert Schweitzer oor eerbied vir die lewe. Die Duitse dokter-filosoof en filantroop, wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1952, het sy lewe aan die genesing van Afrikane in sy hospitaal in Lambarene in Gaboen gewy. Hy het etiek beskou as niks anders nie as eerbied vir die lewe. “Eer­bied vir die lewe gun aan my my fundamentele beginsel van moraliteit, te wete dat die goeie bestaan uit die handhawing, bystand en bevordering van die lewe, en dat om die lewe te vernietig, te skaad of te belemmer, boos is,” het Schweitzer verklaar.

      Eerbied vir die lewe word ook weerspieël in ’n aangrypende bronsbeeld in die ingangsportaal van Rupert se kantoorgebou op Stellenbosch. Daar stap besoekers verby die Duitse kunstenares Käthe Kollwitz se Mutter mit Zwillingen, die uitbeel­ding van ’n moeder wat haar tweeling in haar arms koester.

      Op ’n verdieping daarbo in ’n kleinerige kantoor, naas ’n ontvanglokaal waar­oor Rodin se Katedraal waak, het Rupert ná sy aftrede sy dagtaak voortgesit.

      In sy tagtigerjare loop die eens energieke donkerkop-entrepreneur geboë weens ruggraatverkromming. Hy begin in later jare moeilik lees. Alle korrespondensie en leeswerk moet met behulp van ’n videoskerm op sy lessenaar vergroot word. Sy oogprobleem is dalk die gevolg van ’n sonsverduistering sestig jaar tevore, toe hy en sy jongste broer, Koos Rupert, wat soortgelyke oogprobleme het, in Oktober 1940 op Graaff-Reinet na die algehele sonsverduistering gekyk het deur film wat waarskynlik nie genoeg beskerming vir hul oë gebied het nie. Tipies van Rupert wend hy sy swakker sig as ’n bate aan – soos hy meermale in sy loopbaan ’n nadeel in ’n voordeel probeer omskep het. Omdat hy minder kon lees, bied dit aan hom “die kans om meer te dink”.

      Die merkwaardige lewensverhaal van hierdie entrepreneur-weldoener, ’n sake­leier wat as een van Afrika se legendes beskou word, oorspan teen die eeuwisse­ling byna ’n kwart van die moderne Suid-Afrika se geskiedenis. Dit begin byna nege dekades tevore met sy geboorte tydens die Eerste Wêreldoorlog in sy ge­lief­de Karoo, waar die Rupert-familie deel van die land en die land deel van hulle geword het.

      DEEL II

      VORMING

      Hoofstuk 2

      Oos-Kaapse wortels

      Die eerste Rupert het in 1857 in Suid-Afrika aangekom. Dié Suid-Afrikaanse stamvader, Rupert se oupagrootjie, was Johann Peter Ruppert (die van is destyds met twee p’s gespel; die een p het met­tertyd in Suid-Afrika deur gebruik verdwyn).

      Johann Peter was van Duitse herkoms. Hy het uit Pruise gekom, volgens die fa­milieherinneringe vanaf Gräfrath by Solingen. Op sy doodsertifikaat in die Argief in Kaapstad is aangeteken dat hy verder suid in Trier, die oudste stad in Duits­land, gebore is. Hy was dus een van die aansienlike aantal Duitse stamvaders van die Afri­kaners – volgens Heese in Die herkoms van die Afrikaners 1657-1867 was 33,7% van die Afrikaners van daardie tydperk van Duitse herkoms, die naasgrootste groep teenoor die Nederlandse aandeel van 34,8%.

      Die stamvader van die Ruperts kom in diens van die Britse regering na Suid-Afrika, omdat hy hom ná die uitbreek van die uitgerekte Krimoorlog (1854-’56) aan­gesluit het by die Britse leër, wat soldate op die Europese vasteland gewerf het. Die oorlog eindig voordat die German Legion, die Britse leëreenheid waarin hy ge­dien het, na die Swartsee gestuur is.

