Tryna du Toit-omnibus 9. Tryna du Toit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tryna du Toit-omnibus 9 - Tryna du Toit страница 14

Tryna du Toit-omnibus 9 - Tryna du Toit

Скачать книгу

het daar blou kolle op die see verskyn. Toe hulle by ’n mooi rotsformasie naby Chapmanspiek kom, het Emile die motor van die pad getrek en haar genooi om uit te klim en die uitsig saam met hom te bewonder. Hulle het teen die rots opgeklouter en gekyk na die wye uitgestrektheid van die rustelose, deinende see, na die hoë branders wat skuimend oor die rotse breek en hoog in die lug opspat om dan weer terug te val in ’n eindelose kom en gaan.

      “Daar is geen haas nie,” sê Emile langs haar. “Kom ons sit ’n rukkie hier op die rotse. Of is dit te koud vir jou?”

      “Ek sal die hele dag hier kan sit sonder om moeg te word – of koud te kry,” voeg sy met ’n glimlag by.

      ’n Lang ruk sit hulle stil langs mekaar, hulle oë op die onstuimige groengrys see, die klam seeskuim teen hulle gesigte. Geleidelik verdwyn die onrus en onsekerheid uit Veronica se hart en word dit stil hier binne-in haar.

      Dis Emile wat eerste begin praat en half onwillig maak Veronica haar los van die bekoring waarin sy vasgevang is. Emile verneem na haar familie en is geskok om te hoor van haar pa se dood ’n paar maande na sy vertrek.

      “Ek is jammer,” sê hy. “Dis die eerste wat ek daarvan hoor. Waarom het jy nie vir my geskryf nie?”

      Sy haal haar skouers op.

      “Ek weet nie. Alles was so deurmekaar; dit het so skielik gebeur. Ek het vir jou ma geskryf – ek het gedink sy sal jou seker laat weet.”

      “Miskien het die brief verlore geraak,” sê hy. “Ek kan nie dink dat sy my nie sou laat weet het nie.”

      In sy hart het hy egter geweet dat dit wel moontlik was. Sy vroeë huwelik en die egskeiding twee jaar later was vir sy ma, wat baie hoë ideale vir hom gekoester het, ’n bittere teleurstelling. Hy weet sy het in haar hart vir Veronica daarvoor geblameer dat hy so vroeg getrou het en dat sy huwelik misluk het. Van haar kant af sou sy geen steen verroer om hulle weer bymekaar te bring nie.

      Hy vra haar uit oor haar pa se finansiële probleme en sy vertel hom kortliks die omstandighede: nadat die boedel beredder is, was daar net genoeg om in haar ma se behoeftes te voorsien.

      “Ek is jammer,” sê hy simpatiek. “Ek is werklik jammer om dit te hoor. Jy moes my regtig laat weet het.”

      “Ek wou vir jou skryf, maar toe het ek gedink – jy kan tog niks aan die saak doen nie. En omdat ek nooit van jou gehoor het nie, was ek bang jy sou dink dat ek … wel, dat ek besig is om weer agter jou aan te loop.”

      In stilte kyk hy na die hoë golwe wat op hulle afgestorm kom, die wolke van skuim wat opspat wanneer hulle telkemale teen die donker, blinknat rotse neerstort. Uiteindelik sê hy: “Toe jy my die dag van jou weggestuur het – toe jy vir my gesê het dat ons huwelik wat jou betref ’n volslae mislukking was en dat jy nie kans sien om langer so aan te gaan nie – het ek dit as finaal beskou.”

      “Ek ook,” fluister sy.

      “En nogtans het jy verwag – of gehoop – dat ek weer vir jou sal skryf?”

      “Net ’n kort briefie – net om te sê dit gaan goed en dat jy my vergewe het vir alles wat ek jou aangedoen het,” sê sy sag.

      Maar hy skud sy kop.

      “Nee. Wat verby is, is verby. En van vriendskap tussen my en jou was daar in daardie stadium nie sprake nie.”

      “En nou?” vra sy nuuskierig.

      “Nou is dit miskien moontlik. Die storms is verby en die wonde het genees. Ons het albei weer rigting in die lewe gekry. Uiteindelik kan ons – hoop ek – soos twee verstandige mense oor die verlede sowel as die toekoms gesels sonder om mekaar seer te maak of in die hare te vlieg.”

