Sondag op 'n voëlplaas. Johann Nell

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sondag op 'n voëlplaas - Johann Nell страница 10

Автор:
Серия:
Издательство:
Sondag op 'n voëlplaas - Johann Nell

Скачать книгу

kan vra om my die pad te beduie, is ek reeds uit. Ek hardloop in die gang af, verby die gastetoilet, en swaai by die groot studeerkamer met sy duisende boeke in.

      Kwalik ’n minuut later het my vinger die woorde in een van die volumes van die Britannica gevind. Brussels sprouts: small cabbage belonging to the mustard family (Brassica oleracea variety gem­mifera), widely grown in Europe (as early as 1200 in Belgium) and the United States.

      My hart bons opgewonde. Ek wil nog verder lees, maar twee bruin arms vanuit nêrens vat die boek uit my hande. Ek het haar nie eens hoor inkom nie.

      Mavis maak die boek saggies toe en sit dit terug op die rak. Ek bly versteen staan. Sy kyk my vierkant in die oë en sê: “Jou kos word koud.”

      Toe weet ek, net aan haar manier van kyk: Sý weet dat ek die vorige keer ook in Sterling Gold se studeerkamer was.

      Aalwynskop. Sondagaand. Stiltetyd in my kamer. Die volstruis is ’n onrein dier. Van hulle vleis mag julle nie eet nie. Deuteronomium 14:15.

      Ek het in die toilet gaan opgooi.

      Nie lank daarna nie het die plukseisoen begin.

      11

      ’n Eienaardige man het saam met mister Pocock en Manus le Roux van die koöperasie op Oudtshoorn gekom om die vere te inspekteer – ’n maer en verpoepte bleeksiel met bloedrooi wange, blink pikswart hare en ’n bypassende blinkswart snorretjie. Ronde brilletjie. ’n Volwasse Harry Potter, sy tyd twintig jaar vooruit. Hy het gebroke Engels met ’n bykans onverstaanbare swaar aksent gepraat. Daar hoor ek toe die eerste keer hoe ’n Fransman klink, monsieur Didier Roussel. Het die bruin volk nie vir pa ook “my seur” genoem nie?

      Onmiddellik het die vreemdheid van sy voorkoms, die klanke van sy onuitspreekbare naam en die feit dat hy verbonde was aan die Moulin Rouge in Frankryk my belangstelling geprikkel. Ek het my verkyk aan die man met die netjiese donker pak en rooibruin leerskoene. Hy het ’n spierwit hemp met ’n snaakse ronde kragie aangehad en daarby ’n rooi kolletjiesdas. Hy het ietwat ontuis gelyk tussen die droë stof van die plaas en die bondels volstruisvere in die stoor, maar ek kon sien hy het presies geweet waarna hy op soek is.

      Intussen het oom John ook aangekom van Sterling Gold af. Hoe Pa en oom John saam in hierdie ding was, het ek nie goed verstaan nie. Ek kon aflei dat daar tussen die twee buurplase ’n voldoende hoeveelheid volstruisvere vir die transaksie was en dat alles op ’n vyftig-vyftig-basis sou geskied.

      Die geplukte vere het in netjiese rye gereed in die plukstoor gehang; soldate op aandag vir ’n groot inspeksie. Pa was senuag­tig, want die hele transaksie het daarvan afgehang of die manne­tjie tevrede gaan wees met wat hy sien. Ek kon egter sien dat die moeilike kommunikasie tussen Pa en mister Fransman die eintlike struikelblok was, en nie noodwendig die gehalte van Pa se vere-oes nie.

      Nadat al die grootmense eers in die huis by Ma tee gedrink het, is almal op stoor toe. En ek soos ’n stertjie agterna. Pa, oom John en Le Roux het voor geloop. Hulle het oor ditjies en datjies gepraat; meestal oor die reën wat nou al maande wegbly. Mister Pocock en mister Fransman agter hulle. Ek kon hoor dat hulle Frans met mekaar praat, die eerste keer in my lewe dat ek dié taal op eie bodem hoor. Iewers in die verlede het ek op ’n radioverhaal of êrens gehoor dat iets soos mêrsie “dankie” in Afrikaans is. Dié dag het ek dié woord, en ’n paar ander ook, herhaaldelik in hulle gesprekke gehoor, maar geen idee van die konteks daarvan gehad nie. As ek nou ná jare terugdink aan daardie dag, besef ek dat mister Pocock ook maar net ’n basiese Franse gesprek kon voer – genoeg om, saam met oordrewe handgebare, te verstaan wat die Fransman te sê gehad het. Daardie vreemde woorde het soos sagte nuwe jong donsies op my ore geval.

