150 Stories. Nataniël

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 150 Stories - Nataniël страница 12

150 Stories - Nataniël

Скачать книгу

      With my … said Mr B and then he had a mild stroke, for both his hands were missing.

      Like mist before the sun, said his wife, and cut the collar.

      But I just washed them! said Mr B.

      And didn’t you do that well, said his wife.

      Dance with me! said Mr B. Please! It will bring them back!

      All right, said his wife seductively and played with the mole. But then we have to do it like in the old days. Like the first time. Remember how you threw up in the bouquet? And on the honeymoon, how you tied my tits behind my neck to make a cleavage? And how I saw the whole of the Kruger National Park on my stomach, because you liked it tight? Those were the days.

      I’ll do anything! said Mr B and grabbed his wife.

      Say you love me, he said.

      Snake shit, she said, and danced passionately.

      Why B, she said, your mouth is disappearing. Is it because you washed it after you kissed Sheilah from the boutique?

      Why B, she said, your arms are disappearing. Is it because you washed it after every massage in the maid’s quarters?

      Why B, she said, your crotch is disappearing. Is it because you washed it so well after every fuck next door?

      Then the doorbell rang.

      Buite op die stoep staan Billy-Dean se jongste sussie. Sy’s nog bewerig van Sagte Lucas se stoep.

      Sy sien hoe gaan die deur oop en ’n kop sonder mond hang in die gang.

      My ma vra of Oom sal help kis dra, sê sy en wonder wat de hel die kop gaan doen.

      But then the thin, hideous wife of Mr B appeared behind the head. Tell your mother it will be a pleasure, she said. Tell your mother it will be an honour. For both of us.

      Then she lifted her dress above her head, rustled her feathers, and with her left wing hit her husband through the face.

      (uit White Soul, Maart 1993)

      Billy-Dean 6

      Billy-Dean het in Mrs Olivier se buitekamer gaan bly net nadat Ouma uitgehaak het.

      Omdat sy pa op die treine gewerk het, kon die gesin een keer per jaar verniet ry, en so is hulle toe die een naweek af Oudtshoorn toe.

      Die Saterdagmiddag is hulle met die bus uit volstruisplaas toe. Op die plaas kyk almal eiers, die twee sussies kry elkeen ’n beurt om te ry en Ma koop drie pienk vere vir die sitkamer. Oupa en Ouma loop heel agter en stry oor Oupa wil pie en Ouma sê dis oor hy nie kan knyp nie dat hy nêrens in die lewe gekom het nie. En nou moet sy op haar ouderdom Oudtshoorn toe gesleep word net om nog ’n voël te sien wat nie kan vlieg nie.

      Hulle hoor toe glad nie toe die toergids sê die mense moet eenkant staan, die plaasbevolking gaan resies jaag met die volstruise nie. En so trap die een volstruis toe vir Oupa die ewigheid in en Pa moet inbetaal op die trip huis toe, want die Spoorweë gee nie konsessie op lyke nie.

      Twee dae ná die begrafnis kom Ouma nie tafel toe vir ete nie en Billy-Dean se ma stuur hom om haar te gaan soek. Hy kry haar op die ou end in die badkamer. Sy sit gehurk agter die toiletbak, met Ma se vererangskikking op haar skoot.

      Ouma moet kom eet, sê Billy-Dean, voor Ma sien die rangskikking is weg.

      Maar sy wil van niks weet nie. Sy kyk nie eens op nie en Billy-Dean gaan roep sy ma. Sy ma bly lank weg en toe sy terugkom in die kombuis is sy spierwit, haar rok is geskeur en daar sit ’n stukkende pienk veer in haar hare.

      Sy’s aan die broei, sê sy en gaan lê in die kamer.

      Almal storm badkamer toe. Van die stoeigeveg is die hele plek vol wasgoed en vere. Ouma sit nog steeds gehurk agter die toiletbak en onder haar steek ’n helse volstruiseier uit.

