Op die spoor van hoop. Jacqueline Leuvennink

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op die spoor van hoop - Jacqueline Leuvennink страница 5

Op die spoor van hoop - Jacqueline Leuvennink

Скачать книгу

ja, dit is soos uit ’n boek. Juis omdat alles so uit die aarde is. Oor jare geduldig gebrei en gevorm deur mense wat die asem van berg, graniet, boom en gras met hulle saamdra.

      ’n Bosch-droom wat waar geword het. ’n Afgewerkte randjie.

twirl.jpg

      Op 86 is Esias elke dag nog waar hy die graagste wil wees – in sy ateljee en naby sy kinders.

      “Langs die huis is Oupa se werkplek waar hy bakke, borde, kruike, vase en groot teëls van klei maak,” skryf Andrée. Daar waar sy kleinkinders, Leandra, Sias, Melissa, Nini en Lisa, nes hul ouers vóór hulle, op hul lekkerste kan speel. Want: “Oupa raas nie as hulle liewer op die sementvloer as op papier wil verf nie. En as hulle al hul klere uittrek en op hul lywe verf, lag hy net.”

      Moontlik omdat hierdie oupa sê dis in ons masjien- en tegno­logies-gedrewe tyd vir hom ’n wonderlike seën om steeds met sy hande te kan werk. Hy maak bykans elke dag iets wat vroeg in die oggend nog nie daar was nie.

      Die heel lekkerste is om saam met hom oond uit te pak. Dan hurk hy in die afgekoelde oond se deur en leun binnetoe. En elke keer nadat hy so daarin verdwyn het, kan jy maar weet hy kom met nog ’n verrassing daar uit.

      Sulke tye sou Leandra en Sias dan sommer om die lang werktafel van pure opgewondenheid begin dans. En dan “dans Oupa saam sodat sy voorskoot vol kleikolle wapper”.

      Nou is Leandra en Sias groot, en hul oupa bejaard. Maar hy maak nog steeds met dieselfde afwagting oonde oop. Net nie meer vir sy eie werk nie.

      Deesdae laat hy die kwesbare keramiek aan sy ander twee ta­lentvolle kinders, Anton en Esra, oor.

      Esias is sedert sy tagtigste verjaardag terug by dit wat hy as uitblinkerstudent die meeste geniet het: om te skilder. Sommige dae doop hy sy houtpenne in swart ink om lieflike, lywige Laeveldse bome te teken – reuse wat uitreik na die lig en die lug daarbo son­der om deur raam of glas gestuit te word.

      En so bly elke dag vir hom steeds nuut.

twirl.jpg

      Die Randjie het baie dinge. Persblou Swazilandse berge in die verte; ’n arendsblik oor die Laeveld; inheemse plantegroei wat die lang, lae huis en ateljee met groen omsoom. En dan natuurlik potte; binne én buite, groot én klein.

      Die huis is ’n lewende kunswerk, maar in die eerste plek ’n skuil­te vir sy mense. Alles is hart- en handgemaak, Bosch-gestempel: die vensterbanke, die teël-inlegwerk, plaveisel, vloere, houtplafonne – en muurversierings. Baie daarvan is net betyds deur ’n lid van die gesin van die ashoop gered as dit nie meer aan Esias se hoë standaarde voldoen het nie. En dit terwyl elke enkele dingetjie eintlik ’n elkedagse pryslied is aan wat mooi, goed en eg is.

      Sy oudste dogter, Esra, maker van dekoratiewe bakke en borde en die ateljee se sorgsame, saggeaarde “skakelbeampte”, beduie vir ons die pad na haar pa se ateljee.

      Ek en my man gaan staan instinktief botstil in die deur.

      Dis ’n leë vertrek, in hierdie oomblikke net gevul met lig en die presisie van Händel se ratse, skerp nootjies. Esias is besig om te skilder, één met die landskap wat onder sy hand op die doek voor hom groei.

      Ons tree asof kers-in-die-hand nader, versigtig om dit wat so heel is, te versteur. Ná ’n rukkie raak hy nietemin bewus van ons, knik dadelik vriendelik en kom groet nadat hy sy hande gewas het. “My oë moet tog nou eers weer ’n bietjie rus …”

      Hy werk nog net soos altyd, net stadiger. “Ek eet steeds voor ses ontbyt en begin werk dan tot so nege-uur. Ná ’n ruskansie druk ek deur tot twaalfuur – ek is mos die kok in die huis – en daarna gaan ons maar weer verder.”

