Saartjie Omnibus 3. Bettie Naudé

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Saartjie Omnibus 3 - Bettie Naudé страница 3

Saartjie Omnibus 3 - Bettie Naudé Saartjie Omnibus

Скачать книгу

werkies doen.”

      Die drie meisies lag.

      “Wat presies is julle plan?” vra Lina.

      Saartjie verduidelik opgewonde. Anna se pa moet die langnaweek vir ’n konferensie Durban toe gaan.

      “Ek weet,” sê Lina, “en ek weet jy en Anna het besluit julle gaan probeer om saam te gaan. Ek sou ook probeer het as dit nie was dat ons familie lankal besluit het om na my ouma se plaas toe te gaan nie. Wat ek wil weet, is: watse plan het julle uitgedink om Anna se pa sover te kry om julle saam te vat en om jou ouers sover te kry om ja te sê?”

      “Dis mos wat ek nou vir jou probeer vertel,” sê Saartjie vererg. “Hoekom luister jy nie?”

      Lina luister weer. Saartjie vertel sy en Anna het besluit hulle gaan vir die volgende paar dae baie mooi lewe. Dit is hul plan. Hulle gaan soet wees en hard werk. Hul ma’s moet kan sê: “Ag, maar hulle is twee sulke wonderlike meisies.”

      “En dan,” vervolg Saartjie terwyl haar blou oë ondeund vonkel, “wanneer hulle sag gemaak is, gaan ons hulle vra. Dis so maklik soos dit. Anna gaan haar pa en ma vra en ek myne – en weg is ons Durban toe!”

      “Ek wens ek kon ook saamkom,” sê Lina en sug.

      Die meisies praat asof dit al klaar ’n voldonge feit is dat hulle Durban toe gaan.

      “Ons moet van nou af hard huiswerk doen,” sê Saartjie vir Anna. “Wanneer ons vra, moet ons ouers kan sien ons het ons so te sê dood gewerk en ons verdien ’n paar dae by die see.”

      “Ek’s net bly,” sê Anna, “my pa en ma weet nie Ou Nukke het my vanoggend so ingevlieg omdat ek nie my huiswerk gedoen het nie.”

      “Ek gaan myne nou gou doen,” sê Saartjie. “Ons moenie die volgende paar dae in die moeilikheid kom nie. Ons moet mooi lewe, Anna.”

      Saartjie is by die kamer uit, reguit huis toe om huiswerk te doen en te gaan “mooi lewe” sodat haar ouers dit moet sien.

      Op die stoep is Muggie nog steeds besig om koggelend vir die wêreld te vertel dat Saartjie nie kan spring nie.

      “Is jou keel nog nie seer nie?” vra Saartjie toe sy verby haar stap.

      “Jy dink seker jy’s snaaks, nè!” snou Muggie haar toe.

      Toe Saartjie by die hekkie kom, hoor sy hoe die kleintjie weer dieselfde deuntjie herhaal: “Saartjie kan nie spring nie.”

      Sy glimlag maar net. Muggie sal wel een of ander tyd moeg word en van die springery vergeet.

      Dié aand aan tafel is Saartjie so vriendelik en goedgemanierd dat haar ouers, haar ouer broer, Kris, en haar jonger boetie, Apie, meer as een keer fronsend na haar kyk.

      Sy vra gedurig: “Gee asseblief vir my dit of dat aan,” en wanneer dit gedoen word, sê Saartjie met ’n glimlag: “Baie, baie dankie.”

      Verder vra sy die hele tyd goed soos: “Wil Pappa nie nog ’n bietjie rys hê nie?” En as hy haar verseker hy het genoeg sê sy vir haar ma: “Hoe lyk dit, Mamma. Nog ’n bietjie aartappels?” Saartjie se ma sê nee dankie, want sy hou haar figuur dop.

      Dan vra Saartjie weer vir Kris: “Kan ek nie vir jou iets aangee nie?”

      En so hou dit aan. Die Baumanns is ’n beleefde familie, maar Saartjie se bedagsaamheid word darem nou te erg en hulle begin almal ongemaklik voel.