      Drie dae lank beweeg Ouma nie van die eier af nie en die kinders maak beurte om vir haar te gaan pitte gooi. Op die derde aand maak Billy-Dean se ma sy kamerdeur oop en sê, Ma is baie lief vir jou en Ma weet jy’s lief vir Ma ook, maar jy moet nou asseblief by Mrs Olivier gaan bly dat Ouma in jou kamer kan kom broei. Ma’t klaar gereël. Dis darem te aardig om kamer te verlaat met Ouma agter die bak, buitendien, netnou vind die mense uit.

      So gaan woon Billy-Dean toe by Mrs Olivier, werk in die garage by Mr B, teken sy prentjies, kyk deur die heining na die Slang se borste en droom van Vincent. En in sy kamer by die huis sit Ouma op die eier.

      En nou, op die derde dag van Billy-Dean White se soektog na sy verlore siel, sluit hy sy oë en sien hoe sy ma ’n uur voor sy begrafnis by die kombuis instap en vir sy pa vra hoekom hy nog nie aangetrek is nie.

      En sy pa sê hy’s nie van plan om te gaan nie, hoeveel vernedering moet ’n man vat in een leeftyd?

      Toe sit sy ma haar handsak neer op die tafel, keer die asbak om, smeer haar gesig vol as en sê, Is ek nie vir jou pragtig nie? Is dit nie vir jou ’n heerlike dag nie? Is dit nie ’n vreugde om jou vrou so voor jou te sien staan nie? Ná ’n leeftyd in die kakste huis op die dorp, met haar oudste dogter wat op negentien moet borsvoed van al die gepomp in skooltyd, en haar jongste dogter wat haar twee stywe nippeltjies die dorp vol sleep, en haar seun wat dood is oor sy hom uit die huis uit moes sit sodat ’n ou vrou in sy kamer kan sit en broei! En dan moet sy op die dag van haar kind se begrafnis in haar man se hardlywige gevreet vaskyk en wonder, WIE DRA DIE FOKKEN KIS?!!

      Toe vat sy haar handsak en loop sit heel voor in die kerk en begin saggies huil toe die afgryslike Mrs B inkom met haar man se kop onder die arm. Sy huil ’n bietjie harder toe sy Mathilda die Slang sien inkom met Sagte Lucas ’n entjie agter haar. En sy huil kliphard toe sy sien haar jongste dogter het al weer nie ’n bra aan nie.

      Maar sy hou op huil halfpad deur die diens toe die kerk se deure oopswaai en Ouma die paadjie afkom met ’n bondeltjie in haar arms en kliphard vra, Weet iemand wat voer ’n mens ’n volstruis?

      (uit White Soul, Maart 1993)

      Billy-Dean 7

      Ek kan nie glo ek was so simpel nie.

      Vandat ek verstand gekry het, weet ek al van die Engel. Ek gee hom ’n naam, ek praat met hom, ek teken hom. Twee jaar lank al het hy ’n gesig, en ek weet hoe dit lyk, maar ek sien niks raak nie.

      Eers een aand, twee maande terug, is ek in die straat en Sagte Lucas staan voor die blink huis. Die ruite gooi die straatligte oor sy gesig. En toe sien ek, dis Vincent se gesig! Dis hoekom niemand hom verstaan nie, Sagte Lucas is Vincent! Dis hoekom ek hier moes kom bly, die Slang sit met my Engel! Miskien is die stories waar! Miskien hou sy hom gevange!

      Nou weet ek nie. Ouma het eenkeer van die eier af gesê elke mens kry ’n teken. En ek weet Lucas is my teken, maar wat doen ek?

      In die nag lees ek, En hy het die engel nie herken nie.

      Ek kry nie meer geslaap nie. Ek drink my slaappille op, maar dit help nie.

      Ek lees nog, Maak

Скачать книгу