      Dis haar beurt om stil te wees. Dan sê sy: “Wat is die belangrike saak wat jy met my wou bespreek voor jy teruggaan?”

      “Ek wil graag ’n ou skuld wat swaar op my gewete rus vereffen. Maar daarby kom ons later. Ek wou ook sommer net uitvind hoe dit met jou gaan en wat jou planne vir die toekoms is. Jy sien, Veronica, ek het verwag dat jy teen hierdie tyd lankal weer getroud sal wees. En tot my verbasing – en teleurstelling – sien ek jy dra nie eens ’n verloofring nie.”

      “Waarom teleurstelling?” vra sy verontwaardig.

      “Dit laat my skuldig voel. Was jou eerste ervaring so ’n ontnugtering dat jy bang is om ’n tweede keer te probeer?”

      Sy haal haar skouers op.

      “Ek sal seker weer eendag trou, maar daar is geen haas nie. Op die oomblik geniet ek nog die lewe soos dit is. Ek is my eie baas, ek maak soos ek wil, ek hoef niemand behalwe myself in ag te neem nie. Intussen spaar ek vir ’n vakansie oorsee …” Dis Adèle se skuld dat die argumente so hol in haar ore klink. “Maar wat van jou? Waarom is jy nog nie getroud nie?”

      “Hoofsaaklik omdat ek nog te besig was. Onthou, toe ek van oorsee teruggekom het, het ek niks gehad nie – behalwe skuld, en natuurlik die kennis en ervaring wat ek opgedoen het. Maar ek het hard gewerk en ek was gelukkig. Ek is ’n vennootskap aangebied by ’n puik firma met kontrakte dwarsdeur die land. Werk is volop – ons land beleef ’n geweldige opbloei in die boubedryf wat seker nog geruime tyd sal aanhou. Jy sal Pretoria nie ken as jy weer daar kom nie: die hele middestad het verander en dit gaan steeds voort. In elk geval, dit het bo verwagting goed gegaan, die vooruitsigte vir die toekoms is goed en – anders as jy – begin ek voel die tyd word kort en ek word nie jonger nie. Ek raak moeg vir die alleenlewe; ná al die jare van swerf soek ek bestendigheid, ’n huis en ’n gesin. Ek voel dit word tyd om daardie droomhuis van my te bou.”

      ’n Skielike huiwering gaan soos ’n koue windjie deur haar.

      “Mag ek vra wie sy is?” vra sy sag.

      “Ek het nie gesê daar is iemand nie, het ek?”

      “Jy is tog seker nie van plan om alleen in jou droomhuis te gaan woon nie,” werp sy vinnig teë.

      “Nee. Dan sal dit nie regtig ’n droomhuis wees nie. Jy is reg, daar is iemand – ’n meisie wat in ons kantoor in Pretoria werk. Nee, jy sal haar nie ken nie, sy kom van die platteland af en is nog maar ’n jaar of twee in die stad.”

      “Is julle verloof?” vra sy en is verbaas oor haar eie kalmte.

      “Nog nie. Ek het gevoel ek is nie vry om – sal ons sê – ’n kontrak met ’n ander vrou aan te gaan voor ek jou weer gesien het, my skuld vereffen het en seker gemaak het dat ek nie meer enige verpligting teenoor jou het nie.”

      “Jy het geen verpligting teenoor my nie.” Haar stem is laag, skaars hoorbaar bo die gedreun van die branders teen die rotse. “Het ek jou één keer in die vyf jaar lastig geval of laat voel dat … dat ek nog enige aanspraak op jou het?”

      “Inteendeel! Jy het my baie goed laat verstaan dat jy dankbaar was om van my ontslae te wees, dat jy niks verder met my te doen wil hê nie. En as ek teruggekom het en jy was getroud of verloof sou ek tevrede weggegaan het en gevoel het ek is vry om my eie geluk te soek. Maar nou is jy alleen, sonder ’n ring aan jou vinger of iemand om jou te beskerm teen wolwe soos Jack Verster wie se geselskap jy so geniet. Jy het – van alle dinge – ’n onderwyseres geword. Jy skilder nie meer nie terwyl jy vroeër gesê het jou skilderwerk is net so ’n noodsaaklike deel van jou lewe as asemhaal. Ek … wel, ek weet nie wat om van die nuwe Veronica

Скачать книгу