Moord-en-roof. Albert Blake

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Moord-en-roof - Albert Blake страница 8

Moord-en-roof - Albert Blake

Скачать книгу

’n bohaai opgeskop by hooggeplaastes op die dorp en Vorster het ook daarvan te hore gekom. Die laaste ding wat die regering in daardie stadium wou hê, was enige protes wat die aandag opnuut op Sharpeville sou plaas. Die polisie se streekskommissaris, maj. Willie Wessels (later ’n brigadier en pa van die politikus Leon Wessels), is dieselfde middag nog na Vereeniging ontbied om die situasie te ontlont. Al die boetekaartjies is teruggetrek en Charles is aangesê om die Maandagoggend by Wessels se kantoor op Krugersdorp aan te meld.

      “’n Groot swart ampsmotor is gestuur om my die Maandagoggend Krugersdorp toe te neem. Toe ons by die polisiekantoor vertrek, het ’n spul nuuskieriges ons aangestaar asof ek na ’n slagplaas geneem word. Ek wou wegsink in die aarde van al die aandag.

      “Ek was ongemaklik waar ek saam met ’n offisier op die agterste sitplek gesit het, terwyl ’n ouerige adjudant die voertuig bestuur het. Die offisier het my amper die heelpad gemaan om gedurende die ondervraging eerder stil te bly en liefs om verskoning te vra.

      “Ek was nog nooit een wat kan stilbly nie. Nadat ek voor maj. Wessels geparadeer is, het ek die geleentheid aangegryp en my hart uitgestort. Hy het, anders as wat ek verwag het, my nie stilgemaak nie, maar my laat uitpraat.”

      Wessels het wel aan die heethoofdige jong konstabel die moontlike politieke gevolge van sy optrede verduidelik, maar die saak daarmee as afgehandel beskou.

      Gevaar op die pad

      Loeiende sirenes en flitsende blou ligte op polisievoertuie is vandag ’n alledaagse gesig. Toe Charles ’n jong polisieman was, was polisievoertuie egter nog nie hiermee toegerus nie, wat dinge aansienlik gevaarliker vir polisielede gemaak het. Jaagtogte agter misdadigers aan was toe reeds deel van hul werk, maar polisievoertuie is byvoorbeeld eers van die 1970’s af met veiligheidsgordels toegerus.

      Charles self was in die 1960’s in meer as een motorongeluk betrokke, die meeste daarvan terwyl hy aan diens was. Dit sou hom met permanente beserings los.

      In 1964 is hy eendag uitgeroep na ’n inbraak by ’n woonstel in Peacehaven, Vereeniging. Op pad daarheen het ’n dronk bestuurder in ’n bakkie voor sy patrolliewa ingedraai en ’n ernstige botsing veroorsaak. Al twee voertuie het omgeslaan.

      Die twee beseerde mans is na die hospitaal geneem waar die besope bakkiebestuurder stilletjies weggesluip het voordat sy bloed vir alkoholtoetse getrek kon word. Hy is wel later aangekeer en skuldig bevind aan roekelose bestuur. Charles het kopbeserings opgedoen en was ’n tyd lank in die hospitaal.

      Drie jaar later het die bestuurder van ’n gesteelde 5 ton-vragmotor wat boonop sonder sy ligte aan gery het in die middernagtelike ure van 25 Julie 1967 voor Charles se polisiemotor, ’n Studebaker Lark, ingeswenk. Charles het reg onder die vragmotor ingery. Hy is deur die geweldige slag uit die voertuig geslinger en het sy linkerhand en voorarm gebreek. Charles se een kneukel is in die ongeluk afgeruk en sy linkerhand het nooit heeltemal herstel nie. Die insittendes van die gesteelde vragmotor het weggehardloop.

      Dié handbesering het hom amper sy lewe gekos toe hy in 1983 Bokkie Taute se hand met ’n pistool daarin van hom moes wegdraai om nie raakgeskiet te word nie.

      ’n Diagnose in ’n ou hospitaalrekord meld ook dat Charles op 22 Julie 1969 ’n breinbesering as gevolg van ’n motorbotsing opgedoen het. Op daardie dag was hy ’n passasier in ’n polisievoertuig wat deur sers. Miekie de Swardt bestuur is. Hulle was in ’n kop-aan-kop-botsing in Dobsonville betrokke en Charles was etlike dae lank in die Krugersdorpse hospitaal.

      “Dan bedank ek!”

      Die Wes-Randse Moord-en-rooftak is in 1965 gestig met ’n bedieningsgebied wat ’n groot deel van die Vaaldriehoek ingesluit het. Die lang pad wat Charles in dié eenheid sou stap, het ’n wankelrige begin gehad toe hy in dieselfde jaar na ’n Vaaldriehoekse subtak in Evaton oorgeplaas is.