      In die stoor het duisende vere onderstebo in bondels van tien pond elk gehang. Parcels. Ry op ry het die wit pluime saggies in die lug gewieg. Ek moet sê, dit was ’n fantastiese gesig. Dit het soos ’n wit wolkemassa oor die Karoo se hoogste berge gelyk, net voor ’n donderstorm uitsak. Ek het ’n opgewondenheid in my binneste ervaar wat ek nie kon beskryf nie. Toe die plukseisoen twee weke vroeër begin het, het die werkers hope vuil, vaal en verlepte vere van die plukhokke af ingedra. Die vere is daarna gewas, geborsel en gekook. Hiervoor het Pa ’n spesiale span werkers aangestel. Al die vere moes wit wees, en daarom is hulle nie gekleur nie. Nou het die vere trots, skoon en sneeuwit gewas daar gehang. Uitgepof, asof hulle hul spiere wou wys.

      Mister Pocock en Le Roux het elk ’n bondel vere van een van die hangrakke afgehaal, losgemaak en op die sorteertafel uitgesprei. Le Roux was die ekspert. Ek kon nie dink dat mister Pocock veel van vere geweet het nie, maar dit was in elk geval nie sy taak om daaroor uitspraak te lewer nie. Hy het bloot aan Pa en oom John probeer oordra wat die Fransman te sê gehad het.

      Meneer Fransman was oënskynlik beïndruk met wat hy gesien het. Mister Pocock het aan monsieur Roussel probeer verduidelik dat Le Roux die veerlot as van hoogstaande kwaliteit beskou. Vir die Fransman was veergrootte belangrik. Hy was op die uitkyk na vere wat lekker breed was, waarvan die fatsoen van die veerskouers perfek gevorm was, en dan moes die sagtheid en glans ook op standaard wees. Dit was sy vereistes vir die Moulin Rouge. Die vere se lengte was buitengewoon goed en daarom is ons vere bestempel as van uitstaande gehalte. Die Fransman het alles wat hy wou hê hier gevind. Pa en oom John het in hulle skik gelyk met sy observasies.

      Mister Pocock, Le Roux en die rooiwangman het nog ’n wyle met mekaar woorde gewissel, terwyl hulle die vere oor en oor be­kyk het, dit heen en weer geswaai en saggies daaroor gestreel het. Ek kon hoor hulle sê: “Oui, oui!” Pa en oom John het onderlangs vir mekaar gekyk. Wat whie-whie die manne so?

      “Wat sê die mannetjie?” het oom John eenkant vir mister Pocock gevra, maar vir die Fransman geglimlag.

      Mister Pocock het vir Pa-hulle in Afrikaans geantwoord. Hy het oordrewe saaklik gepraat, en ek kon agterkom dat die vier boere­mans eintlik vir meneer Fransman as soort van eksentriek en pot­sierlik beskou het. Dalk wou mister Pocock die Fransman ietwat verneder?

      “Nee, mister slakvreter hier is hoogs beïndruk met julle vere. En as julle nou saamspeel en alles beaam, gaan hy ’n kakhuisvol Franse frank vir hierdie vere betaal.”

      Ernstige gesigte.

      En as daar nog êrens ook volstruisvelle beskikbaar was, sou die transaksie suksesvol afgehandel kon word. Ek kon sien dat Pa wou lag, maar nie oor ’n snaaksigheid nie. Hy wou bars van trots oor sy vere en die feit dat hy daarvoor in vreemde geld betaal sou word. Die vyf mans het oor en weer hand geskud en gelag. Almal tevrede.

      Pa het ’n volledig gebreide volstruisvel van agter uit ’n muurkas gaan haal en na die Fransman uitgehou. Dit was ’n fantastiese stuk vel, sag bewerk en rooibruin gekleur. Onder jou hande die knoppies lieflik eg, luuks en outentiek. Dis vir jou, het Pa hom in Afrikaans beduie. Ek dog die man kry ’n floute, want tóé praat hy éérs Frans. Wat praat dié man van Louis van Tonder? Pa roep mister Pocock nader. Mister Pocock kon ook nie verstaan wie meneer Van Tonder is nie, en vra maar toe dat hy die naam neerskryf.

      Louis Vuitton.

      Wie’s dit? het almal verbaas gevra.

      Die Fransman het net beduie dat Pa-hulle nie bekommerd moet wees nie, hy sal weer van hom laat hoor, via mister Pocock.

      Pa het vir my geknipoog, net soos oom John daai Sondagmiddag tydens ete. “Hier’s nou vir jou ’n saketransaksie uit die boeke uit,” het hy vir my gefluister. “Dis hoe ware manne besigheid doen.” Die een hand was die ander. Pa het my gestuur om twee volstruiseiers in sy kantoor in die hoek van die stoor te gaan haal. Op die rak langs die yskassie.

      Gee

Скачать книгу