      Saartjie se agtjarige boetie – Abraham, maar almal noem hom Apie – het klaar geëet en hy sit haar nou met ’n frons op sy sproetgesig en dophou. Hy wonder hoekom sy so vriendelik is en wat sy in die mou voer.

      Apie is ’n vreeslike karnallie. Hy speel met die punt van sy tong deur die opening waar sy twee voortande skitter in hul afwesigheid.

      Hy het een middag in ’n gehawende toestand met ’n blouoog en sonder sy twee voortande by die huis aangekom. Sy storie was dat hy uit ’n boom geval het, maar niemand het hom geglo nie. Almal was seker hy was in ’n woeste geveg betrokke.

      “Julle kan maar so dink as julle wil,” het hy net koppig gesê en met gebalde vuiste gestaan. “Maar ek sê vir julle,” en die s-geluide was sss-geluide: “ek het uit ’n boom geval.”

      Toe sy ma sien hoe die trane in sy oë blink, het sy almal belet om hom verder uit te vra.

      “As Apie sê hy het uit die boom geval,” het sy net teer gesê, “dan het hy uit ’n boom geval.” Toe het sy hom gaan dokter.

      Nou sit Apie Saartjie agterdogtig en dophou. Hy weet mos sy is so vriendelik en beleef omdat sy iets wil hê. Hy wonder net wat dit kan wees.

      Toe Saartjie vra: “Het jy genoeg geëet, Apie? Wil jy nie nog iets hê nie?” maak hy net ’n paar sisgeluide en brom: “Ek wil niks hê nie – ek wil net weet wassit met jou.”

      “Wat bedoel jy?” Sy suster glimlag vriendelik.

      “Hoekom het jy all-of-a-sutten sulke goeie maniertjies?” vra Apie.

      “Abraham!” sê sy ma kwaai.

      “Hoekom praat jy so deurmekaar?” sê sy pa vererg. “As jy Afrikaans praat, praat dit ordentlik en nie so ’n mengelmoes van Engels en Afrikaans nie. Verstaan?”

      “Ek verstaan, Pa,” sê Apie, “maar Pa moet onthou, ek kan Engels goed gooi. My onnie het my vandag ses uit tien vir ’n Engelse opstel gegee. Dis die hoogste punte wat ek nog ooit gekry het.”

      Die seun lyk baie trots. Dan draai hy weer na Saartjie en sê: “Nou wassit met jou?”

      “Ek het nie ’n benul waarvan jy praat nie,” sê sy uit die hoogte en kyk vies na haar barbaar van ’n boetie.

      “Hoekom is jy kastig vanaand so vriendelik? Ander aande wil jy nooit vir my iets aangee as ek vra nie – maar vanaand vra jy skielik of ek genoeg geëet het en of ek nog kos wil hê! Daar’s iets verkeerd. Ek kan dit ruik.” Apie snuif-snuif met sy sproetneus in die lug.

      “Jy weet so min van maniere af,” sê Saartjie bitsig, “dat as jy iemand soos ek met goeie maniere teëkom, jy dit glad nie kan verstaan nie!”

      Apie en Saartjie kyk mekaar kwaai aan. Dokter en mevrou Baumann en Kris sukkel om hul lag te bedwing.

      Saartjie vee met die agterkant van haar hand oor haar hare. Sy byt effens op haar onderlip. Sy moet liewer nie haar humeur verloor nie. Dit sal alles bederf.

      Sy praat soos iemand wat spraaklesse neem: “Ek kan nie redeneer met mense wat nie die vaagste benul het van hoflikheid, diens, plig, hulpvaardigheid, opoffering vir ’n medemens … en …” Saartjie soek na nog ’n paar sulke edele eienskappe, maar kan nie aan nog iets dink nie en sê dan net: “en sulke belangrike eienskappe nie.”

      Apie kyk verbaas na haar. Dan sê hy: “Jissie, sy’t nie net ’n warm patat in haar mond nie – sy’t nou nog ’n stok ook ingesluk!”

      Voor enigeen iets verder kan sê, tik dokter Baumann met sy kneukels

Скачать книгу