      Die ywerige en energieke Charles het daarna uitgesien om die soort werk te doen waarvan hy ’n voorsmakie gekry het toe hy as studentekonstabel saam met De Swardt gewerk het. Hy is egter oorgeplaas saam met ’n senior wat nie die lus of die hart vir dié soort gevaarlike polisiewerk gehad het nie. Daar was gou wrywing tussen die twee.

      Veral nadat Charles ’n Moord-en-roof-kursus in Johannesburg bygewoon het, het hy met groot verwagtinge na Evaton teruggekeer. Sy senior se lusteloosheid het hom egter bly frustreer. Die breekpunt sou kom toe Charles – ná twee en ’n half jaar waarin hy geen verlof geneem het nie – ’n paar dae wou insit om saam met sy meisie, Dorothy, en haar suster op Knysna te gaan vakansie hou. Sy senior het geweier om sy verlof goed te keur en boonop self verlof geneem om vir ’n vriend teen vergoeding voertuie in Port Elizabeth te gaan haal.

      Charles se verontwaardiging en teleurstelling was diep. Hy het daar en dan bedank en in die proses al sy voordele verbeur. Hy het dadelik by die Vereenigingse verkeersafdeling aangesluit, maar gou besef dat hy oorhaastig opgetree het. Die verkeerswerk was uiters frustrerend en het vir hom geen bevrediging gebied nie. Hy het die opwinding van die gevaarlike polisiewerk gemis en moes toesien hoe sy oudkollegas aan opspraakwekkende sake werk.

      Ná drie maande het hy weer by die polisie aansoek gedoen en hy is sonder omhaal teruggeneem. Maj. Wessels het Charles klaarblyklik na waarde geskat en hom saam met sers. De Swardt na Roodepoort verplaas om ’n nuwe Moord-en-rooftak daar op die been te bring.

      In sy loopbaan en sy private lewe sou dinge hierna vir Charles aansienlik beter raak. Op 1 Julie 1966 is hy met Dorothy in die landdroskantoor op Randfontein getroud. Daar kon beswaarlik ’n eenvoudiger “onthaal” gewees het. Ná die troue het hulle ’n paar vriende in ’n plaaslike kafee op koeldrank en slaptjips getrakteer. Op ’n polisieman en verpleegster se inkomste kon hulle niks meer bekostig nie.

      Charles se skoonfamilie was aanvanklik afsydig teenoor hom, maar hul gesindheid sou oor die jare in volkome aanvaarding verander. ’n Jong, verliefde Dorothy sou egter nie in haar wildste drome kon dink wat vir haar voorlê nie. Dit sou ’n baie sterk vrou verg om al die beproewinge te deurstaan wat die lewe nog na haar kant sou gooi.

4 Vinger op die sneller

      Nadat sy met haar seun herenig is, het Lizzie Miller ’n plakboek begin maak van koerantberigte waarin hy genoem word. Dié plakboek is vandag in Charles se besit. Die vergeelde uitknipsels verstrek nie altyd die datum van publikasie of die name van die koerante waaruit dit kom nie, maar gee wel ’n blik op die gevare en soort misdadigers waaraan Charles in die sestiger- en sewentigerjare as jong polisieman blootgestel is.

      Die West Rand Executioner

      Elke era het ’n berugte misdadiger wat vrees by die gemeenskap inboesem, maar om al die verkeerde redes die publiek se verbeelding aangryp. In die sestigerjare was Hutchinson Motwa, ook bekend as die “West Rand Executioner”, so ’n misdadiger. Hy het ’n skrikbewind in veral Soweto en aan die Wes-Rand gevoer.

      Motwa is gebore in Dobsonville, ’n swart woonbuurt wat aan die noordweste van Soweto grens. Van kleintyd was hy heelwat beter daaraan toe as die meeste ander swart mense van sy geslag omdat die Motwas vooraanstaande en betreklik welvarende mense was. Sy pa was die vervaardiger van die bekende Motwa-medisyne wat landswyd aan swart mense verkoop is.

      Die jong Motwa het sy pa egter eindelose verdriet besorg. Hy het ’n soort charisma gehad wat baie mense na hom toe aangetrek het, maar hy het ook ’n gewetenlose donker kant gehad. Hy het sy eie gemeenskap etlike jare geteister en was by moord, aanranding, gewapende roof en huisbraak betrokke. Die koerant Post, wat in Soweto versprei is, het soos

Скачать книгу