      Sy vrou en geesgenoot, Valerie, is al sestien jaar oorlede. Haar glo in hom het nooit kortasem geraak nie. Hy en die kinders mis haar steeds. Hulle was albei studente aan die Johannesburgse kuns­skool toe sy immer oplettende oë die lang, grasieuse meisie eendag in die studentekafeteria raakgesien het.

      “Ek het na my vriend Zakkie Eloff toe gedraai en gesê dis my toekomstige vrou wat daar loop …”

      Val het in 1946, nadat hy sy studies voltooi het, die advertensie raakgelees vir ’n beurs om keramiek in Engeland te studeer. “Ek het dadelik aansoek gedoen. Skilder was wel my groot passie, maar ek het ’n enorme behoefte gehad om oorsee te reis en die wêreld se grootste kunswerke te sien.”

      Londen was ’n skok vir die mynerseun van Winburg, later plaas­seun in die Waterberge. Maar hy en Val is daar getroud. En die aanvanklike donkiewerk in ’n ysige werkswinkel het tog die grondslag gelê vir nóg ’n lewenslange liefdesverhouding: die een met keramiek.

      “Terug in Suid-Afrika het ek klas gegee aan die Durbanse kuns­skool. Dit het broekskeur gegaan – met twee klein kinders het ek ’n na-uurse inkomste met potte probeer verdien.”

      Hulle het nie ’n motor gehad nie. Hy het sy potte op ’n kruiwa gelaai na die winkels toe. Mense het egter nog hul neuse opgetrek vir handgemaakte potte. Toe hulle in 1960, nou met drie kinders, na Witrivier verhuis, wou hy baie dae handdoek ingooi.

      “Dit was Val se geloof en krag wat my laat aanhou het,” erken hy vandag. Hulle kon eers tien droë boorgate later water kry. Esias het met ’n span arbeiders ingeklim en ’n pad, ’n ateljee en ’n huis begin bou. Later sy eerste houtoond.

      “Dit het ’n merkwaardige kwaliteit aan die steenware gegee wat ek hier begin maak het,” onthou hy. Die oond het in ’n oopte ge­staan. Die bure het gewonder oor die man wat snags so onder die sterre bly sit om sy oond dop te hou.

      Maar ná ’n paar landwye uitstallings het mense begin weet van Esias Bosch. Sy rustelose verkennings- en maakdrif het voortdu­rend iets nuuts opgelewer.

      Toe dit vir hom te maklik geword het om effekte met steenware te bereik – “jou werk raak vol slimmighede” – het dit hom na die uitdaging van porselein gedwing.

      Daarna het ewe indrukwekkende keramiekmuurpanele gevolg wat met onder meer goud versier was. Maar nie voor hy sy laaste porseleingoed eers in skerwe stukkend gegooi het nie.

      As Esias klaar was met iets, was hy so besig met padmaak vorentoe dat daar nie nog tyd was vir potte saamsleep of terugkyk nie. Sy vrou en kinders moes maar red wat daar nog te redde was.

      Esra, voorheen ’n diereverpleegster, bly nou by hom, daar teen die randjie. Sy en Anton het sowat 26 jaar gelede so reg in die Japannese pottebakkerstradisie by hulle pa se ateljee kom aansluit. ’n Stap wat baie vernuwings teweeggebring het wat tot almal se voordeel was.

      Anton en sy kunstenaarsvrou, Hanlie, het ’n eie huis en ateljee in die nabye omgewing. En die jongste, Andrée, joernalis en skrywer van die Kaap, was die medeskrywer van ’n pragbiografie (reeds uit druk) oor Esias.

      “Elke kind het oor die jare ’n outentieke handtekening ontwikkel,” sê hy.

      Met ’n gesamentlike uitstalling van hul werk skryf Wilhelm van Rensburg: “Dis asof die duif uit Esias se teël opgestyg en deur Anton se panele gevlieg of in Esra se plat bakke nes geskrop het.”

      Hulle gee mekaar die nodige ruimte. Anders sou hulle volgens hul nugtere, praktiese pa “mekaar kon verrinneweer en verteer”. Wan­neer hulle

Скачать книгу