Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe). Anchien Troskie as Elbie Lötter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe) - Anchien Troskie as Elbie Lötter страница 21

Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe) - Anchien Troskie as Elbie Lötter

Скачать книгу

volgende paar weke was hel. Ek moes hard leer, hard oefen, hard seks hê met hom. Hoe ek daardeur is, weet ek nie, maar ek is. Ek moes. Die balletopvoering was ’n reusesukses, die gehoor was gaande oor ons. Natuurlik is ek die balleteksamen met lof deur. Dis al wat ek ooit wou doen, ek wou dans, en goed ook. Die skooleksamen was maklik genoeg, ek het darem geslaag.

      “Dink net!” het Helena die middag na ons ons rapporte gekry het, uitgeroep. “Volgende jaar is ons in standerd agt! Wat trek jy vanaand aan? Het jy al gepak?” Sy kon gou van onderwerp verander.

      “Ek weet nie, en ja, al lankal.”

      “Jy gaan nie van jou koekerige klere dra nie.”

      “Ek het nie koekerige klere nie.”

      “Ha!”

      Ek het geweet sy was reg. Dis al wat ek gehad het, en ek wou graag dié aand mooi lyk, vir Marnus, ook vir myself.

      “Sal jy vir my van jou klere leen?”

      “Dan is dit waar!”

      “Wat?” Ek het onbegrypend na haar gestaar.

      “Wonderwerke gebeur nog.” Sy het gelag, my aan die arm saam met haar getrek.

      Helena het oplaas besluit dat ek die beste lyk in een van haar skintight jeans en ’n baie blink, baie rooi halternektop.

      “Ek kan nie ’n bra by die top aantrek nie.”

      “Jy het nie een nodig nie, jy’s klein.”

      “Helena, ek weet darem nie.”

      “Hou op moan. Jy lyk stunning. Ons sal Marnus moet vasbind vanaand.”

      Ek wou dit nie hoor nie.

      Haar pa het ons by die skoolsaal gaan aflaai; ons sou terugstap, saam met ons dates.

      “Geniet dit! Nie te rof vry nie!”

      Die saal was pragtig, soos ’n feëland, liggies orals. En Marnus. Marnus het goed gelyk. Groot. Dis die eerste keer dat ek hom in gewone klere sien, het ek besef. Nog altyd net in skoolklere of sportklere. Ma sou gesê het hy is ’n mooi seun. Mooi man. Hy wás groot. Ek was bang. Sê nou dit is waar dat dit al is waaraan seuns, mans dink? Dat as hulle eers daaraan gedink het, hulle mál raak? Sê nou hy gryp my en ek kan niks doen nie? Ek wou terug, ek wou huis toe. Helena moet iets aangevoel het, want sy het my stewig aan die arm beetgekry en reguit na waar Deon en Marnus staan en wag het, gestap.

      “Haai!” het sy gegroet en Deon ’n soen gegee.

      “Hallo, Anna!”

      “Hallo.” Ek kon nie opkyk nie.

      “Jy lyk verskriklik mooi.”

      Ek het opgekyk en ’n goedheid in sy oë gesien. Geweet hy sou nie. Geweet ek sou dit nie toelaat nie. “Dankie, Marnus.”

      Daar was tafels oral langs die kant van die muur gepak. Ons het in die verste hoekie gaan sit. Gedans. Gesels. Ek het moeilikheid sien kom tussen Helena en Deon. Hulle kon hulle hande nie van mekaar afhou nie.

      “Ons gaan ná die sokkie bietjie rondry in die stad,” het Helena gesê, terwyl Marnus en Deon weg was om vir ons te gaan koeldrank koop.

      “Hoekom het jou ma ’n tyd gegee vir inkom? Julle twee kon saamgekom het. Jy kon vanaand by my geslaap het.”

      “Toemaar, van môre af het jy my vir vier weke. Dis al hoe ek my ma sover kon kry om my te laat kom. As ek elfuur by die huis is en by die huis slaap. Ek dink sy is bang ek drink.”

      “Maar weet sy dan nie dat die onnies toesig hou nie?”

      “Sy weet.”

      Kwart oor tien het Marnus opgestaan. “Kom, Anna, ek vat jou huis toe.”

      Deon het Helena aan die hand opgetrek. “Ons gaan ook nou waai.”

      Buite die saal het ons hulle gegroet. Marnus het langs ’n motorfiets gaan staan.

      “Joune?”

      “Ja, hou jy daarvan?”

      “Ek het nog nooit op ’n motorfiets gery nie.”

      “Dan sal ek jou gou vir ’n ordentlike spin vat. Spring op.”

      Hy het langs die kus afgery. Ver. Lekker. Die wind het deur my hare gewaai, ek het styf om sy lyf vasgehou. Kwart voor elf het ons voor my huis stilgehou. Afgeklim.

      “Dankie!” Ek was uitasem.

      “Anna.” Hy het my gesig met sy een hand opgelig, saggies met sy duim oor my mond gestreel, afgebuk en my saggies, so saggies dat ek gewonder het of hy hét, gesoen. Ekstase! Ek het nog nooit in my lewe so gevoel nie. Honderde, nee, duisende skoenlappers was in my maag. Weer! het my hart geroep. Hy het my hart gehoor. Weer afgebuk, my mond saggies met sy tong oopgedwing. Hy het eerste weggetrek. Na asem gesnak.

      “Ek gaan vreeslik baie na jou verlang. Die vakansie is lank.”

      “Nie te lank nie.” My mond was droog.

      “Lank genoeg vir jou om op ’n boertjie verlief te raak. Sê jy sal nie. Sê jy sal na my ook verlang.”

      “Ek sê dit.” Hy het my weer gesoen, liggies op my voorkop. Teen hom vasgedruk. Gegroet.

      Ek het voordeur toe gesweef! Omgedraai, vir hom gewaai. Gekyk hoe hy op sy motorfiets klim, wegry. Voor ek my sleutel kon uithaal om die deur oop te sluit, gaan dit vanself oop. En hy staan daar. Rooi van woede.

      “Jou donnerse klein slet!”

      Ek verstar van skok.

      “Wat gaan aan?” Ma het uit die kombuis gekom, drie koppies koffie op die skinkbord. Vir my, vir haar, vir hom. Vir gesels na my eerste partytjie.

      “Sy staan en vry met so ’n smeertou op ’n motorfiets! Buite op straat!”

      Marnus is nie ’n smeertou nie, jou ou vark.

      “Anna!” Ma met die skinkbord nog in haar hande.

      “Het jy my afgeloer?”

      “Jy praat nie so met my nie!” Rooi, rooier, rooiste.

      “Anna!”

      “Ek het nie gevry nie, Ma, Marnus het my net gesoen. Soos in groet.”

      “Jou klein liegbek! Julle het gevry. Seker gesteek ook. Jy het jou ma gesê dat Helena se pa jou sou kom aflaai, maar jy kom hier met ’n outjie op ’n motorfiets aan. En kyk hoe lyk jy. Dis geen wonder dat hy nie sy hande van jou kon afhou nie. Jy lyk soos ’n hoer met daardie klere aan.”

      “Daan!”

      “Ma!” Help.

      Die hou het onverwags gekom. Ek het eers besef dat hy my slaan, met die vuis slaan,

Скачать книгу