      Die Duitse soldate vir die oorlogspoging kry toe die keuse om as vrywilligers na die Kaapse oosgrens te gaan. Die Britse regering, swaar getref deur die koste van die Oos-Kaapse grensoorloë, was begerig om militêre pensioentrekkers aan die grens op kleinhoewes te vestig sodat hulle geredelik vir militêre pligte op­ge­roep kon word.

      Voor sy koms was Johann Peter Ruppert by Colchester, noordoos van Londen, ge­stasioneer as lid van die German Legion, onder bevel van die flambojante ge­neraal-majoor baron Richard von Stutterheim. Die jong krygsmanne wat vir emi­gra­sie na Brits-Kaffraria gewerf is, is aangemoedig om voor hul vertrek te trou weens die tekort aan vroue in die Kaap.

      Ruppert tree op 19 Oktober 1856 op agttienjarige leeftyd in die huwelik met ’n Engelse meisie van Colchester, Emma Susanna Grandfield-Crosby, ’n jaar jonger as hy.

      Teen daardie tyd was die destydse Kaapkolonie aan die seeweg na die Ooste so voorspoedig soos nog nooit tevore nie. Die wol- en wynhandel floreer, en die ower­heid kon met grootse openbare projekte begin. Geskoolde arbeid was egter skaars, sodat immigrasie aangemoedig moes word.

      Daar was twee oorsake van die arbeidstekort.

      Die een was die pokke-epidemie van 1857, wat die lewens van baie vakmanne en werkers geëis het. Die ander was die Xhosas se nasionale selfmoord van 1857, die gevolg van gesigte wat die profetes Nonqwase sou gesien het.1

      Altesame 2 362 offisiere en manskappe van die German Legion, vergesel van net 361 vroue en 195 kinders, is teen 1858 gevestig in die gebied wat in daardie tyd drasties ontvolk is, die latere Ciskei. Nog 2 700 Duitse burgerlike setlaars, vriende of familie van die militêre setlaars sluit hulle daarna by die groep aan.

      Johann Peter Ruppert (manskap no. 1678, in die derde kompanie van die tweede regiment van die German Legion) het per skip in Oos-Londen geland. Volgens oor­lewering was hy musikaal aangelê en het hy die viool in die militêre orkes gespeel.

      Hy word aanvanklik gestasioneer op Berlin, een van die Oos-Kaapse dorpe wat soos Hamburg, Stutterheim, Braunschweig en Frankfort, ’n Duitse naam gekry het. Grond is daar aan hom toegeken.

      Die poging met die Duitse setlaars in die bufferstrook verloop egter nie soos die Britse owerheid beoog het nie. Die grensprobleme het afgeneem, en met die uitbreek van die Indiese muitery kort daarna vertrek meer as duisend lede van die German Legion vrywillig na Indië. Net 386 keer terug. Weinig van die Duitse set­laars kon ook suksesvol boer, want hul kleinhoewes was te klein, net 5 acre, en meesal ongeskik vir landbou. Teen 1861 word die German Legion ontbind.

      Ruppert en sommige ander setlaars verhuis gevolglik na Graaff-Reinet, waar die Ruperts ’n blywende invloed sou hê. Ook dáár was ontvolking weens die Groot Trek. Nogtans was Graaff-Reinet teen die middel van die negentiende eeu een van die grootste dorpe in Kaapland, en ook een met ’n besonder kleurryke ge­skiedenis.

      Die dorp, gestig in 1786 as die vierde distrik in die land en dus geregtig op ’n drosdy ofte wel ’n setel van plaaslike bestuur, is uit die oostelike gedeeltes van die distrikte Swellendam en Stellenbosch saamgestel. Dit is genoem na goew. Cor­nelis Jacob van de Graaf en sy vrou, Cornelia Reynet, en het gestrek van die Gam­toos in die weste

Скачать книгу